Dankie aan…

daardie twee eiegeregtigde mans,wat dit goed gedink het om hul verwronge sin van moraliteit op so ‘n barbaarse manier te laat geskied!

Ja,ek praat van julle twee spierpaleise met die styfgespande broekies en die bakbeen-staphouding wat jul manlikheid so ten toon stel.Dis omtrent al waarop julle kan roem,want van deernis,respek,liefde en aanvaarding van andere wat nie soos julle is nie,is daar geen sprake nie!

Julle het dit goed gedink om iemand wat baie naby aan my is,aan te val en hom so te verniel,dat hy nou in die hoësorgeenheid van ‘n hospitaal lê met septisemia!Dit het nou al vier weke gelede gebeur,maar die gevolge van jul walglike daad strek verder as wat julle met jul skewe,oningeligte denke,ooit sal besef.

Ek wens ek kan julle in die oë kyk en vir julle vra of julle al ooit julself in iemand wat “skeef” is se skoene geplaas het.Julle weet niks van die ongelooflike stryd,waarmee hierdie mense daagliks gekonfronteer word nie.Hulle het NIE GEKIES OM SO TE WEES NIE!!!!!

Dis tog ongelooflik dat julle nog nooit moeite gedoen het om te gaan lees oor die nuutste navorsing wat interessante bevindings opgelewer het,wat baie mites oor homoseksuele mense die nek inslaan.Julle hang nog steeds aan die bevooroordeeldheid wat van jul oupas na jul pappies na julle oorgedra is,omdat dit in ‘n swart boek geskryf staan,dat dit verkeerd is.Daardie einste swart boek skryf ook jy mag nie linne en katoen saam dra nie en die aarde is plat en vroue is minderwaardige wesens.

Nou hoe is dit dan dat julle sulke selektiewe moraliteit beoefen?Julle grinnik met glimmende wit tande by julle “straight”tjomme:”Ja,ons het vanaand ‘n mof in die hospitaal in geblixem!Kyk hoe “cool” is ons.Ons maak die aarde skoon van hierdie drek”.

Intussen is julle twee laer as slangspoeg.Julle oortree al die wette van julle swart boek.Waar is die liefde,omgee,respek,aanvaarding,medemenslikheid,deernis,altruïsme,onselfsugtigheid?Julle besit nie een enkele een van hierdie eienskappe nie!

Die wiel draai en draai en een van dae knars hy bo-oor julle sogenaamde “manlikheid”!

48 Replies to “Dankie aan…”

  1. Ai Dina! Mens dink in vandag se eeu sal mense meer oopkop wees wat sulke dinge aanbetref. Nee kyk, as ek hulle twee in die hande kry, sal hulle sterk aan hul ‘manlikheid’ twyfel want ek sal hulle sleg verniel. Ek kan sulke mense glad nie hanteer of verdra nie.

    Wat het ander se anderse leefwysens in elk geval met ander te doen? Dit wil ek graag weet. Dit maak hul nie minder menslik, liefdevol of selfs krimineel nie.

    Ek hoop jou vriend word gou gesond skat. Gee vir hom ‘n sagte drukke en beterskap wense van my af. My hart is nou sommer seer.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Sonel..dis my nefie en hy is soos ‘n kind vir my.Ek is sooo kwaad,ek kan nie eers begin om vir jou te vertel wat ek met daardie mense sal aanvang nie.Die sielkundige letsels is baie groter as die liggaamlike!

      Liked by 1 person

      1. Ag nee Dina – dis verskriklik en ek weet hoe vieslik mense kan wees. Ek wonder net wie dink hulle is hulle. Wie gee hul die reg om judge en jury te speel en wat het dit met hulle te doen in die eerste plek? Ek sal hulle vermorsel – regtig!

        Ek hoop hy word gou beter hoor en ja, jy is reg – die sielkundige letsels is die ergste. 😦

        Liked by 1 person

  2. Verskoon my taal, maar hulle is drolle. Ek is moeg vir mense soos hulle wat dink hulle doen ‘n god (ja, klenletter ‘g’) se wil deur iemand te verbrysel tot in die hospitaal in omdat hulle anders is.

    Hulle aanbid nie ‘n god nie al lees hulle daai swart boekie tot hy bleek en oud word in hulle hande. Hulle geloof is kotskolle. Enige goeie Christen (en ek ken ‘n paar) sal hulle dood skaam vir die twee poeffiekoekies.

    En as nie-Christen word ek ook so nou en dan aangeval omdat ek anders glo. Dis maar die wêreld waar in ons bly, gelukkig is daar baie goeie mense ook.

    Liked by 2 people

      1. Ja, ek verstaan. Ek het eintlik erger vloekwoorde gedink toe ek hier gepraat het. En as my vloekhier te erg is kan jy my kommentaar afvee. Ek sal verstaan. (my beurt om dit te se hehehehehehe)

        Ek haat sinnelose geweld….

        Liked by 2 people

  3. Troos jou hieraan: Die rede hoekom mense ander leed aandoen is omdat hulle minderwaardig voel. Hulle weet hulle sal nooit die persoon wees wat die ander persoon is nie. Hulle probeer dus hulle manlikheid bewys deur groot en sterk voor te kom, maar eintlik is hulle bang ou dogtertjies want hulle sal nooit kan kers vashou by iemand wat waarskynlik stukke meer persoonlikheid as hulle het nie. Hulle mag dalk lyk of klink of hulle trots is op hulleself, maar glo my, vannaand as hulle in hulle bedjies klim, tref die minderwaardigheid hulle en more as hulle opstaan, moet hulle weer iemand gaan oprof sodat hulle vir ‘n minuut kan beter voel oor hulleself. Hulle sal nooit vrede vind nie en nooit gelukkig wees nie. Hulle is lewenslank slagoffers van hulle minderwaardigheid. Hulle het sopas bewys dat jou nefie ‘n beter persoon is as hulle, anders sou hulle hom uitgelos het. Ek is hartseer dat hy so erg seergekry het en ek stuur ‘n ernstige gebed vir hom op, maar onthou net, hy is die wenner in hierdie verhaal. Daardie twee sal nooit kan kers vashou by hom nie. Ek hoop hy besef dit ook. Sterkte!

    Like

  4. wat verkeerd geloop het met die kerke is nie die swart boekie nie maar dit word misbruik deur die lesers om vir hulleself ‘n selfgeregtigheid toe te eien, en dis presies dit wat groot en klein oorloë veroorsaak. Gelukkig is die kerke besig om leeg te loop…..Die stert het die hond begin rondswaai.

    Like

    1. Ek stem saam met jou, maar wil ook tog van jou verskil. Of dalk is die Kaap (of my omgewing) net anders. Ons eie NG Kerk hier het geen van die tipe veroordeling nie. Nadat ons predikant ‘n vroulike egpaar getrou het en hulle swart aangenome baba gedoop het, het die laaste van die “ou-regime” kerkvaders by ons kerk geloop en vir hulle kerke loop soek waar iemand hulle sienings sou ernstige opneem, en glo my, hulle is nou nog soekende. Ons kerk het ‘n mengsel van enige en elke tipe mens en kleur en lewenskeuse en elkeen word persoonlik by die deur gegroet en aanvaar net soos hy daar aankom. En dit maak dat elkeen gemaklik voel om hulp aan te bied en ons gemeente van krag tot krag te laat gaan. Ek vind dat daar al hoe meer in ons christelike omgewing ‘n transformasie plaasvind van wat was altyd menslike sieninge en wat is ons eintlike doel op aarde. Aan die einde van die dag is ons doel op aarde eerstens om onvoorwaardelike liefde aan mekaar te bewys en mekaar te help deur moeilike tye. Want dit is waarop régte christenskap neerkom. En daardie siening maak dat die kerke in ons omgewing oorvloei veral van jongmense wat weet hulle kan maar kom – niemand kyk hulle snaaks aan nie en hulle kan openlik praat oor enige iets, en vind dat hulle nie alleen is in hulle stryd nie. Ons een Engelse kerk kan nie voorbly met hulle bediening aan hoërskoolkinders nie, omdat dit die enigste plek is waar hulle gemaklik kan wees tussen mense wat soos hulle is. En dit wat hulle ervaar, kring weer uit na ander. Ek hoop regtig dat hierdie transformasie sal voortgaan en veral vir jongmense leer waaroor die lewe regtig gaan sodat hulle ander mense sal opbou en aanvaar.

      Liked by 1 person

      1. Ek kan nie vir jou vertel hoe lekker is dit om nou hierdie te lees nie. Wil ook vir jou sê dat hierdie transformasie is nou te sterk om om te draai. Liefde gaan oorwin, doen eintlik al klaar !

        Liked by 1 person

      2. Ek wens dit was oral so.Dankie vir jou insette hier.Ek is nie ‘n kerk- of godsdiensmens nie,maar ek respekteer dit en dis altyd verblydend om te hoor as dinge mooi gaan en mense werklik hul medemenslikheid en liefde uitleef,op watter manier ookal.

        Like

    1. Ja Tina,ongelukkig respekteer mense mekaar nie meer nie.Om Suid-Afrika te help,sal respek as verpligte vak in die skole ingevoer moet word.Dit sal moet behels dat mense mekaar se kultuur,tale,godsdienste bestudeer.

      Liked by 1 person

      1. Ja en dit sal van bo en onder af moet begin… dit sal nie help as almal sit en wag dat ander mense dit moet doen nie. Ek probeer om reguit vir mense te sê hulle moet nie so rassisties wees nie, maar dit lyk nie of hulle my hoor nie – hulle gaan gewoon aan.

        Like

  5. Soos jy noem: respek – dis wat nie meer in daaglikse lewe bestaan nie. Die wat ander respekteer en plekkie gun word vernietig deur sulke ……. (Geen woord om te beskryf nie). Dit is meestal die ouens wat niks bereik of verstand het om beter te doen nie wat jaloers is en dan dit op die goedgesinde mense uithaal. Die klomp kragpatsers is ook gevoelloos en wellustig en kan nie verdra dat mense omgee en liefdevol is nie. Hul werk ook altyd in groepe teen een . Dit maak my woedend! Sterkte vir jou nefie en liefde vir hom.

    Like

    1. Dis nes jy daar sê,Dries.Hulle moraliteit strek net tot by wat vir húlle reg is en die balk in eie oog,bestaan nie eers nie.Hulle is ook te lafhartig om alleen op te tree.

      Like

  6. Ai ek is so jammer om te hoor. Ek hoop regtig hy word gou gesond. Ek hoop ppk dat daardie 2 poepholle eendag in hul lewe sal besef wat hul aanvang en aangevang het. Sterkte vir almal naby aan hom.

    Liked by 1 person

  7. Sterkte vir die nefie. Ongelukkig verskil ek met sommige en met jou. Ek dink nie daar is iets soos die wiel wat draai nie. Hoeveel keer al gesien, dat mense die die vreeslikste dade doen, ongeskonde en sonder probleme deur die lewe gaan, dan vra ek waar is die geregtigheid.

    Liked by 1 person

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +