angel hang vanoggend pap!Sy lê op haar rug bo-op verfrommelde vlerke en lig net af en toe haar swaar verkouebesmette kop effens op.Elke tien tot vyftien minute skeur daar ‘n hoesbui uit haar pruil perdebybekkie en klou sy verbete aan die komberse vas,in ‘n poging om nie haar koppie af te kug nie.Sy klink soos een of ander vampiergedoente uit Fingal se grot…daardie ene op die eiland Staffa,in die Hebredieseilande van Skotland.Die grot het ‘n wonderlike natuurlike akoestiek en Perdeby se geblaf sal dáár tot op die Noordpool weerklink!
‘n Berg sneesdoekies toring langs Perdeby se bed op en haar moeë, lam,gelede voorpoot reik kort-kort na nog een,om snotterend en stotterend haar rou neusgaatjies,verder rou te skuur.Met elke hoesbui,stroom die water uit haar saamgestelde oë en laat haar tydelik verblind.
Hoe dit ookal sy,sy het ‘n lieflike koue,bewolkte dag uitgekies om te “rus”.