Surprise groei pragtig en verander in ‘n blinkvet laggende peuter.Intussen het die meisiekind klaar matriek geskryf en besluit om sy versorging oor te neem.Die vehouding tussen haar en Seunskind dobber in ‘n flenterbootjie op rowwe vaarwaters!
Nuwe Ouma het intussen opgegradeer na ‘n piepklein baksteenhuisie in ‘n naburige township.Seunskind help trots om die lendelam plekkie op te kikker met verf,wat deur sy ma se werkgewer geskenk is.Sy leen ook gereedskap,want Seunskind is verskriklik handig en timmer al die stukkende goed reg.Nie lank nie,of die huisie lyk pragtig en die erf is gehark en skoon van hoek tot kant.Die gesin trek in…Seunskind,sy twee sussies en jonger boetie.Surprise bly agter in die sinkmakoekoe saam met sy ma.
Die ellende begin.Meisiekind het drie vakke gedruip en kan dit Aprilmaand oorskryf.Intussen help Seunskind met sy karige salarissie om haar en Surprise se lywe te klee en te voed.Haar pa dra nie ‘n sent by nie en maak kort-kort geluide van “damages”.
Meisiekind kry nie werk nie.Sy ploeter rond daar tussen die sinkmakoekoes op ‘n oop stofvlakte,waar die wind saans deur die lendelam sinkerasie tier en die rookwalms van steenkoolvure,mens op ‘n trip sit.Natuurlik soek sy allerhande ongure geselskap op om haar eensaamheid te verdryf en die verwerping deur haar pa te probeer hanteer.
Surprise word verwaarloos en uiteindelik gaan haal seunskind hom dat hy by die familie in die skoon tweeslaapkamer-huisie intrek.Seunskind werk nou in Middelburg as ketelmaker in opleiding.Dis ‘n goeie werk en die outjie sit kop neer en doen sy bes.Hy was nog altyd ‘n perfeksionis en het van kleinsaf die oulikste goedjies uit karton,vuurhoutjies,proppies en roomysstokkies gebou.Selfs ou batterye is skoongevryf en met nuwe lewe opgekikker om modelletjies te laat beweeg.Sy ma het altyd gesê sy kop is bietjie styf,maar sy hande is reg!
Vir ‘n wyle gaan dinge beter.Surprise is nou twee en ‘n pragtige gelukkige seuntjie,wat deur sy pa verafgod word.Ouma en die ander kinders is mal oor hom.Hy blom en floreer van al die liefde en aandag.Die einde van die jaar en Kerstyd kruip nader….. Word vervolg…
Sulke moeders moet sommer n pak slae kry as hul so optree. Bly Surprise het n gelukkige 2 jaar en dat die pa en ouma sulke versorgende persone is. Wonder wat Kersfees gaan gebeur?…..
LikeLike
Hierdie moeder was nog self ‘n kind en het geen ondersteuning van haar eie ma en familie gekry nie.Kersfees….die spanning bou op!
LikeLike
Hier het ons n staatondersteunde opleidingssentrum vir jong skoolgaande meisie wat babies het. HUl gaan aan met hul skooljaar en babatjie word opgepas terwyl hul in klas is. Moeders sorg verder deur die dag self vir kindertjies as dit voedingstyd is. Dis ook net vir n jaar wat hul daar mag wees. Dit is ook spesifiek meisies wat geen ouersteun het nie
LikeLiked by 1 person
Nog! Nog!!!!!! ek kan nie wag om te leer oor wat met ‘Surprise” gebeur nie!
Ek moet sê Surprise se ma is ‘n poephol, en dis nie gewoonlik ‘n woord wat ek op vrouens gebruik nie, maar ‘n ma se prioriteite is mos haar kinders, of hoe?!!!!!
LikeLike
Wolfie,ek wil haar ook skop,maar ek sien waar sy vandaan kom.Dis ‘n sirkel wat draai en draai en nooit endkry nie.Iewers in die verhaal gaan jy haar ook jammerkry en haat!
LikeLiked by 1 person
EKsien uit daarna om’madam’ beter te leer ken. Ek is seker daar sal ‘n paar twists in haar verhaalnogkom ook
LikeLike
Hehe!Wag en sien…ek moet sê ek kan amper ook nie tot môre wag vir die volgende aflewering nie.Die storie lòòp nou met my! 😆
LikeLiked by 1 person
hehehehe ek ken die gevoel
LikeLiked by 1 person
and the plot is thickening…..
LikeLike
Daardie Desember….
LikeLike
Mmmm ek wag in spanning…
LikeLiked by 1 person
Jy’t omtrent die wereld aan jou lippe met hierdie een, Dina!
LikeLike
Dankie Dries.Ek dink dis omdat dit so ‘n tipiese verhaal is ,wat hom daagliks afspeel.Dis die realiteit,dis skokkend en dis die tragedie van die mensdom.Die mishandeling van kinders gaan al vir eeue aan.
LikeLike
Die pa/oupa van die kind wat nou n kind het maak my klaar… ai. En mens kan agterkom dat die suentjie se pa se familie net die beste vir hom wil he.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam,hy is nie die naam pa of oupa werd nie.Ek het nou die volgende deel van die storie gepos.Dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person
Jou beskrywing is regtig treffend en lekker om so ‘n ware verhaal te volg, al lees ek nou agteruit…
LikeLiked by 1 person
Gelukkig kon jy sien die einde was goed!
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLiked by 1 person