Perdeby is op ‘n slegte plek….

Gaan asseblief verby as jy nie lus is vir treurmares en negatiwiteit nie.

Hierdie skryf ek bloot vir myself om my kop skoon te kry.

Ek voel die afgelope tyd soos ‘n stoompot wat wil ontplof! Ek het gister besef verskeie faktore het daartoe gelei.Toe ek vir die soveelste keer in die verkeer vassit en te doene het met padvarke,voel dit of ek ‘n padwoede aanval gaan kry,wat ‘n kroeggeveg na ‘n romantiese orgie sal laat lyk.

By nadere ondersoek besef ek dis opgekropte angs en woede en dis heel waarskynlik,waaraan meeste Suid-Afrikaners ly.Ek is so gedesensiteer om te probeer oorleef en positief te bly,maar soms moet mens eerlik met jouself wees en die waarheid in die oë kyk.

Ek noem ‘n paar faktore wat die laaste tyd Perdeby se vlerke laat verskrompel het,tot waar sy nou in ‘n bondeltjie sit en galbraak!

Afgesien van al die gemors in die land,waarmee ons daagliks gebombardeer word…korrupsie,oneerlikheid,armoede,bedelaars wat mens op elke straathoek verswelg,kragprobleme,dreigende grondeise,paloeka politici…ag die lysie is bekend en oneindig…het ‘n paar baie slegte goed in my nabye kring gebeur.

‘n Goeie vriendin se man is twee weke terug deur ‘n agressiewe werker,met ‘n pyp doodgeslaan.Sy was skaars twee jaar met hom getroud,nadat haar vorige man selfmoord gepleeg het.Waarom,waarom moet een mens ‘n tweede keer deur so ‘n trauma gaan? Dis een van die redes hoekom ek nie in ‘n persoonlike god glo nie,want hierdie tipe van aaklighede gebeur heeltyd.Waar was God in hierdie saak?Hiermee wil ek asseblief nie op tone trap nie en ook nie ‘n debat ontketen nie.Ek skryf net oor wat ek waarneem.

Verlede naweek is my suster se kind,wat amper soos my eie kind is,deur twee barbare aangeval.Hulle wou sy selfoon gryp.Hy het verbete teruggeveg en hulle goed gedonner.(Perdeby vloek nie graag nie,maar dis ‘n ontlading vir my opgekropte woede!)Die arme kind (38jaar oud,maar steeds ‘n kind in sy tannie se oë)het hier aangekom,want ons het Ouma se negentigste verjaarsdag by ons huis gevier.

Toe hy die familie sien,het hy in trane uitgebars en so groot soos hy is,gesit en snik.Hy was die ene bewerasie,vol blou kolle,krapmerke,blouoog,skewe bril,’n reuse swam op sy arm,waar een van die bliksems hom gebyt het,wurgmerke aan sy nek…ag ek huil sommer.Altwee sy vuiste was potblou,soos wat hy die drelsels gefoeter het.Hy het ook ‘n paar byte ingekry en moes antiretrovirale medisyne by die hospitaal kry om vigsbesmetting te voorkom.Dis vir my die vieslikste van alles…dat mense soos diere mekaar byt en krap!

Ek is gewoonlik ‘n baie positiewe mens,maar iets het net gister in my geknak,toe ‘n vriendin langs my in die oefenklas,sommer goedsmoeds ‘n insek met haar skoen doodslaan.Sinneloosheid deur intelligente mense,vang my…dit ook nou na aanleiding van die aaklige leeustorie en die slagting onder renosters,olifante en ander wilde diere.

Ek haat mense se ongeërgheid teenoor ander lewende wesens en die natuur.Dat so ‘n klein dingetjie soos die doodslaan van ‘n gogga,my amper innerlik laat ontplof het,het my laat besef dat ek en meeste Suid-Afrikaners aan erge trauma ly,

Al lyk alles goed op die oppervlak,is ons kookpotte wat wag om oor te kook!

Ekskuus julle,ek wou nie hier kla nie,maar hierdie kom uit my hart en ek probeer net sin van alles maak.

37 Replies to “Perdeby is op ‘n slegte plek….”

  1. Sjoe, ek voel met jou! Die kleinste dingetjie kan n mens laat ontplof omdat daar so baie opgekrop word. Dis goed om dit te skryf ook om dit hardop uit te spreek of te skree. Dis regtig erg. Op die oomblik is hier ook die onderstrome wat mens goed warm maak. Dan dink ek aan SA en besef dat die dinge wat hier gekerm word oor nie vergelyk kan word met wat in SA plaasvind nie. Daardie gevoel van onveiligheid tussen mense kom steeds met tye te voorskyn al is ek reeds 5 jaar hier. Iemand wat dit nie rerig beleef het weet nie rerig hoe dit is nie! As ek vertel van dinge hang hul monde oop in ongeloof! Sterkte vir jou en ook jou mense om jou.

    Like

    1. Scrapydo ons het al so aangepas,dat die tipe leefwyse al as “normaal” beskou word!Agterna sê ons net dankie tog die skobbejakke het nie my nefie met messe aangeval nie i.p.v. dat dit glad nie moes gebeur nie.Sekuriteitswagte het toegekyk sonder om ‘n vinger te lig en sy vriend moes inspring om te help.Dié was nog besig om vir parkering te betaal toe hul my nefie gryp.
      Ek het ‘n onderliggende angs oor wanneer een van my kinders ‘n slagoffer gaan wees…ek onderdruk dit heeltyd,anders word mens totaal paranoïes.Dankie vir jou inloer.

      Like

      1. My seun het voor hy weg is ook n skietery ondervind by sy werk. Hy en baas het laat gewerk. My kind het uitgeloop by voordeur en agter hom het die boef inbeweeg en sy baas geskiet. Gelukkig was my kind al ver weg toe dit gebeur het. Is maar dinge wat mens nie kan goed praat nie. Die lewe is tog kosbaarder as om deur sulke dinge vernietig te moet word.

        Liked by 1 person

  2. Ai Dina, ek is so jammer om te lees van die verskriklike goed wat met jou geliefdes gebeur het die afgelope ruk. Geen wonder jy voel so teneurgedruk nie. Ek hoop die besef dat daar ook mense, eintlik maar totale vreemdelinge soos ons, is wat jou net die goeie toewens, sal bietjie help.

    Baie geluk ook met Ouma se 90ste verjaarsdag! Wat n mylpaal! Ek hoop sy geniet nog goeie gesondheid, en weet sommer dit moes vir haar so baie beteken het om haar familie by haar te he op so n spesiale dag.

    Like

    1. Dankie dat jy verstaan,Dries.Soos ons,moet julle ook maar aangaan en heeltyd die angs onderdruk.Dis hoe mens oorleef.
      Dankie ook vir gelukwense vir Ouma.Ek wou daaroor blog,toe oorheers hierdie negatiewe gebeurtenis ALLES.
      Ek dink tóg ek sal oor haar ‘n blog doen..moet nog bietjie dink.

      Liked by 1 person

  3. Ek dink dis die magteloosheid waarmee ‘n mens geslaan is in sulke situasies wat die pot laat oorkook. Ek weet die bybel sê ook “vengeance is not mine”, maar hel ek sal darem daarvan hou om so nou en dan terug te klap. Sterkte jomg.

    Like

  4. Ek wens ek kan net langs jou sit en verduidelik wat besig is om te gebeur. Sal dit sin maa as ek vir jou sê hierdie is nie die begin van die einde nie, hierdie is die einde voor ‘n nuwe begin. Daar was in 2000 jaar nie vrede of veiigheid nie, die enigste verskil ons kon dit nie sien nie, het dit maar net aanvaar, maar nou kan ons die verskil sien tussen reg en vereerd en dis hoekom dit rerig moeilik is.

    Like

    1. Baie dankie Monica.Alles wat jy sê maak sin.Dis net moeilik dat ons aan die ontvangkant moet wees van alles wat verkeerd is en dat ons begrip van reg en verkeerd,ons so magteloos en lam laat,wanneer al hierdie verkeerde dinge gebeur.
      Baie dankie vir jou simpatieke oor en mooi woorde.Dis wat my blogvriende spesiaal maak.Ek ken julle nie eers nie,maar daardie omgee straal uit almal.

      Liked by 1 person

    1. En dit gaan nog ‘n lang tyd neem voordat barbarisme verdwyn…inteendeel,dis asof dit al erger word.Maar weet jy Lewies,ek gaan my nie laat onderkry nie.Ek bly positief.Dis net dat dit mens soms vang en jy dit nie meer kan hanteer nie.My keelskoonmaak het darem bietjie gehelp om my beter te laat voel.

      Like

  5. Eindelik het ek ‘n suidafrikaanse blog gevind! Ek stem saam, as daar ‘n hoëre mag is, is hij kieskeurig en sorg net vir sommige. Vreeslike dinge gebeur, maar ons moet nie vergeet daar is ook pragtige goeie mense, soos Mandela was. Baie groete van ‘n oud-bewoonster van Suid Afrika!

    Like

  6. Met dit ALLES is dit heeltemal verstaanbaar dat jy so voel en dat jy oor n insek wil ontplof. En jy mag maar so voel!
    Dis baie erg van jou vriendin se man… sjoe en die aanval. Net bly hy is ok.
    Ja baie Suid Afrikaners en ook seker mense in ander lande voel so…. die lewe raak al meer wreed…. en ons moet harder werk om positief te leef… dis baie sad.

    Like

    1. Toe die insekstorie gebeur,het ek besef ek beweeg op dun ys.Ek moes introspeksie doen en myself afvra waarom ek so plofbaar is.Dis verskriklik van my vriendin..ek het nie woorde vir haar nie.Maar nou ja,ons gaan maar aan en hoop vir die beste.
      Baie dankie virjou mooi woorde.Dit beteken baie vir my!

      Liked by 1 person

    1. Dankie Tina,ek waardeer jou besorgdheid.Ek moet sê ek voel heelwat beter..het vandag my kinders en kleinkind gesien en ons het sommer lekker dinge gedoen…soms raak die negatiewe dinge net te veel!

      Liked by 1 person

  7. Ai Perdebyjie, all die sinnelose goed soos geweld, roof en selfs geweld teen insekte is vir my ook ‘n seer punt. Dit is goed jy het jou hart uitgepraat want dis die enigste manier om beter te voel.

    As mens so voel is raad nie nodig nie, net ‘n gewillge oor en ‘n vet lekker drukkie wat se:”Ek voelnes jy jy is nie alleen nie.

    So hier is’n lekker vet drukkie in virtuele digitale formaat van my af. Se vir jou man om my in jou plek te druk sodat jy kan voel jou wolfmater is ook hier vir jou.

    Laastens, moet nie verander nie, hoor. Die dag wanneer mense soos ek en jy nie meer kan bars oor die slegte dinge nie, is die dag wat ons moet worry.

    Like

    1. Ag dankie Wofie,ek kan sommer die warmte en omgee voel uitstraal uit jou digitale virtuele vet drukkie!Jy weet nie hoeveel ek dit waardeer nie.Manlief het my darem getroos toe ek Saterdagoggend inkonk.Die ou is regtig wonderlik as dit by sulke goed kom en help my om weer perspektief te kry.

      Liked by 1 person

        1. Ons spot altyd..hy is boerseun van Brakpan! Kry altyd so lag as mense so neersien op Brakpan,want ek het ‘n diamant gekry wat daar gebore en getoë is…beter as al die snobs wat so uit hul mae skater by die noem van Brakpan. 😆

          Liked by 1 person

        2. Plekke definieer nie mense nie, maar hulle karakter. Jy kan in Woodhill in Pretoria bly of in die Koninglike Paleis in London en ‘n kommen poephol wees of jy kan in Danville in Pretoria wees en ‘n prins van integriteit. So ek leer mense ken van waar hulle ookal is met ‘n ‘blank book’ mentaliteit. Soos ek hulle leer ken, hang dit van hulle af wat in daardie ‘blank book’ skryf. En eers na ek die boek baie gelees het sal ek miskien oordeel fel.

          Ek glo in jy moet ander behandel soos jy behandel word, en waar jy vandaan komhet niksmet dit te doen noe 🙂

          Like

  8. Ai liewe Perdebytjie, ek kan verstaan dat jy ontsteld, oorweldig, beangs voel as ek lees wat als in ‘n kort tydjie met jou gebeur het. Ek wens ek kon jou ‘n drukkie gee, of sommer saam met jou op ‘n sandduin sit en na die see staar.
    Ek hoop daar is iemand by jou wat jou kan ondersteun.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +