As die kans hom voordoen..

gebruik dit tot jou voordeel!

Ons het verlede naweek gekamp in Balule in die Krugerwildtuin.Dit was ‘n heerlike familie- en vriendebyeenkoms en daar is woes vleis gebraai en gekuier.

Natuurlik is daar wild ook gekyk..dis die hoofdoel van so ‘n besoek.Sondagmiddag,’n halfuur voor sluitingstyd,oppad kamp toe,speel daar ‘n drama voor ons af.Dit het so onverwags gebeur,dat ek dit nou nog nie kan glo nie.

‘n Luiperdwyfie kom ewe oop en bloot van vooraf in die pad afgestap,..spring op ‘n klipstruktuur langs die pad en staar stip…

IMG_5004
Op hierdie stadium is ons besig om agteruit te ry,omte sien wat sy gaan doen.
IMG_5005
Sy spring af en begin bekruip.
IMG_5020
Alles gebeur so vinnig..daar is nie tyd om ‘n foto te neem nie! Sy gryp ‘n rooibok en breek dadelik die ongelukkige dier se nek.Onmiddellik begin sy dit sleep.
IMG_5033
Die troppie rooibokke, waaruit sy haar prooi gekies het, storm agter haar aan en blaas en raas verwoed.Hulle maak ‘n vreeslike lawaai.Dis adrenalien in die hoogste rat!
IMG_5038
Sy sleep doelgerig die bok na die naaste boom en spring daar in met haar buit.Ook nie ‘n sekonde te vroeg nie,want drie honger hienas verskyn vanuit die niet en probeer die buit raakspring!

Ek was te stadig vir die hienafoto’s,want teen hierdie tyd was ek die ene bewerasie van skok.Dis nie lekker om so iets te aanskou nie,maar die luiperd se oppertunisme en akuraatheid was ongelooflik om te aanskou.Die hele proses het agt minute geduur!

45 Replies to “As die kans hom voordoen..”

  1. Wow! Amazing foto’s van hierdie groot vangs Dina! Ja, vir ons is die natuur wreed in hierdie geval, maar vir hierdie pragdier is dit kos. Hulle sal seker dieselfde dink as hulle sien wat ons alles eet. LOL!

    Like

      1. Jip! Glo my, as ek dit moes sien, sou ek laaaankal ‘n vegatariër gewees het. Oor die algemeen is ek nie baie lief vir vleis nie en verkies vis en hoender. Wildsvleis hou ek glad nie van nie, maar ai, as dit kom by lekker vet beesbiltong kan ek nie nee sê nie. LOL!

        Liked by 1 person

  2. Kyk nou sulke rooibokke – toe raak hulle sommer lekker astrant en agressief; ek sou dit nou nooit verwag het nie. Ek gaan die blog nou eers “share” met my man. Fantastiese fotos, hoor?

    Liked by 1 person

    1. Hul optrede was heel onverwags.Mens sou nou dink hulle hardloop nou nog soos hulle vlug,maar dit was verstommend om te sien hoe hulle ‘n groep vorm en al blasende agter die luiperd aanloop…natuurlik op ‘n veilige afstand.

      Liked by 1 person

  3. Sjoe! Watter ervaring! Ons is mal oor Balule. Daar gebeur altyd iets. Die eerste keer was die leeus al om die kamp, asook n olifant. D tweede keer het ons en die hyenas die heel nag reg langs mekaar gele met net die draad tussen ons.

    Liked by 1 person

  4. Sjoe dis ook n wonderlike belewenis al is dit menslik gesproke wreed. Dis egter soos jy verduidelik – die nek word gebreek en daar is nie regtig tyd vir seer voel van die prooi se kant nie. Kan amper nie glo dat die luiperd so in die lig gejag het nie. Hul is mos maar nag diere. Oeps amper vergeet ek. Pragtige fotos. Jy het beslis kop gehou en fotos geneem!

    Liked by 1 person

      1. Toe “rattle” jy jou lyf en brein terug na die wyntjie! Dit is beslis n skok op mens se gemoed as mens so iets in werklikheid sien! Jy het seker nagmerries ook daarvan!

        Like

  5. Jou foto’s is ongelooflik! Dankie dat jy dit met ons deel. Dit is aaklig om te aanskou, maar dit is raar dat ons die voorreg het om die skepping in sy volle volmaaktheid te aanskou. Dit wys ons net dat selfs in die natuur is dit vir ‘n bok nie lekker as daar een uit sy midde weggegryp word nie. Dalk voel hulle ook die leemte as een van hulle skielik weggeraap word soos ons voel as ‘n person naby aan ons sterf.

    Like

    1. Dit was nogal erg om te aanskou,want die troppie se ram het plat neergeslaan in die pad,toe hy wegvlug.Dit was chaos,maar sy merk net een bok en konsentreer om hom te vang,anders is sukses maar skraal.Die bokke mors ook nie hul energie onnodig om te vêr weg te hardloop nie…die natuur is voorwaar wonderlik!

      Like

    1. As dit gebeur hier voor jou,moet jy maar kyk,want dis besonders,al is dit wreed.Die bok was onmiddellik dood,want die nek is gebreek.Ek het al ‘n jagluiperdvangs gesien,waar die bok omtrent tien minute lank versmoor word.Dís erg!

      Liked by 1 person

  6. Ek dink jy is so gelukkig om op al die okasies af te kom omdat jy dit heeltyd wens. Wensery werk. maar ek kan baie mooi sien hierdie is nie wensdenkery nie hierdie is natuur op sy beste. Veels geluk dat jy al die regte knoppies gedruk het en nie die kamera laat val het nie, want ek sou 😉

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +