Nxaipan Botswana deel 1

Wat ‘n heerlikheid om weer hierdie besondere plek,in ‘n ander seisoen en onder ander omstandighede,te besoek.Die vorige keer toe ons daar was,was dit pikswart verbrand,dor en droog,met ‘n vuurwarm wind wat oor die vlaktes getier het.Onthou om nooit in September,Oktober of November soontoe te gaan nie.Dis skokkend warm met temperature van oor die veertig grade.

Die beste tyd is om einde April,begin Mei te gaan,want dan is die reënseisoen verby,maar alles is nog groen en daar is miljoene diere op die grasvlaktes in die pan.

Die Nxaipan Nasionale Park is in 1970 geproklameer as bewaringsgebied en in 1992 verklaar tot nasionale park en beslaan 2578 vierkante kilometer.Dis tussen Nata en Maun en reg noord van die Makgadikgadi Pans National Park.Die beroemde Baines’s Boababs,waaroor ek geblog het by https://perdebytjie.wordpress.com/2014/10/30/ontmoetings-met-besondere-bome-deel-3/   is ook hier.Ek sal later foto’s plaas van die bome met blare aan…totaal anders…dis hoekom ons nou gegaan het…ek wou daardie bome met blare aan sien.

IMG_0026
Die ingangshek
_MG_7997
Die pad na Nxaipan..nie vir siele met swak harte nie!Sleep dan nog ‘n sleepwa ook en dis voorwaar ‘n uitdaging!
IMG_0043
Die kampplek was ‘n groot verrassing,onder groot sterkbosbome en pragtig onderhou.
IMG_0042
Silwerskoon kleedkamers,met ‘n reuse spykerbarrikade reg rondom.Dis om die olifante van die waterpype af weg te hou.
IMG_0038
Daar is net ‘n smal paadjie waarin mens een voet voor die ander kan sit en dan leun op ‘n houtreling,anders verloor jy jou balans.Ek het amper die eerste aand geval,toe my broekspyp aan een van daardie wrede penne vasgehaak het! Daar is ‘n elektriese heining ook en jy moet mooi vat aan die hek om nie met permanente krulhare te sit nie!
IMG_0058
Ideale kleinhuisie vir die meer gesofistikeerdes…onthou net om die deur van die pot af te haal voor jy gaan sit! Die ou geriewe staan nog en ek is maar te bly dat dit onbruikbaar is.

17 Replies to “Nxaipan Botswana deel 1”

      1. Nee jy hoef glad nie te koes nie … ek is vol fiemies waar dit by toiletgeriewe kom … Hier op die landgoed is die toilet ‘n baksteem hoër as die normale en daar is ‘n heerlike reëling om te gbruik vir die opstaan (*fluister* my buurvrou is baie kort en ek het nooi gedink dat daar mense sal wees wie se voete nie aan die grond raak toe ek dit gevra het nie! )

        Liked by 2 people

    1. Ja,ongelukkig is dit al hoe mens daar kan kom.Aan die anderkant is dit ook gelukkig,want dan is daar nie ‘n massiewe toeloop van besoekers nie en maak dit die plek meer spesiaal.

      Like

  1. Sjoe dis besonders. Bly die olifante rerig daar uit? Dis seker n breë strook met penne. Dankie vir pragtige fotos. Ons het juis Vrydag oor die “long drop” gesels gedurende ons skryfsessie in die biblioteek hier.

    Like

    1. Ja,dis ‘n baie bree strook en glo my,dit werk perfek! Voorheen het die olifante heeltyd alles verwoes,maar hierdie is olifantproef.Die ou wat dit uitgedink het,was briljant.

      Like

        1. Klink n goeie ding om kamp te beskerm. Ek glo nie die olifante dink dis so lekker nie. Hul is ook maar nuuskierig van aard op hul manier

          Liked by 1 person

    2. Ek kan boekdele skryf oor “long drops”.Ek het al alle soorte teegekom en beproef.Oulike Afrikaanse woorde is doefpoef en plonsput.Weet nie of jy al daarvan gehoor het nie.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +