Die lewe is…

net ‘n vlietende oomblik!

My hart is vandag baie seer.Die kleine kieterkatjie waaroor ek hier https://perdebytjie.wordpress.com/2015/05/29/kordate-kietsie/  geblog het,se lewetjie is skielik kortgeknip.

Ek weet die natuur is wreed en net die sterkste oorleef,maar met menslike emosie en empatie,is dit soms moeilik om dit te verstaan en daarby te berus.Maar,dis hoe dit is en altyd sal wees.Ons het geen beheer daaroor nie.Lyding sal daar altyd wees..geen lewende wese is dit gespaar nie,hetsy ‘n mot wat stadig doodbrand teen ‘n warm lamp of ‘n siek kindjie wat aan masjiene gekoppel is,of ‘n klein luiperdjie wat doodgemaak word om kompetisie uit die weg te ruim.

Ons Kieterkatjie is doodgebyt deur ‘n ander wyfieluiperd,wat ook in November haar drie kleintjies aan die dood moes afstaan.Dis algemeen bekend dat luiperd-en leeumannetjies, welpies wat nie hul eie is nie,sal doodbyt.Dis egter die eerste keer dat dit waargeneem is in die Sabie-Sandreservaat,dat ‘n wyfieluiperd dit doen.Dis nie noodwendig vreemd nie,maar dis tog buitengewoon.

Ek plaas weer ‘n paar foto’s ter nagedagtenis aan hierdie dapper kietsie,wat alreeds vir ure se kykgenot in sy kort lewetjie,gesorg het.

IMG_3712
Veilig teen Mamsie se lyf vasgedruk.
IMG_3717
Liefderik gekoester.
IMG_3774a
Hy was klein,maar dapper en het slegs ses weke van lewensvreugde gesmaak.

Dankie kleine kolkatjie,dat ek die voorreg gehad het om jou in al jou onskuldige,onbevange,speelse vrolikheid te kon aanskou!

25 Replies to “Die lewe is…”

    1. Gelukkig sien ons nie gereeld hierdie wreedhede in die natuur nie en kan ons die idilliese deel daarvan geniet,sonder om daaraan te dink.In die Sabie-Sand is daar egter noue bande met al die diere,daarom is dit altyd hartseer as so iets gebeur.

      Liked by 2 people

  1. Ai toggie, ek probeer nou dink wat kan ons leer hier uit, maar al wat ek kan dink is; Jealousy makes you nasty Nooit gedink diere maak so nie?

    Like

    1. Monica,dit gaan alles om oorlewing.Luiperds baken hul gebied af en sal dit verdedig.Enige ander luiperds wat indring,is ‘n bedreiging.Selfs die kleintjies kan later ‘n bedreiging wees,want dis toekomstige kompetisie.Dis baie interessant hoe dit werk…net jammer dis soms so tragies.

      Liked by 1 person

  2. Wat het toe van die ma en haar seer poot geword? Die outjie kon egter nie vir homself sorg omdat hy nog so klein was. Dis egter steeds hartseer dat dit gebeur het. Hy was n lewendige gesonde kattertjie.

    Like

    1. Sy is nog daar rond en daar is heelwat aan die gang met gebiede afbaken en paring.As jy belangstel kan jy die video google:”Incredible Female Leopard Fight”.Dit gee nogal insig van die stryd wat daar gevoer word.Of jy kan gaan na londolozi.com en op hul blog gaan lees wat in die luiperdwêreld aangaan.Hulle skryf juis daar oor “Nanga’s cub”…die ou kleintjie wat dood is.

      Like

  3. Ai ja, dit is hartseer Dina en ek voel saam met jou. Jy het egter pragtige foto’s geneem van hierdie klein dierbaar met sy mammie. Sal ons ooit weet hoekom dit so is in die natuur? Ek dink baie daaraan as ek die apies sien wat so by ons kom kuier en daar is een missing. Dan wonder mens maar. Drukkie vir jou hoor. ♥

    Like

  4. Dit is so hartseer. Ons was eenkeer in die Potsberg wildreservaat hier op die Weskus en daar was ‘n sebra wie se kleintjie deur ‘n ander sebra doodgeskop is. Sy het vir ure in ‘n beskermde posisie bo-oor die kleintjie gestaan en hom heeltyd met haar bek probeer “nudge” om hom te probeer kry om te beweeg terwyl sy die kraaie en ander sebras wegjaag. Dit was so ontsettend hartseer. Mens kon amper aanvoel dat sy nie wil glo en aanvaar dat haar kleintjie regtig dood is nie. Die natuur verskil nie baie van ons mensdom nie.

    Like

    1. Mense is geneig om te dink diere het nie emosies nie,maar ek het dit nou al heelwat gesien dat hulle werklik treur.Dankie dat jy kom inloer het..altyd lekker om ‘n nuwe leser hier by te kry!

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +