‘n Paar oomblikke..

in die lewe van ‘n kolkatjie.

IMG_6360
Klaar gedrink en liefies nou vir mammie.
IMG_6382
Oppad om kattekwaad aan te vang!
IMG_6386
A,’n lekker buffelmiskoek om mee te speel.. kyk my skerp naels!
IMG_6432
Waar is boetie nou?
IMG_6427
Speel bietjie met mamsie.Sy knyp eintlik haar ogies toe van lekkerkry.
Advertisements

26 thoughts on “‘n Paar oomblikke..”

      1. Wat ‘n pragtige wildtuin is dat. Ek het daar ewe ‘n besoek gebring met google maps. Die foto’s het jy vanuit die motor kan neem dus. Ek vind dit baie mooi.

        Liked by 1 person

      2. Daar ry mens in ‘n oop voertuig en hulle neem jou tot by die diere.Daar is heelwat risiko aan verbonde,want wilde diere kan onvoorspelbaar wees.Hierdie diere is egter gewoond aan voertuie,maar moenie dink hulle sal so lê as jy te voet is nie!

        Liked by 1 person

  1. Ag, is dit nie te dierbaar vir woorde nie? Sjoe! Dis pragtige foto’s Dina en wat ‘n wonderlike ervaring moes dit gewees het. Ek is baie bly jy kon dit met ons deel. Dankie. 😀 ♥

    Liked by 1 person

    1. Dankie Sonel!Vir my is die bos altyd ‘n wonderlike ervaring.Ek kry nooit genoeg daarvan nie.Jy was ook in my gedagtes toe ek na ‘n trop apies in die kamp gekyk het.Ek het nie eers foto’s van hulle geneem nie,want jy doen dit altyd so fantasties!

      Liked by 1 person

      1. Ek sal dit glo Dina. Dis jammer die klomp hier is so duur met hul toegangsgelde, anders het ek ook al gegaan.

        Ag, baie dankie – maar ek twyfel of dit so mooi sal wees soos joune. Dis vir my so mooi om hul in die wild te sien. Volgende keer moet jy hulle asb. afneem. 😀

        Liked by 1 person

  2. Dis besonderse fotos en ondervinding. So rustig asof niks kan pla nie. Lyk of dit nie baie ruig was nie anders sou jy nie sulke mooi fotos kongeneem het nie. Ek dink as ek weer eendag daar kom kuier moet ek en Tina na daardie wildtiuin deel gaan. Dis nie te ver van haar af nie.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Dries.Daar was twee welpies,maar die ander een was nêrens te siene nie.Blykbaar steek sy hulle weg as sy gaan jag en op ‘n manier het die tweetjies weg van mekaar beweeg.Daar was vreeslik baie leeu aktiwiteit ook en omtrent al die leeus en luiperds was aan die rondspaander.Dit was voorwaar ‘n interessante paar dae.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s