Perdeby se

angel hang vanoggend pap!Sy lê op haar rug bo-op verfrommelde vlerke en lig net af en toe haar swaar verkouebesmette kop effens op.Elke tien tot vyftien minute skeur daar ‘n hoesbui uit haar pruil perdebybekkie en klou sy verbete aan die komberse vas,in ‘n poging om nie haar koppie af te kug nie.Sy klink soos een of ander vampiergedoente uit Fingal se grot…daardie ene op die eiland Staffa,in die Hebredieseilande van Skotland.Die grot het ‘n wonderlike natuurlike akoestiek en Perdeby se geblaf sal dáár tot op die Noordpool weerklink!

‘n Berg sneesdoekies toring langs Perdeby se bed op en haar moeë, lam,gelede voorpoot reik kort-kort na nog een,om snotterend en stotterend haar rou neusgaatjies,verder rou te skuur.Met elke hoesbui,stroom die water uit haar saamgestelde oë en laat haar tydelik verblind.

Hoe dit ookal sy,sy het ‘n lieflike koue,bewolkte dag uitgekies om te “rus”.

Advertisements

32 thoughts on “Perdeby se”

  1. Dis gladnie lekker om so te voel nie. Sterkte maar en hou jou maar warm. Hoop jy het n goeie brousel om dit te bestry

    Like

      1. Stem vir die vicks alhoewel my dr jare gelede gesê het die vicks is nie goed vir asmatiese brongitis nie. ( Het egter steeds goed gewerk)

        Liked by 1 person

  2. Weet nie hoekom “like” mens dit nie? Sopas herstel van ‘n nare sinusitus. Ek het natuurlik net dié medikasie. ´n Lekker stywe dop, so 4 vingers en die glas vol met pomelosap. As jy nog kan, nog so een en dan, as jy môre opstaan, is jy gesond. Jy is nou seker in droomland, as jy Sondagoggend nog nie gesond is nie, dan môre aand, is dit, jou voorland. Sterkte!

    Like

    1. Joe Danie,dis genoeg om enige kiem die pad te laat vat!Is goedkoop brandewyn geskik? 😆
      Ek dink die “like” moes eerder gewees het “ek het hier gelees”. Meeste wat daar kliek wil maar net wys hulle was op jou werf en nie noodwendig dat hulle daarvan gehou het nie.Altans,dis hoe ek dit verstaan.

      Like

  3. Al my simpatie. Ek het verlede maand so deutgeloop onder die griep en ek voel nou nog tam, hoewel die lopende neus en die hoes opgeklaar het.

    Like

      1. Ja, niemand luister nie, want dis mos nie “ernstig” nie. Ek lees egter dat die Dept Gesondheid gewaarsku het dat die griep hierdie jaar besonder kwaai gaan wees.

        Like

  4. Bly om te hoor jy voel vandag effens beter. Sterkte, hoor! (Ek sweer by die griepinspuiting en ek dink dis baie keer net omdat ek glo ek’s veilig dat die groot verskeidenheid kieme my nie gryp nie!)

    Like

  5. Ai, dit is goor as mens so voel Dina. Ek wens ek kan so skryf as ek siek voel. 😆

    Ek hoop jy is al teen hierdie tyd stukke beter jongie. ♥ Drukkies ♥

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s