Valie Vaalboskat

Hierdie besondere katsoort is een van Suidelike Afrika se bedreigde spesies,omdat dit so maklik met huiskatte uitbaster.In die Kgalagadi en plekke vêr van die beskawing,waar verbastering nie maklik kan plaasvind nie,word ‘n suiwer kat nog aangetref.So ‘n enetjie is Valie Vaalboskat wat ek in Nossobkamp afgeneem het.

Hy staan bekend as Felis silvestris cafra en lyk baie soos die huiskat.Hy kan egter maklik uitgeken word aan die ryk rooibruin kleure van die rug en ore en aan die agterkant van die pens en agterbene.

_MG_8870
Lekker sit hy in die warm wintersonnetjie.Sy lyf het vertikale strepe,wat wissel van duidelik tot dof.

Hulle is alleenlopertjies,behalwe wanneer hulle paar of die wyfie die kleintjies opppas.Hulle merk ook hul gebied af met urine en krapmerke op bome.

_MG_8872
Valie gaap luilekker terwyl hy dink aan sy volgende smullige happie.

Hulle eet knaagdietjies,klein soogdiere,voëls,reptiele amfibieë,insekte en ander ongewerweldes.

_MG_8876
Man dis lekker om so te gaap!

Drie tot vyf kleintjies word na ‘n dratyd van 56 tot 65 dae,gebore,gewoonlik in September tot Maart.

_MG_8877
Lekker strek hy hom uit en beplan sy volgende plan van aksie.Sy bene is duidelik langer as ‘n huiskat s’n.

‘n Mens is weereens dankbaar vir wildernisgebiede waar hierdie diere kan floreer en bewaar bly!

33 Replies to “Valie Vaalboskat”

    1. Ek is ook nie ‘n katliefhebber nie Rob,maar hierdie is ‘n egte wildekat. Dis ongelooflik om te sien hoe hy etlike meters in die lug kan spring en ‘n voël vang.Hulle is sku diere en amper onderaan die voedselketting van die katspesies.Dit maak hulle voortbestaan juis baie broos.

      Like

  1. Ons plaaslike natuurkenner dink dat een van hierdie outjies hier onder in ons diep kloof hou. Die personeel by die hotel langsaan het presies so ‘n kat beskryf as een wat gereeld in die nag hier bo rondsluip. Ek het die spore gesien – my amper doodgeskrik, want dit was groot pote. Dit kan dalk verklaar hoekom my (piepklein) Abyssinian katjie weier om ‘n voet buite te sit na donker.

    Liked by 1 person

        1. Dan moet jy asb vir my terugvoering gee. Een van die karakters in The Garden is n Afrikaner met dieselfde musieksmaak as myne en NP van Wyk Louw word ook aangehaal…

          Like

  2. Soos altyd die mooiste fotos Dina!

    Is dit vir jou ook of n mens hulle deesdae meer gereeld raakloop? Ek dink nie hulle is noodwending talryker as, maar met al die mense wat deesdae ons reservate besoek raak hulle mense en voertuie meer gewoond en daarom minder sku, raai ek. Daar is ook n paartjie in Satara Ruskamp in die Krugerwildtuin wat dag en nag tussen die rondawels en kampeerders rondloop.

    Liked by 1 person

  3. Ek stem! Wildernisgebiede waar hierdie pragdiere kan floreer is vir my ook baie na aan die hart. Ek is bly jy kon jou pragfoto’s van hierdie mooi kat met ons deel Dina. Sjoe! Dis omtrent pragtig! 😀

    Liked by 1 person

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +