Na haar aanvanklike blydskap en opgewondenheid,skop die werklikheid in.Surprise het klere en skoene nodig en sy moet blitsvinnig plek vind waar sy hom bedags kan los terwyl sy werk.Gelukkig is sy ou crèche nog aan die gang en sy smeek dat hulle vir hom plekmaak.Seunskind kan nou trots die onkoste dra,want hy verdien darem nou iets.
Dit gaan sukkel-sukkel,want Surprise is onhanteerbaar.Hy sit nie vir ‘n oomblik stil nie,hardloop rond soos ‘n waansinnige en klouter op alles.Sy praat met haar werkgewer en saam kom hulle tot die gevolgtrekking dat hy dalk aan alkoholonttrekkingssimptome ly.In sjebienouma se huis was dit vryelik beskikbaar en soms al wat die knapie skelmpies uit amper-leë bottels gesluk het,om sy honger te stil.
Saans is dit ‘n verskriklike stryd om hom te laat slaap.Haar werkgewer raai haar aan om hom elke aand dieselfde tyd op dieselfde bed te laat slaap.Om hom te kalmeer moet sy by hom lê en vir hom stories lees.Hy moet in ‘n roetine kom.Dit gaan egter woes en hy ruk en pluk aan die beddegoed,spring op en gaan lê by een van die ander kinders.Net ‘n rukkie later is hy weer op en gaan verpes nóg iemand.So gaan dit strykdeur tot die anderdagmôre.Almal word wakker met kopseer en leepoë en die nerwe raak dun.
Wanneer hy uiteindelik slaap,steek die son kop uit en moet hy wakker gemaak word vir kleuterskool.Die kind huil en kerm,maar daar is geen uitweg nie en so vaak-vaak word hy gewas en aangetrek en afgelaai by die skooltjie.Daar gaan dit aanvanklik moeilik en die outjie huil elke dag dat hy nie wil gaan nie.
Sy is skoon moedeloos en ploeter vaak en gestres deur haar daaglikse werk.Om nou skielik ‘n vierjarige in die huis te hê,verg groot aanpassings van almal.Gelukkig is die ander kinders al tieners en hulle help haar so vêr as wat hulle kan.
Naweke kom Seunskind huistoe en neem vir Surprise heeltemal in sy sorg.Hy slaap in ‘n buitekamer en die twee het nou genoeg tyd om in privaatheid hul bande te versterk.Soms is Seunskind kwaai en ongeduldig en dan moet sy of een van die ander kinders mooipraat dat hy nie moedverloor met die ontwrigte kind nie.
Soos die tyd aanstap,raak die mannetjie rustiger en ontwikkel ‘n goeie eetlus.Kort voor lank is sy asvaal droë velletjie weer blink en glad.Sy ogies skitter en hy begin soos ‘n normale vierjarige homself besig hou met allerhande dingetjies.Sy luister hoe hy soms in sy verbeeldingswêreld gesels met onsigbare maatjies.Hy maak wroem-wroem geluide wanneer hy met sy vragmotortjie in die sanderige agterplaas speel.Hy sit ure lank stil en krabbel prentjies met kleurkryt.Voorheen het hy die papier stukkend geskeur en die potlode gebreek.
Deesdae kan hy nie wag om na sy skooltjie te gaan nie en die onderwyseres rapporteer dat hy rustig en gedissiplineerd is.Vroeër het hy die klas op horings geneem en almal ontstig.Wanneer hy na ‘n lang dag tuiskom,vertel hy van sy maatjie.Die twee is soos Dawid en Jonathan,onafskeidbaar.
Haar hart word warm as sy een middag by die huis kom.Daar in die netjies geharkte agterplaas,is ‘n klomp kleingoed en hulle speel dat die stof so staan.Surprise is die middelpunt.Hy lag van oor tot oor.Hy is dolgelukkig…..
Ag dankie tog
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook asem op dat dit so bly!
LikeLiked by 1 person
Ag, dis genade van bo, en gelukkig is hy nog nie 6jaar nie so sy vormingsjare is op die regte pad. Maar sê tog vir Seunskind as daar nou weer moeilikheid kom moet hy teen die spoed van lig na die regshulpraad toe gaan. Hulle doen baie goeie werk en dit kos baie min. Die wet het nou wel baie grys geword maar dit help darem nog.
LikeLike
Ons sal maar wag en sien wat gebeur.As die ander familie weer begin met bogtery,is dit die pad wat gevolg moet word.
LikeLike
Ag dis darem te lekker einde. Ek is dol oor gelukkige eindes
LikeLike
Ek hou ook van gelukkige eindes.Die wêreld het genoeg verdriet!
LikeLiked by 1 person
Dis regtig waar. Ek weier om iets geweldadig of hartseer te kyk Die lewe is net te kort en die nuus is hartseer genoeg
LikeLiked by 1 person
Sjoe na ‘n goor dag is dit lekker om so happy storie te lees. El kuier by my Ma op Langebaan. Die Meme (kombuis feëtjie van Zim) verduidelik aan my haar dikke dogter het van maagpyn gekerm. Toe buite gegaan en skielik hoor sy ‘n kind skree. Daar was haar ‘Surprise’. Wat ‘n skok moet so iets nie wees nie? Vandag is dit ‘n een-en-‘n-half-jaar se bondeltjie wat haar ‘n fortuin kos om aan die lewe te hou. Siestog. mens vergeet hoe moeilik dit is met so kleintjie in die huis. En dan gee hulle skielik taai nat drukkies en smelt die hart. Te ougat…Sterkte, miskien kom die taaisel en klapsoenne sommer gou-gou.
LikeLike
Dis altyd die oumas wat met die probleem sit!
LikeLike
Ai. Ek gesels gisteraand met ‘n ander Ouma in ‘n derglike situasie waar nie een van haar kinners op spoor kan kom of bly nie. Sys in ‘n tweede huwelik nadat haar eerste man en Pa van haar kinners oorlede is. Sy koes elkekeer as haar foon lui want dis net tronk en hofsake en egskeidings en kleinkinders se drama. My hart het so uitgegaan ba haar en gewonder of ek myself ook eendag is so iets soortgelyks sal bevind. Bly maar moeilik
LikeLike
Ja,mens wonder soms of dit alles die moeite werd is.
LikeLiked by 1 person
Dis is dit IS altyd die moeite werd. Bloed kruip waar dit nie vloei nie… Hou moed en kla en ‘vent’ maar. Ons sal luister en bemoedig.
LikeLiked by 2 people
Wys jou dat daar tog lig in die tonnel kom as daar bietjie geskaaf en uitgehou word. Goed om te hoor dat hy gekalmeer het en sy lewe beter kan geniet
LikeLike
My huishulp is ‘n engel met baie deursettingsvermoë.Ek kan haar nie genoeg bewonder nie.
LikeLike
Ja, dis eintlik hartseer maar tog so wonderlik om hul te sien kophou. My tuinhulp het ek vandat hy in st 7 uit die skool is tot ek weg is gehad. Hy het rerig hard probeer om sy gesin aan die gang te hou . Baie terugslae gehad. Toe ek weg is het hy gese hy wil Jhb toe gaan onder brug gaan bly want in Potties het hy nie meer werk gekry nie.
LikeLiked by 1 person
Foeitog,wat het van hom geword of weet jy nie?
LikeLike
Nee ek weet nie. Het egter vir hom gesê hy moenie moed opgee nie. Daar sal wel iets voorval. Hy het n goeie vrou ook wat haar bes probeer. Hul het darem n staats huisie gehad(HOP huis)
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Ek moes eers die hele storie klaar gelees het voordat ek iets sê. Ek het al begin huil oor die arme Surprise. Jy het my omtrent goed in die storie ingetrek Dina en dis pragtig geskryf. Is daar nog? 😀
LikeLike
Dankie dat jy gelees het.Ek het darem so hier en daar bietjie aangedik om die storie interessanter te maak,maar dis omtrent feitelik die waarheid.As alles goed verloop,sal die storie net hier eindig.Ek hoop eintlik so,want die kind het genoeg gely!
LikeLiked by 1 person
Wel, jy het dit uitstekend vertel en ek kon agterkom dis nie net ‘n storie nie en dat dit baie na aan jou hart lê. Ek hoop so ook want geen kind het nodig om so te ly nie. Dis net nie reg nie.
LikeLiked by 1 person
Ag ek is bly dit gaan beter. Pragtig geskryf !
LikeLiked by 1 person
Dankie Tokeloshe…ek hoop dis die einde van die storie.Hou maar duim vas.Ongelukkig is dit die storie van baie kinders.
LikeLiked by 1 person
Awwwww, ek is so bly. Ek hoopdiekind het verder ‘n wonderlike lewe, hy verdien dit
LikeLike
Ek hoop ook so,Wolfie.Dankie dat jy kom lees het!
LikeLiked by 1 person
Ag x so bly.
LikeLiked by 1 person
Fijn dat dit trieste verhaal toch nog een mooi einde heeft gekregen.
Treurig om te lezen dat wel.
Vriendelijke groet,
LikeLiked by 1 person
Ek kon nie wag om vanoggend op te vang met Surprise se storie nie, en ek is so bly dat dit, vir nou, na n gelukkig einde lyk. Mag die res van sy lewe vir hom net nog beter raak!
LikeLiked by 1 person
Dankie Dries.Ja,ek hoop ook dinge werk uit.Solank sy goeie ouma in beheer is,lyk dit of dit so sal wees.Die outjie was die naweek by sy sjebienouma en ons was op hete kole,want ons was bang die storie herhaal omself.Hy vertel daai ouma het ‘n groot pot bier gestook en die mense het kwaai gedrink! Ai tog!
LikeLike
Ai tog, inderdaad!
LikeLiked by 1 person
Man ek het nou lekker gelees hier by jou. Al vyf episodes.
LikeLike
Dankie Kelkie,dit was heerlik om dit te skryf,want ek het geweet dit eindig goed!
LikeLiked by 1 person
Ag baie dankie vir die mooi storie. En ek voel nog steeds asof ek asem ophou vir ‘n goeie toekoms en uiteinde. Maar wat ek uit hierdie pragtige storie kry, is dat ‘n moeder-mens die belangrikste figuur in enige kind/kleinkind se lewe is. As ‘n moedermens die verwyte maar ver weg bêre en sorre, sal die kuikens maar altyd terugkeer na die enigste een wat nog ooit ‘n anker was. Ek is so bly goeie ouma was so ‘n mens, dat hulle iemand kon hê wat hulle sommer geweet haar arms weer sal wyd oopgooi en sorg as hulle nie meer weet waarheen nie. Dit gee my sommer hoop.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy hier gelees het.Hierdie ouma het self haar eie storie.Sy het vier kinders en die pappie is nêrens te sien nie.Hy het eenkeer R300 betaal vir klere vir een kind…kan jy glo?Dit was sy enigste bydrae ooit!Sy vertel my hy het sewe kinders by ‘n ander vrou.Dis die verhaal van Afrika se vroue.
LikeLike
Dit was nou lekker om die storie so as een te lees. Het die eerste een gelees, en toe gelos tot nou 🙂 Ek is bly dit gaan goed met Surprise, en hopenlik eindig dit net hier…. g’n verdere drama nie.
LikeLike
Dankie dat jy kom lees het.Hou duim vas..sover gaan dit nog goed!
LikeLiked by 1 person
Hoe het ek dan die voriges gemis?
Mooi einde. Ek gaan nou eers die ander soek.
LikeLiked by 1 person
Ek het nou almal gelees. So bly dit het ‘n mooi einde. So jammer jammer vir die kleine kind en sy familie.
LikeLike
Ja,dis maar ‘n ewige stryd!Dankie dat jy kom lees het.
LikeLike
Ek is saam bly oor die gelukkige einde!!
LikeLiked by 1 person
Ja ek moes self duim vashou dat dit gelukkig eindig.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die deel en om die besef by mens te laat ontstaan dat ons nooit moet moed opgee nie
LikeLiked by 1 person
Het nou die storie vd begin af gelees. Ai hoop dit bly so goed gaam.
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook asem op, maar dit lyk goed.
LikeLiked by 1 person