Ouma hoekom is ouma ..

se ore so groot?

Bakoorjakkalse is die skatlikste diertjies.Met hul groot ronde ore lyk hulle amper soos vlermuise.Hulle hou van oop areas,soos yl beboste gebiede en oop grasveld.

Hulle is groter as die silwervos en het ‘n skouerhoogte van 35cm en massa van 3-5kg.

327
Koppie omlaag,luister hy vir beweging onder die grond.

Hulle jag snags en bedags in die koeler tye van die dag.

323
Ek ruik en hoor iets!

Word gewoonlik in groepe van twee tot ses bymekaar gesien.Paartjies bly lewenslank bymekaar en twee tot vier welpies word gewoonlik vanaf September tot November gebore.

318
Gewone posisie wanneer vir kos gesoek word.

Eet meestal insekte,veral termiete en verskeie soorte torre.Reptiele,knaagdiere en veldvrugte is ook op die spyskaart.

312
Skatlike gehoorskotteltjies!
Advertisements

30 thoughts on “Ouma hoekom is ouma ..”

      1. Nee regtig! Manlief is al raadop met my,want my rekenaar se geheue kan dit nie meer hanteer nie!Ek is al die hele naweek besig om foto’s uit te vee.Glo my,dis amper soos om ‘n kas vol ou goed weg te gooi!

        Liked by 1 person

      2. Ek glo die hoeveelheid maar die wat suksesvol is, glo ek nie. Die ander kant is mens gebruik dit nooit weer nie. Ek wens net ek kon dit beter organiseer in l^eers maar daar is min dinge so deurmekaar soos my foto’s

        Liked by 1 person

  1. Dis te pragtig kan goed glo mens kan ure sit en kyk en hul kan ure loer en soek vir n eetgoedjie. Hul is wraggies helfte kleiner as my hondekind! Hy weeg 12 kg maar is hoog in die skouer

    Like

  2. Die veearts vir wie ek gewerk het, se vrou het 2 grootgemaak en gerehabiliteer. Die dierbaarste goedjies ooit en ek het altyd gedink die blouapies en bobbejaantjies wat ek grootgemaak en gerehabiliteer het was stout, maar daardie 2’tjies het my gewys ek is verkeerd. :lol:.

    Uitstekende foto’s van hierdie pragdiertjies Dina. Regtig asemrowend! 😀 ♥

    Like

      1. Nie regtig nie Dina. Mak was hul beslis nie en sy het hulle ook nie lank genoeg gehou om regtig aan mense gewoond te raak nie, maar hulle is dierbaar is hulle so klein is. 😀

        Liked by 1 person

  3. ‘Gehoorskotteltjies’…mooi woord
    Jou pragtige foto’s en vertellings laat my besef hoe ek dit mis om in die Natuur te wees. Ek het op ‘n plaas grootgeword en vir 9 jaar op ‘n plot gebly voor ek Potchefstroom toe getrek het en ek mis dit!!! Ek en Wolfie soek altyd iewers ‘n stukkie natuur op om ‘kontak’ te maak met ons Moeder

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s