Perdeby is….

vies vir haarself!

Alles het twee maande gelede begin toe Perdeby besluit het om die Rhodesian Creeper wat die palmboom in die voortuin “wurg”, onder af te saag!

Hierdie palm is ‘n lushof vir geveerdes en in die somer swaai vinkneste aan die klimop se takke.Dis ‘n uitkykpos vir loeries,muisvoels,duiwe en alles wat vlieg.Saans kruip die mossies weg tussen die dooie palmblare,wat soos ‘n rokkie om die stam hang.Soggens sit hulle in die sonnetjie en tjirp op die klimop se takke.

Soos die tyd aanstap,het die klimop se takke begin uitdroog en ons het maar gereken dit sal so met die tyd loskom en afval van die boom af.Die voels was heel tevrede en het steeds hul hemelbesem besoek en niks het regtig verander nie,totdat…Buurman wat al jare langs ons woon en nog net tien woorde met ons gepraat het,eendag redelik parmantig aan ons deur klop en keelskoonmaak oor die palmboom wat op sy huis gaan val.Sy versekeringsagent het hom gewaarsku dat hulle niks sal uitbetaal as dit gebeur nie.Manlief is nie links nie en koer liefies vir buurman om agter in ons tuin te kom kyk.

Skok! Buurman se lapa rus al die afgelope tien jaar op ons tuinmuur,’n halwe meter van ons huis se dak af…heeltemal onwettig!Intussen is ons weerligafleier(‘n hengse hoe paal) gerieflik geplaas sodat buurman se lapa ook daarby baat!

Die man is redelik druipstert hier weg met die belofte om iets daaraan te doen en ons onderneem dat ons iets aan die palmsakie sal doen.

Dinsdag sak ‘n span boommense hier in (eers halftwaalf die oggend,want dis mos wanneer mens begin werk!)en begin die palmblare en klimop af te stroop.Dis ‘n helse lawaai van petrol sae en die walms laat Perdeby kort-kort hoes en proes en stik en haar angel wil-wil aktief raak en iemand klits!

Gou is die hele agterplaas en voortuin vol takke en blare en al wat ‘n voel en insek is trek al doer in Brakpan,soos hulle vlug!Nodeloos om te se,die werk kom nie klaar nie en die span sou kastig gisteroggend nege-uur weer aanmeld.Gmf!Half-een bel ‘n verwoede Perdeby die “baas” en vra waar die spul is.Mens verander al jou planne en sit soos Piet Snot en wag,wag,wag!Daai angel vibreer eintlik van viesgeit!(Is daar ooit so ‘n woord?)

Hulle kom tien minute later hier aangejaag…die bakkie het kastig gebreek!Ha,dit was omtrent ‘n vinnige herstel!

Lang storie kort,hulle is eers half-sewe hier weg en Perdeby se arme boom lyk soos ‘n geplukte hoender!

Perdeby voel soos ‘n vark,maar wonder bo wonder,vanoggend tjilp die mossies doer bo in die oorblywende blare en dit lyk nie eers of hulle agterkom iets het verander nie.

Nou is die boom “top heavy” en die kanse is groter dat hy nou op Buurman se huis gaan val! Har,har,har!

22 Replies to “Perdeby is….”

  1. Toe hierdie tuin jonk was, was die boompies baie klein, maar nou is hulle reuse. Ons moes juis een wat te naby gestaan het uitkap, maar my man verkies om dit liewers self te doen want die mense wat jy deesdae teen hoge pryse huur is nie te vertrou nie. Hy kry darem helpers maar is self in beheer van die elektriese saag. Die geel vinkies het ewe oorgetrek na die ander boom 😊

    Like

    1. Ek moes die vervlakste klimop gelos het.Dit het die palm stewig geanker!Dis hoekom ek so vies is vir myself.Die Engelse het ‘n goeie spreekwoord:”Leave well alone”. In Afrikaans:”Moenie krap waar dit nie jeuk nie”!
      Tsk,tsk,ai Perdeby!

      Like

  2. Hier om ons staan duisende bome en tog is hier nie juis voëls nie. Ek mis my tuin met die groot bome, veral die hoë ou peperboom, en die baie voëltjies wat ons elke dag gevoer het.

    Like

  3. Ek het ook ‘n palmboom in my tuin. Nie so welig nie, maar ek hou van die vorm, die stukkie eksotiese. Dit verskaf lekker materiaal vir nessies en dis veral die vinkies en wewers wat daarvan gebruik maak.

    Like

  4. Dis darm maar lekker as harmonie terugtrek na ‘n mens se plekkie met voellewe en goggatjies. Nou die dag, toe ek besig is om my plantjies water te gee toe hoor ek mos ‘n geritsel in een van die palmbome wat in my agterplasie staan. Ek kyk en ek kyk en daar sien ek ‘n klein tortelduifie wie op ‘n tak ‘n nessie gebou het en daar sit en broei. Daar gaan koop ek vir haar voelkos en gooi dit op die stoorkamertjie se dak sodat die honde haar nie pla as sy wil gaan eet nie. Natuurlik het daar nog ‘n paar voels bygekom en nou sit die spulletjie elke oggend op die stoorkamertjie se dak vir hul breakfast en wag. En ek koer harder oor hulle as hulself. En toe een middag toe ek by die huis kom in wyfie duif weg. Ek het so gehoop dat sy haar kuikens by my gaan groot maak. Maar, was dit nie vir haar broei probeerslag nie, sou die ander voels uitgemis het op stoorkamertjiedak breakfast. 🙂

    Like

  5. Dis darem n gedoente. Veral die langdradigheid van die werkers. Gaan die palmboom darem bly staan? Anders moet jy maar ankerdrade daaraan vasmaak om hom regop te hou!

    Like

  6. Laat my dink aan die dag toe ek die tuinman aangesê het om die Ivy wat die wêreld toerank uit te haal. Hy spring toe fluks in, maar so halfpad deur die werk kom vertel hy, hy kannie verder sny nie want daar is voëletjies in ‘n nes. So los ons die muur… halfpad sonder, en halfpad met ivy…. totdat die voëletjies groot is.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +