Nog ‘n jaar snel einde se kant toe.Dis alweer Novembermaand.Sy en haar gesin het vrede daarmee gemaak dat hulle nooit weer vir Surprise gaan sien nie.As ‘n soort verdedigingsmeganisme teen die pyn,het sy hom uit haar gedagtes verban en probeer om nooit aan hom te dink nie.Soms spring die hartseer onverwags uit haar binneste op en voel sy so angstig,dat sy sommer hartkloppings kry.Sulke tye,sluk sy die dik traanknoppe wat haar benoud laat wurg,weg en werp haar voluit in allerdaagse takies.
Sy knip-knip verbaas haar oë,vryf oor haar gesig en wonder of sy droom.Voor haar staan die meisiekind met ‘n grootoog,maer verwese seuntjie aan die hand.Surprise,Surprise…kan dit wees?Sowaar!
Die meisiekind vertel dat sy nooit haar ma in die hande kan kry nie.Die foon word altyd doodgedruk as sy bel.Met genoeg geld uit haar karige salarissie bymekaar geskraap,kom sy onverwags by die huis van haar sjebienkwienmammie aan.Sy is uit haar sokkies geskok toe sy Surprise sien.Die outjie se klere is meer gate as lap en aan sy voete is massiewe ou skoene wat hom laat rondslof soos ‘n sirkusdwerg.Hy is smerig en stink só,dat ‘n vuurhoutjie sommer vanself naby hom aan die brand kan slaan.
Die ander twee kinders is ook erg verwaarloos,maar hulle is in ‘n beter toestand as Surprise.Haar moederinstink skop in en in die nag sluip sy daar weg met haar kind aan haar sy.By haar sinkmakoekoe aangekom,laat sy vir Surprise lê en week in ‘n skottel warm water.Sy skrop en skrop en skrop…maande se vuilgoed laat die waswater soos ertjiesop lyk.Die volgende oggend word die proses hehaal en sy grou pikswart vuilgoed onder sy naels uit.Met net die flenterhempie en broekie aan sy lyf,maar darem weer skoon,neem sy hom na die enigste mense wat nog ooit vir haar en Surprise omgegee het.
Goeie ouma se mond hang oop.Haar lankverlore kleinkind is net ‘n skaduwee van die spekvet,blinkgesig kleutertjie wat eens om haar voete rondgemaal het.Die ander kinders is net so geskok,maar hulle spring op en af van blydskap.Seunskind werk nog in Middelburg en kan nie wag vir die naweek om aan te breek nie.Hy het ‘n lied in sy hart.Uiteindelik gaan hy weer sy kind sien,’n volle twee jaar later!
….word vervolg….
Ek ek is tog so bly, sy sal hom seker weer gou vet voer… ek hoop tog nie dit is weer net n tydelike ding nie – die arme kind!
Kom skryf tog vinnig weer!
LikeLike
Sal môre die laaste aflewering plaas…tot dan…hou asem op!
LikeLiked by 1 person
Ai, ek kry elke keer trane in my oë en hoop regtig dat hierdie storie ‘n goeie einde sal hê. Soms wens mens net vir ‘n goeie einde om weer hoop te kan hê. En hoeveel kindertjies se stories het nooit ‘n goeie einde nie?
LikeLike
Wie weet,dalk is dit ‘n goeie einde…tot môre dan,vir die laaste aflewering.
LikeLike
ek gaan nie ‘n woord sê voor more nie……
LikeLiked by 1 person
Ek is net so haastig om dit te skryf.Die storie loop met my!
LikeLike
Ek het môre se storie klaar gepos.Kon ook nie wag nie. 😆
LikeLike
Ek hou van die rigting van die storie
LikeLiked by 1 person
Kan nie wag om die einde te hoor nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
LikeLiked by 1 person
Sien jy nou hoe die mammie se moederinstink tóg ingeskop het.Soms is dit maklik om te oordeel as mens nie self in ‘n situasie is nie.Ek wou haar ook vat en skud,dat haar tande klap,maar mens ken nie altyd die groter prentjie nie!
LikeLiked by 1 person
Dis baie waar
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n deernisvolle verhaal Bytjie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Hanneliese,ek is bly jy het dit geniet!
LikeLiked by 1 person
Baie!!!
LikeLiked by 1 person