het toe nie suutjies genoeg getrap nie.
Hierdie slang staan ook bekend as ‘n Takslang en hy smelt pragtig saam met die dun takke van struike.Dis uiters giftig en toon dieselfde simptome as met die byt van ‘n boomslang.Dis hemotoksies,met ander woorde bloeding begin plaasvind en die pasiënt moet bloed- of plasma-oortappings ontvang om die stolfaktore te vervang.
Het ek nou gesukkel om uit te maak wat gaan hier aan. Die slang lyk voorwaar soos ‘n tak. Kan net sê jy is ‘n vrou van moed….. ek sou gespaander het watwou nog fotos neem.
LikeLike
Ek moes self sukkel om te sien waar sy kop is.Was bietjie versigtig om te naby te gaan.Gelukkig is ‘n slang in so ‘n poisisie eintlik self kwesbaar,want hy kan nie veel doen met so ‘n knoets in sy bek nie!
LikeLike
Siestog die arme outjie… enige slang is ek maar voor versigtig
LikeLike
Slange fassineer my,maar ek bly maar versigtig.
LikeLiked by 1 person
Wat n geluk om so iets te sien Dina!
LikeLike
Dis voorwaar,veral as jy weet dat ons twee minute tevore na drie slapende snorkende leeumannetjies gekyk het.Die ou luies wou maar nie wakker word nie,al was die son al lankal onder!Die slang het opgemaak vir die “onderprestasie” van die boskonings.
LikeLiked by 1 person
Dis gewis nie net die groot en gevaarlike goed wat n mens na die natuur toe aanlok nie, ne Dina. Jy gaan hierdie takslang en sy verkleurmannetjiemaaltyd baie langer onthou as die lui leeus.
LikeLiked by 1 person
Dis nou besonders hoor! Ek dink die slang het maar n droë hap aan die ou suutjies-trap!
LikeLike
Veral as hy so ‘n skurwe vel moet afwurg!
LikeLike
Jissie ek moes nou mooi kyk, en weer kyk!
Pragtige foto’s Perdebytjie!
LikeLike
Ja die slang se kop is half weggesteek,maar ek durf toe nie nader kom nie.
LikeLiked by 1 person
O ek sou ook nie Perdebytjie!
LikeLiked by 1 person
Dit lyk nou vir my na ‘n geknoeiery…..
LikeLike
Haha,jy moet in die middel van die foto kyk,dan sien jy die slang se sykant van sy kop en die oopgesperde bek.Ek moes self mooi kyk wat aangaan!
LikeLike
Dapper donner ..nee wat sedert Paradys dae bly ek maar versigtig vir sissers
LikeLike
Hehe,Dirkie..ek sien nou eers jou opmerking!Ag nee wat,die ou vrou op die hoek bang mos niks nie. 😆
LikeLiked by 1 person