Die lewe is..

vol klein vreugdes,as ‘n mens net daarna gaan soek.In ons kapitalistiesgedrewe wêreld,word ‘n mens heeldag wysgemaak dat geluk net deur geld en goed verwesenlik kan word.Eintlik is dit ‘n tragedie dat ons so vasgeval het in ‘n web van vals behoeftes wat geskep word,dat meeste mense in ‘n depressie verval,omdat hulle voel dat hulle nie aan hierdie hoë eise kan voldoen nie.Dis dan wanneer opstandigheid soos ‘n gistende bierpot begin uitborrel en oorloop en mense laat voel dat hulle ingedoen word.

Wat het geword van eenvoud,om net tevrede te wees met ‘n beskeie dak oor jou kop,genoeg kos en water en basiese dinge?

Ek rangeer myself nou op ‘n syspoor en wou eintlik net ‘n paar foto’s geplaas het van besondere eenvoudige dinge,wat vir my die afgelope tyd baie vreugde verskaf het.

Hier is dit nou:

IMG_6239
Sommer net rooi en mooi!
IMG_6232
Die prag van ‘n impalalelie is net verstommend.Dis die lelikste plant met die mooiste blom!
IMG_6228
Nader bekyk,sien mens ‘n fraaie spinnekoppie toegewikkel in sy webkombersie…dis heel toevallig.Ek het dit eers raakgesien toe ek die foto vergroot het.
IMG_6257
Wollerige valskermpies word saggies op die asem van die wind na ‘n nuwe landingsplek geneem.
Advertisements

41 thoughts on “Die lewe is..”

  1. Die mooiste mooi ooit en sulke fantastiese foto’s Dina! Ek kan my verkyk daaraan. 😀

    Jy is reg. Dis lekkerder om die klein dingetjies in die wêreld raak te sien, veral wat die natuur so guldelik na ons kant toe gooi. Van depressie kan jy my niks vertel nie en ja, ek hunker ook maar gereeld na ‘n nuwe kamera en makro lensie, maar dan gaan ek maar buite toe en neem net meer foto’s en waardeer my ou kameratjie net nog meer.

    Dankie vir die deel van hierdie kosbaarheid. 😀 ♥

    Liked by 1 person

    1. As mens eerlik wil wees,maak geld ook baie deure oop.Anders kon ons nie nou rekenaars gehad het waarop ons mooi foto’s deel nie!Maar daar moet balans wees.As dit mens nie beskore is nie,moet jy die beste van dinge maak en jou geluk soek in plekke rondom jou.Dankie vir jou mooi woorde.

      Liked by 1 person

  2. Dit ontstel my dat ook ék vasgevang is in die kapitalistiese web, terwyl ek so hard probeer om nie te wees nie, dat ek soms skuldig voel as ek nie werk nie terwyl almal om my skarrel, terwyl ek ook maar net so skarrel, vreeslik bid as die kontantvloei nie uitwerk nie, vreeslik dankbaar is as God voorsien, elke keer. O Hy voorsien, op die wonderbaarlikste maniere!

    Like

    1. Ons is almal daarin vasgevang,want dis ongelukkig die sisteem waarin ons leef.Maar ‘n mens moet waak daarteen om dekadent oorboord te gaan met aardse besittings…preek ek nou vir myself ook!

      Like

  3. Ek het al jare terug na die syspoor geskuif ( wat ‘n raak beskrywing) en gekyk hoe mense stadig maar seker duer die rook en spieels begin sien. Glo my ek juig oor elke liewe ene, en dit het al ‘n reuse sneeubal geword, te groot om te stop. Ek glo ons is in die pylvlak van ‘n nuwe soort lewe. Moet seblief net nie ophou gedagtes gooi op die hoofspoor nie!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s