Ek het hom!

Vandat ek so agtien jaar gelede begin voëls kyk het,was dit nog altyd my begeerte om ‘n visuil te sien.Ek het die afgelope tien dae die voorreg gehad om in die noordweste van Botswana na hierdie sku en uiters skaars uil,te gaan soek.Vir ‘n voëlkyker is dit gelykstaande aan die klim van Everest vir ‘n bergklimmer!

Dis ‘n baie groot uil,selfs groter as die reuse ooruil.Lengte is 61-63 cm.Hy spog met ‘n vlerkspan van 153 cm en kan tot 2,5kg weeg.Soos sy naam aandui,leef hy van vis.Hy jag snags van ‘n tak of oewerwal af,wat so een tot twee meter van die water af is en swiep af na die water soos ‘n visarend en vang die vis wat naby aan die oppervlak swem.

IMG_7676
Die eerste tekens is die visskubbe en baberkopbeen onder ‘n groot boom!
IMG_7670
Daar’s hy!Dis die kuiken.Gewoonlik word twee eiers gelê,maar net een kuiken oorleef en word groot.
IMG_7682
Die volwassene is donkerkleuriger as die kuiken en die wyfie is groter as die mannetjie.Hier loer hy of sy met een oog na my en dis die beste wat ek kon regkry. Let op die ontsettende skerp kloue..geen vis staan ‘n kans hierteen nie!
IMG_7162
Nog ‘n kuiken..hierdie is ‘n ander een op ‘n ander plek.Kuikens is 68-70 dae in die nes en daarna nog ten minste vier maande van die ouers afhanklik.

Hierdie pragvoëls is uiters bedreigd as gevolg van die vernietiging van hul habitat.Ek is so dankbaar dat ek hulle kon sien!

31 Replies to “Ek het hom!”

    1. Dis juis die kleur van hierdie uile,wat hulle so pragtig maak.Hulle vlieg ook nie geruisloos soos ander uile nie,want die visse onder die water kan hom nie hoor nie.Dankie vir inloer,Scrapydo.

      Like

  1. Sjoe! Dit moes omtrent ‘n belewenis gewees het Dina! En sulke pragtige foto’s van hulle. Jy is regtig bevoorreg. Ek is bly jy kon dit met ons deel. 😀

    Liked by 2 people

    1. Dankie!Dit gaan beter met hom,maar hy het vreeslik gewig verloor en hy lyk maar sleg.Hy moes weer ‘n operasie ondergaan,maar hy is goed op die herstelpad.Ek weet net nie hoe dit geestelik met hom gaan nie..hy het ‘n groot knou gekry!

      Liked by 1 person

  2. Sjoe – ongelooflik, Perdebytjie.
    Ek het dadelik in my boek nageslaan omtrent die Visuil. Maar natuurlik kom hy nie hier in die bosveld voor nie.
    Pragtige foto en ondervinding.
    Dis ook die eerste keer dat ek hulle sien , op jou foto.

    Liked by 1 person

    1. As ek dit nie mis het nie,is hulle op die rooi datalys.Dit was
      ‘n ongelooflike ervaring,Spokie.Wat vir my besonders is,is daardie verskriklike kloue en dat hulle nie geruisloos vlieg soos ander uile nie.Hulle is die visarende van die nag.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +