Kopskote…

met ‘n kamera.

Ek het ‘n boertjie dood aan jagtery,veral as dit vir trofeë is.Wat is meer grusaam as ‘n klomp lewelose gemonteerde dierekoppe, wat deur glasoë staar?Ek kan nie verstaan dat iemand ‘n behoefte het om dit te doen nie.Daar is geen verskil tussen hogere Zoeloes se “tradisionele” luiperdvelle en ‘n opgestopte dier van enige soort,wat pryk teen iemand se muur nie!

Hierdie praktyk behoort aan ‘n era wat verby is,maar steeds bly ‘n groep mense glo,dat dit macho is om ‘n arme dier af te maai met ‘n geweer.Die “gevretery” van die bok se eiertjies,hart,lewer…of wat ookal…om die jag van ‘n eerste bok te vier,is gewoon barbaars!

Daarom salueer ek Botswana,wat ‘n verbod op jag geplaas het.Dis hoogtyd dat Suid-Afrikaners wakker skrik en hierdie bedryf wortel en tak uitroei!

IMG_4825
Bosboklammertjie
IMG_4250
Buffel
IMG_4913
Dikkop
IMG_4563
Niks en niemand ontsnap aan ouderdom nie.Hierdie luiperdmannetjie is meer as tien jaar oud en op sy laaste bene.
IMG_4503
‘n Sterk jong luiperd is besig om die vorige een uit te stoot

Wil mens werklik hierdie koppe teen ‘n muur sien “pryk” om jou eie ego te streel!

32 Replies to “Kopskote…”

  1. Ek stem 120% met jou saam Dina! Ek wens hulle wil dit ook verban hier by ons in SA. Regtig! Dit is ‘n grusame sport. Ek eet nie eers wildsvleis nie, vir daardie rede. Hoekom kan mense nie met hul kameras loop en ‘skiet’ nie? Net soos hierdie pragfoto’s van jou. Hierdie is iets om defnitief te waardeer. 😀

    Like

      1. Ek dink meeste gebruik daardie ook maar net as verskoning Dina en moenie praat van teleskope en van bakkies af nie. Wat my erg die hel in maak is die kastige boogskutters. Dis mos deesdae groot pret. Ek noem nie enige van dit enigsins ‘sport’ nie.

        Like

        1. Dis die vieslikste besigheid…wat gaan aan met mense???Skiet boog na ‘n teiken en los die diere uit.Hoe bitter seer moet ‘n arme gekweste dier nie kry nie as die verwaande #$%#&blixem(skuus Perdeby moet hier vloek) met sy gesofistikeerde kontrepsie,die arme dier wond!!!

          Liked by 1 person

        2. Ek weet regtig nie Dina. Ek het al opgehou wonder daaroor. Regtig! Dis siek en onmenslik en dan noem hulle hulself ‘mense’.

          Toemaar, ek kan net so lelik vloek en is reeds besig met ‘n post waarin ek ‘n paar vloekwoorde het, want meeste mense is net totaal vertraag en simpel!

          Like

  2. Pragtige fotos. Jag is beslis nie n sport nie dis openlike moord. Goed om te hoor van Botswana. Vermindering van diere op klein stkkies grond is belangrik. Waarom nie eers dit na ander dele stuur nie. Die geblikte diere is werklik n skande vir die mensdom. Geld of te nie dit bly koelbloedige moord

    Like

  3. Pragtige foto’s! Die bokkie se wimpers is bekoorlik en ‘n dikkop is my heel gunsteling-voël. Waarvan ek wel hou, is die parodie op jagtrofeë, van krale of gehekelde laslappies, dis so ‘n treffende stuk kritiek, nie waar nie?

    Like

  4. Die koppe is pragtig geskiet. Ek haat jag ook… EK was mos ‘n paar dae gelede by die Sudwalla grotte en daar was ‘n uitstalling van die Kaapse Leeu en Kaapse Zebra wat uitgesterf het te danke aan die flippen mensDOM… dit het my hart gebreek…. jagters SUIG

    Like

  5. Ek hou ook nie van koppe teen die mure nie, veral nie van koppe van diere wat deur uitwissing bedreig word nie. Tog was daar in my kinderhuis horings teen die mure, bloot omdat dit sulke mooi horings was. Die bokke is nie geskiet ter wille van hul mooi horings nie, maar ter wille van die vleis, wat ons geëet het.
    Ek het as vleis-eter groot geword en is nie teen jag vir die pot nie.
    Maar ek respekteer ook jou siening.

    Like

    1. Ek verstaan dit Toortsie.Ek het ook groot geword in dieselfde tyd en gedink die horings en koppe is pragtig.Soos die tyd aanstap het ek begin besef dat dit tot die verlede behoort.Die mens moet aanbeweeg en behoort van beter te weet,dat dit ‘n uitgediende praktyk is.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +