Die storie gaan verder…

Surprise groei pragtig en verander in ‘n blinkvet laggende peuter.Intussen het die meisiekind klaar matriek geskryf en besluit om sy versorging oor te neem.Die vehouding tussen haar en Seunskind dobber in ‘n flenterbootjie op rowwe vaarwaters!

Nuwe Ouma het intussen opgegradeer na ‘n piepklein baksteenhuisie in ‘n naburige township.Seunskind help trots om die lendelam plekkie op te kikker met verf,wat deur sy ma se werkgewer geskenk is.Sy leen ook gereedskap,want Seunskind is verskriklik handig en timmer al die stukkende goed reg.Nie lank nie,of die huisie lyk pragtig en die erf is gehark en skoon van hoek tot kant.Die gesin trek in…Seunskind,sy twee sussies en jonger boetie.Surprise bly agter in die sinkmakoekoe saam met sy ma.

Die ellende begin.Meisiekind het drie vakke gedruip en kan dit Aprilmaand oorskryf.Intussen help Seunskind met sy karige salarissie om haar en Surprise se lywe te klee en te voed.Haar pa dra nie ‘n sent by nie en maak kort-kort geluide van “damages”.

Meisiekind kry nie werk nie.Sy ploeter rond daar tussen die sinkmakoekoes op ‘n oop stofvlakte,waar die wind saans deur die lendelam sinkerasie tier en die rookwalms van steenkoolvure,mens op ‘n trip sit.Natuurlik soek sy allerhande ongure geselskap op om haar eensaamheid te verdryf en die verwerping deur haar pa te probeer hanteer.

Surprise word verwaarloos en uiteindelik gaan haal seunskind hom dat hy by die familie in die skoon tweeslaapkamer-huisie intrek.Seunskind werk nou in Middelburg as ketelmaker in opleiding.Dis ‘n goeie werk en die outjie sit kop neer en doen sy bes.Hy was nog altyd ‘n perfeksionis en het van kleinsaf die oulikste goedjies uit karton,vuurhoutjies,proppies en roomysstokkies gebou.Selfs ou batterye is skoongevryf en met nuwe lewe opgekikker om modelletjies te laat beweeg.Sy ma het altyd gesê sy kop is bietjie styf,maar sy hande is reg!

Vir ‘n wyle gaan dinge beter.Surprise is nou twee en ‘n pragtige gelukkige seuntjie,wat deur sy pa verafgod word.Ouma en die ander kinders is mal oor hom.Hy blom en floreer van al die liefde en aandag.Die einde van die jaar en Kerstyd kruip nader…..     Word vervolg…

20 Replies to “Die storie gaan verder…”

      1. Hier het ons n staatondersteunde opleidingssentrum vir jong skoolgaande meisie wat babies het. HUl gaan aan met hul skooljaar en babatjie word opgepas terwyl hul in klas is. Moeders sorg verder deur die dag self vir kindertjies as dit voedingstyd is. Dis ook net vir n jaar wat hul daar mag wees. Dit is ook spesifiek meisies wat geen ouersteun het nie

        Liked by 1 person

  1. Nog! Nog!!!!!! ek kan nie wag om te leer oor wat met ‘Surprise” gebeur nie!

    Ek moet sê Surprise se ma is ‘n poephol, en dis nie gewoonlik ‘n woord wat ek op vrouens gebruik nie, maar ‘n ma se prioriteite is mos haar kinders, of hoe?!!!!!

    Like

    1. Dankie Dries.Ek dink dis omdat dit so ‘n tipiese verhaal is ,wat hom daagliks afspeel.Dis die realiteit,dis skokkend en dis die tragedie van die mensdom.Die mishandeling van kinders gaan al vir eeue aan.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +