Oerlandskap.

Perdeby snak elke keer na haar asem,wanneer sy hierdie wonderwêreld aanskou.Sy word nooit moeg daarvoor nie en dis altyd lekker om hierdie skat vir mense te gaan wys.

Mens ry vir etlike kilometers deur barre woestyn.Jy kyk sewe dae in die toekoms in en die horison is plat soos ‘n pannekoek.Skielik skeur die aarde aan jou linkerkant oop en dan kan jy net staar en staar!

IMG_5088
Hierdie wonderlike uitsig is skaars vyftig kilometer van Swakopmund af.
IMG_5108
Hierdie ongelooflike area bestaan uit graniete en mika skists (sagte seperige klip,wat maklik verweer).Die Swakoprivier sny hierdeur.
IMG_5104
Hierdie Damara Graniete,het ongeveer 460 tot 500 miljoen jaar gelede uit die binnekant van die aarde verrys.Dit het die eindfase van ‘n bergvormings episode ingelui.
IMG_5094
Vandag is hierdie eens hoë bergreeks afgebreek tot graniete,ingevoeg tussen die oorblyfsels van die fondament van die bergreeks.
IMG_5135
Die Swakoprivier was grotendeels verantwoordelik vir die erosie van hierdie bergreeks.Dit het oor ‘n tydperk van miljoene jare plaasgevind.Die swart streep op hierdie berg,is ‘n strook doleriet.Dit verweer nie maklik nie en lyk soos hare op ‘n hond se rug!
IMG_5116
Hierdie interessante verweerde klip,lyk soos ‘n bobbejaan se skedel.
IMG_5125
Perdeby was lus vir pret,toe verbeel sy haar dat sy ‘n dinosourus embrio is.Die klip lyk ook soos ‘n oer eierdop!
Advertisements

26 thoughts on “Oerlandskap.”

  1. O ek beny jou, om darem sulke plekke te kan sien in die regte lewe en nie net op foto’s nie!

    Haai, dis die eerste foto wat ek mooi kan sien hoe Perdebytjie nou eintlik lyk! 😉

    Like

  2. Dit is mooi wêreld….. anderste mooi. Soos daar by Augrabies wat vir my so mooi is, al lyk dit of daar niks is nie. Hoop ek maak myself verstaanbaar 😯

    Like

  3. Dit is darem ‘n mooi wëreld daardie Dina en dit is uitstekende foto’s wat jy geneem het. Ek is mal oor die perdebytjie dinosaur. Ek sien ons het dieselfde haarstyl ook. 😆

    Like

  4. Die ding van hierdie blog van jou is die feit dat ek dit nou ook van naby wil sien, ek ek wil op my kniee rondkruip en kyk wat lewe daar….

    Like

  5. Pragtige fotos!
    Daardie skedel is ongelooflik nê?
    Dit is mooi om ook ‘n foto van jou te sien 😉
    Ons het in die laat sewentig jare vir drie jaar in Swakopmund gebly, mis dit nog steeds.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s