Liefste Struisie…

Volstruis,

Dit was vir my bitter hartseer toe jy so vreemd optree.Dis wat eensaamheid doen…of jy nou ‘n mens,dier of geveerde is,dit eis sy tol.

Donderdaglaatmiddag,was ons op ‘n wildrit in die Sabie-Sandreservaat,toe jy al pronkend en veerpluisend aangewals gekom het tot reg teen ons voertuig.Dit was ‘n ongelooflike skouspel van vlerke sprei.Jou swanenek het soos ‘n slang gekronkel en esse gemaak.Kort-kort het jou skurwe bek deur jou veredos gevroetel en gekam,totdat elke veertjie perfek reg was.Soms het die donse gewaai en jou ogies het vol verwagting geblink.

Ons hoor jy het net eendag hier aangekom,niemand weet waarvandaan nie.Hierdie area het nie volstruise nie en selfs die rooibokke het verstom gevlug toe hulle jou sien.Jy is nou al twee jaar lank deel van die landskap en die alleenheid het jou begin vang.Hier is nêrens ‘n pragtige volstruismannetjie op selfs ‘n wyfievriendin nie.Die voertuie wat soms stop om jou te bekyk,is jou enigste geselskap en deesdae kom jy tot teenaan en vermaak die toeriste met jou hartseer hofmakery!

Toe ons na ‘n halfuur wegry en jy desperaat agterna hardloop,moes ek stilletjies trane wegsluk.

Die lewe is baie wreed!

IMG_4641
Nog nooit kon ek so diep in ‘n volstruis se oë kyk nie.
IMG_4650a
So sielvol met die sonsondergang wat weerkaats.
IMG_4663
Jou veredos is onberispelik gekam.
IMG_4676
Jou skurwe bene se interessante tekstuur,het ‘n eiesoortige skoonheid.
IMG_4680
Jou wipstertjie is tog te aantreklik!
IMG_4690
Voete wat dateer uit die dinosourustydperk!
IMG_4692a
Pasop vir daardie dodelike nael!Let op die pragtige tekstuur.
IMG_4627a
Jy is pragtig!

31 Replies to “Liefste Struisie…”

        1. Sy sal dit nie alleen kan doen nie.Wyfies sit in die dag op die eiers en die mannetjies in die nag.Verder help die mannetjie om die kleintjies te leer wei en hulle te beskerm teen predatore.

          Like

    1. Ongelukkig sal ‘n mak volstruis nie lank hou nie.Hierdie area is deel van die Krugerwildtuin en alle natuurwette geld hier.Daar is luiperds,leeus en jagluiperds.Dis juis wonderlik dat Struisie so lank op haar eie kon oorleef!

      Like

  1. Dis werklik pragtige fotos maar tog so hartseer. Gelukkig het sy darem mense wat haar besig hou tussenin al is dit nou nie die regte ding nie.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +