is eenvoud en oorlewing.Ek het dit besef op my reise deur veral Namibië en Botswana.Ek is elke keer verstom oor dié mense se lewenswyse sonder al die luukses,wat ons as vanselfsprekend aanvaar.Hierdie keer het ek gekonsentreer om fotobeelde van allerdaagse oomblikke bymekaar te maak.
Meeste is steelfoto’s en dit was soms baie moeilik om dit diskreet te doen.’n Mens voel soos ‘n koekeloerder wat inbreuk maak op iemand se privaatheid,maar ek kon nogtans daarin slaag om mense nie aan te tas nie.
Vrolike kindertjies op die rivierwal in die dorpie Shakawe.‘n Ou man in sy mokoro.Die son sak in die weste.Hy keer in eenvoud huiswaarts soos vele ander moderne mense in hul motorkarreNa ‘n dag se visvangs,is dit vir hierdie vrouens tyd om aan wal te gaan.Met haar bootjie veilig aan land,neem sy haar blikbeker en maak gereed om huis toe te gaan.Seuns speel op die oewer van die Okavangorivier in die Caprivistrook van Namibie.As mens mooi kyk,is die middelste seuntjie besig om ‘n batterytjie in die lug op te gooi.Hierdie vrouens is besig om waterleliebolle uit te grawe.Hulle eet dit net so rou soos wat ons appels sal eet.
Ek moes op ‘n bootjie ronddobber om hierdie pragtige naaldekokers vas te vang!
Ragfyn vlerkies teen ‘n blou hemel.‘n Waterjuffer op ‘n aandlelie wat snags oopgaan.Blou teen ‘n groen agtergrond van waterlelieblare.‘n Waterjuffer,ruspetjie en vliegie deel hierdie pragtige skippie.Helikoptertjie met fyn spinnerak onder sy landingsplek.Parmantig met stert in die lug!
Vandat ek so agtien jaar gelede begin voëls kyk het,was dit nog altyd my begeerte om ‘n visuil te sien.Ek het die afgelope tien dae die voorreg gehad om in die noordweste van Botswana na hierdie sku en uiters skaars uil,te gaan soek.Vir ‘n voëlkyker is dit gelykstaande aan die klim van Everest vir ‘n bergklimmer!
Dis ‘n baie groot uil,selfs groter as die reuse ooruil.Lengte is 61-63 cm.Hy spog met ‘n vlerkspan van 153 cm en kan tot 2,5kg weeg.Soos sy naam aandui,leef hy van vis.Hy jag snags van ‘n tak of oewerwal af,wat so een tot twee meter van die water af is en swiep af na die water soos ‘n visarend en vang die vis wat naby aan die oppervlak swem.
Die eerste tekens is die visskubbe en baberkopbeen onder ‘n groot boom!Daar’s hy!Dis die kuiken.Gewoonlik word twee eiers gelê,maar net een kuiken oorleef en word groot.Die volwassene is donkerkleuriger as die kuiken en die wyfie is groter as die mannetjie.Hier loer hy of sy met een oog na my en dis die beste wat ek kon regkry. Let op die ontsettende skerp kloue..geen vis staan ‘n kans hierteen nie!Nog ‘n kuiken..hierdie is ‘n ander een op ‘n ander plek.Kuikens is 68-70 dae in die nes en daarna nog ten minste vier maande van die ouers afhanklik.
Hierdie pragvoëls is uiters bedreigd as gevolg van die vernietiging van hul habitat.Ek is so dankbaar dat ek hulle kon sien!
Gister se sonsverduistering…pragtig sigbaar in die mis.Ek het bietjie gespeel met die skaduwee en kleure en nou is die verduistering beter sigbaar.Vroegoggend mistigheid …foreldammetjie naby Dullstroom.Kleinseuntjie en sy pa probeer ‘n vissie vang.Die son weerkaats in die water.Diepe bepeinsing…dis blykbaar die aantrekkingskrag van visvang!
vol klein vreugdes,as ‘n mens net daarna gaan soek.In ons kapitalistiesgedrewe wêreld,word ‘n mens heeldag wysgemaak dat geluk net deur geld en goed verwesenlik kan word.Eintlik is dit ‘n tragedie dat ons so vasgeval het in ‘n web van vals behoeftes wat geskep word,dat meeste mense in ‘n depressie verval,omdat hulle voel dat hulle nie aan hierdie hoë eise kan voldoen nie.Dis dan wanneer opstandigheid soos ‘n gistende bierpot begin uitborrel en oorloop en mense laat voel dat hulle ingedoen word.
Wat het geword van eenvoud,om net tevrede te wees met ‘n beskeie dak oor jou kop,genoeg kos en water en basiese dinge?
Ek rangeer myself nou op ‘n syspoor en wou eintlik net ‘n paar foto’s geplaas het van besondere eenvoudige dinge,wat vir my die afgelope tyd baie vreugde verskaf het.
Hier is dit nou:
Sommer net rooi en mooi!Die prag van ‘n impalalelie is net verstommend.Dis die lelikste plant met die mooiste blom!Nader bekyk,sien mens ‘n fraaie spinnekoppie toegewikkel in sy webkombersie…dis heel toevallig.Ek het dit eers raakgesien toe ek die foto vergroot het.Wollerige valskermpies word saggies op die asem van die wind na ‘n nuwe landingsplek geneem.
Klaar gedrink en liefies nou vir mammie.Oppad om kattekwaad aan te vang!A,’n lekker buffelmiskoek om mee te speel.. kyk my skerp naels!Waar is boetie nou?Speel bietjie met mamsie.Sy knyp eintlik haar ogies toe van lekkerkry.