Die storie gaan nog verder…

Die einde van die jaar en Kerstyd breek aan.Sy is besig om wasgoed op te hang.’n Volgepakte Quantumtaxi,stop in ‘n stofwolk voor haar huis.’n Groep mense peul by die deure uit en sê hulle is die meisiekind se familie en hulle wil haar sien.Sy is lam geskrik en bel vinnig haar ma en broer om te kom.Intussen vloei die drank binne-in die taxi…’n hele afvaardiging van vriende en familie gebruik die geleentheid om ‘n intimidasie-partytjie te hou. Die bakwerk bewe van die oorverdowende musiek wat uit reuse speakers blêr en sy voel hoe die ritme in haar binnegoed klop-klop en haar hart laat ruk van die spanning.

Haar ma en broer kom aan en die meisiekind se twee ooms en ma word te woord gestaan.Die ander klomp buite die hek, gooi die kanne en jaaif op die ritme van townshipkwêla.Die gesprek gaan heen en weer…ons wil tienduisend rand van julle hê,dan kan julle die kind hou.Sy sê sy het nie sulke geld nie.Sy kan nie glo dat mense ‘n kind wil verkwansel vir ‘n pot lensiesop nie.Die humeure vlam later hoog,maar uiteindelik is die taxi vort met die spul dronk lywe al gillende en bottelswaaiende met vuiste wat by die vensters uitpomp.

Meisiekind het uiteindelik werk gekry en vir Surprise kom haal.Dinge gaan weer beter en die outjie is heel gelukkig by sy ma.Intussen word druk op haar geplaas..haar familie soek die kind.Sy en Surprise gaan “huis” toe,na ‘n ma wat nog nooit vir haar omgegee het nie en haar geensins ondersteun het tydens die grootste krisis in haar lewe nie.Haar twee ooms en ma forseer haar om die kind daar te los.

Surprise beleef twee jare van uiterste hel.Sy ouma bedryf ‘n shebien en hy word soos ‘n kakiebos groot.Hy hardloop waar hy wil,doen wat hy wil,probeer slaap wanneer hy moeg is en is geklee in flenters.Die ouma eis gedurig geld en klere van die ander familie.Wanneer die klere gestuur word,word dit vir meisiekind se verstandelik gestremde sustertjie en kleuter halfsussie gegee.Surprise leef voort in sy vodde.Die sustertjie is gestremd as gevolg van ‘n hou teen die kop tydens ‘n kroeggeveg.Sy moet nou sorg vir Surprise en nog ‘n jonger kleuter van die shebienkwien.Sy is slegs tien jaar oud..

Die kinders vrek van die honger en die ouma is heeltyd gesuip.By tye is hul enigste voeding,slukkies bier uit leeggedrinkte bottels.Sy hou haar drankvoorraad aangevul met Surprise,haar gestremde kind en haar kleuter se Grantkaarte.

Saans is die shebien vol dronk lywe en die twee kleuters en gestremde kind,word blootgestel aan ‘n gevloek en geskel en bakleiery,wat deurnag duur.Die ewige goembagoemba-musiek waarvan die desibels deur die klankgrens kerf,is die kindertjies se wiegeliedjies tydens slaaptyd.

Skielik bel ‘n lank afwesige oupa van die meisiekind vir goeie ouma.Hy woon in Transkei en wil hê Surprise moet saam met sy ma daar kom kuier.Hy wil egter geld hê om kastig vir die kind klere te koop.Goeie ouma is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie en bied aan om Surprise vir ‘n dag te neem en vir hom kleertjies te koop,sodat hy by die besorgde oupagrootjie kan gaan kuier.Die ou is woedend en gooi die foon neer.Nodeloos om te sê,daar was nooit sprake van ‘n kuier in Transkei nie!

Intussen duur die outjie se ellende voort en goeie ouma en haar seun word netjies van hom af weggekeer.Wanneer hulle bel,word hul foonoproepe geïgnoreer.Meisiekind ondervind presies dieselfde en niemand besef wat is besig om met Surprise te gebeur nie. ….word vervolg…

25 Replies to “Die storie gaan nog verder…”

  1. Kyk ek gaan vandag probeer omnie te swets nie. Dit is ‘n frank smaak in my siel as mense kinders so verwaarloos. Sulke mense moet op gesluit word.

    Arme Surprise… My hart gaan uit na die kind.

    Ek kan nie wag om meer te weetnie.

    Like

  2. Geld, die wortel van ALLE kwaad, die ergste van alles is dat ons almal deelnemers was van die gemors. Alles in hierdie 3D wêreld van ons draai om geld.

    Like

  3. Ja dis gladnie goed te prate nie. As jy bietjie sielkunde ken en die verwaarloosde kinders laat teken wie in die familie is en waar hul slaap sal jy agterkom dat hul BAIE sleg daaraan toe is. Een jaar het ek by privaatskool in bosse skoolgehou waar kindertjies was wat nie kos het om te eet, gemolesteer en misbruik is. As mens daardie kindjie se vertroue gewen het blom hul sommer. Die omstandig hede is onbeskryflik

    Like

  4. Nee sies die hele wêreld is vol sleg boggers! Drank is ‘n euwel as dit nodig word om daagliks af te sluk net om aan te kap. Ai hoekom is die patroon van drank, musiek en baklei lieg en bedrieg so orals dieselfde? Mens moet mos liters en liters daarvan in jou keelgat afgooi voor jy verslaaf raak. Dis nie ‘n oornag ding nie. En die gevolge daarvanop kinders is jarelank te bespeur…ai toggie mens moet erg moedeloos voel by tye.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +