Verdere pret met visooglens Deel 2

Gister was ‘n heerlike ysige sonskyndag met potblou lug.Perdeby het laatmiddag die dorp ingevaar met haar nuutste (geleende)speelding en wys nou die gevolge.

IMG_5227
Altes Amtsgericht (ou landroshof).Hierdie gebou is 1907/08 gebou en is aanvanklik as ‘n skool beplan.Die geld het opgeraak en dis later voltooi en as landroshof gebruik.Heelwat later was dit ‘n koshuis.Vandag staan dit leeg en daar word ‘n ontwikkeling beplan,met die gebou ingesluit…gelukkig!
IMG_5240
Woermannhaus ontwerp en gebou in 1905.Woning en kantore van die amptenare van die Damara en Namaqua Handelsmaatskappy.Hulle het goedere ingevoer na die nuwe kolonie.
IMG_5242
Woermannhaus is in 1921 in ‘n koshuis omskep.In die sestigerjare is dit amper gesloop,maar bewaringsbewustes het gelukkig gekeer.
IMG_5241
Woermannhaus se Damaratoring met sy uitsigplatvorm en vlagmas (agter).Die toring sou as water- en navigasietoring dien.Vandag huisves die gebou ‘n biblioteek en kunsgalery.
IMG_5245
Hierdie geboutjie staan op die hoek van Kaiser-Wilhelm-Strasse.
Advertisements

23 thoughts on “Verdere pret met visooglens Deel 2”

      1. Ja ek het vir my al verskillende soorte gekoop. Ek voel nog half skuldig as ek so inkleur want dis so selfsugtige aksie wat vir niemand anders waarde toevoeg aan hulle lewens, maar as ek weer sien is dit staptyd of natgooi tyd. Ek sien ook op die internet is daar ‘n groot verskeidenheid soorte boeke. Daar is ‘n diere een wat ek dink jy baie sal geniet.

        Like

      2. Jy moet nooit skuldig voel daaroor nie.Jy het jou lewe aan ander gewy en dis nou die tyd vir bietjie selflekkerte.Selfsug is ‘n te sterk woord hier.Ek gaan vir my so ‘n diereboek soek.

        Liked by 1 person

  1. Dis nou rerig mooi. Die laste een kom so met n boepens na mens toe. Ek het ook twee inkleurboeke gekry. Dis heerlike terapie. As mens eenmaal bietjie gaan sit en inkleur loop die tyd met jou weg. Ek was nooit een om sommer te gaan sit nie, altyd besig met iets. Die inkleur stop bietjie die woel en werskaf.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s