Trapsuutjies..

het toe nie suutjies genoeg getrap nie.

IMG_4747
Die arme dingetjie was besig om te slaap,toe hy oorval is deur hierdie Voëlslang (Vine Snake),wat net soos ‘n tak lyk.
IMG_4743
Aan die ander kant was dit net so ‘n stryd vir die slang om sy aandete af te wurg en ek was saam met hom benoud van al die gespook

Hierdie slang staan ook bekend as ‘n Takslang en hy smelt pragtig saam met die dun takke van struike.Dis uiters giftig en toon dieselfde simptome as met die byt van ‘n boomslang.Dis hemotoksies,met ander woorde bloeding begin plaasvind en die pasiënt moet bloed- of plasma-oortappings ontvang om die stolfaktore te vervang.

16 Replies to “Trapsuutjies..”

  1. Het ek nou gesukkel om uit te maak wat gaan hier aan. Die slang lyk voorwaar soos ‘n tak. Kan net sê jy is ‘n vrou van moed….. ek sou gespaander het watwou nog fotos neem.

    Like

    1. Ek moes self sukkel om te sien waar sy kop is.Was bietjie versigtig om te naby te gaan.Gelukkig is ‘n slang in so ‘n poisisie eintlik self kwesbaar,want hy kan nie veel doen met so ‘n knoets in sy bek nie!

      Like

    1. Dis voorwaar,veral as jy weet dat ons twee minute tevore na drie slapende snorkende leeumannetjies gekyk het.Die ou luies wou maar nie wakker word nie,al was die son al lankal onder!Die slang het opgemaak vir die “onderprestasie” van die boskonings.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s