Die kern van lewe…deel 1

is eenvoud en oorlewing.Ek het dit besef op my reise deur veral Namibië en Botswana.Ek is elke keer verstom oor dié mense se lewenswyse sonder al die luukses,wat ons as vanselfsprekend aanvaar.Hierdie keer het ek gekonsentreer om fotobeelde van allerdaagse oomblikke bymekaar te maak.

Meeste is steelfoto’s en dit was soms baie moeilik om dit diskreet te doen.’n Mens voel soos ‘n koekeloerder wat inbreuk maak op iemand se privaatheid,maar ek kon nogtans daarin slaag om mense nie aan te tas nie.

IMG_6905
Vrolike kindertjies op die rivierwal in die dorpie Shakawe.
IMG_6962
‘n Ou man in sy mokoro.
IMG_6963
Die son sak in die weste.Hy keer in eenvoud huiswaarts soos vele ander moderne mense in hul motorkarre
IMG_7493
Na ‘n dag se visvangs,is dit vir hierdie vrouens tyd om aan wal te gaan.
IMG_0094
Met haar bootjie veilig aan land,neem sy haar blikbeker en maak gereed om huis toe te gaan.
IMG_8678
Seuns speel op die oewer van die Okavangorivier in die Caprivistrook van Namibie.As mens mooi kyk,is die middelste seuntjie besig om ‘n batterytjie in die lug op te gooi.
IMG_0091_edited-1
Hierdie vrouens is besig om waterleliebolle uit te grawe.Hulle eet dit net so rou soos wat ons appels sal eet.
Advertisements

9 thoughts on “Die kern van lewe…deel 1”

  1. Sjoe! Dit is pragtige foto’s Dina en jy is reg, mens voel mens maar inbreuk op ander se privaatheid as jy hul ongemerk afneem en vir my is dit net sekere fotograwe wat dit so mooi kan doen dat dit nie so lyk of voel nie, en jy is defnitief een van hulle hoor! Regtig!

    Die derde een van die man wat huiswaarts keer is my gunsteling en dan die een van die seuns wat speel. Dit het amper gelyk asof die agterste enetjie op sy nek staan. 😆

    Absoluut perfekte oomblikke hoor! Ons het defnitief baie om voor dankbaar te wees. Ek sien mos hoe gaan dit hier as die krag of water net vir ‘n rukkie af is, en hoe party mense hier tekere kan gaan. Dan dink ek terug aan die ou dae wat al die geriewe nie hier was nie en het eendag gewaag om vir een te sê: ‘Maak soos ons voorouers gemaak het. Gebruik ‘n beker en skottel om te was.’ – dis toe ons 2 daggies sonder water gesit het – maar kyk, toe is ek omtrent uitgehaal. Party mense is net bederf en weet nie regtig waaroor die lewe gaan nie.

    Like

    1. Die moderne mens is vreeslik bederf en ondankbaar en dink dat alles met geld gekoop kan word.Hierdie eenvoudige mense sal niks verloor as die samelewing in duie stort nie.Hulle is gehard en taai en leef van die aarde af.Terwyl ons spartel met vrot paaie,kragloosheid ens..gaan hulle op ‘n “primitiewe”(volgens ons) wyse ongestoord aan met hul lewe.

      Liked by 1 person

      1. Dis ‘n feit Dina en geluk, liefde en gesondheid kan beslis nie met geld gekoop word nie, en bitter min mense wil dit besef.

        Ek stem saam met jou. Primitief of nie, hulle is gelukkig. 😀

        Liked by 2 people

  2. Sjoe, die fotos met die duidelike weerkaatsings is besonders mooi en duidelik. Ek weet hoe jy voel, ek voel ook soos n boef as ek so ongemerk wil afneem. Die lewe van daardie mense is nie vir ons gesofistikeerde mense nie. Hul het die minimum en tog is hul gelukkig.

    Like

  3. Oulik – ek wonder of waterleliebolle darm so lekker soos appels smaak? Het jy getry?
    Die foto met die vrou en blikbeker in bootjie, se weerkaatsing is puik!
    Die man wat terugkeer se watterriffels op rivier staan besonders uit.
    En dankie jou vertellinge by die fotos – maak dito soveel interessanter.
    Was dit veilig daar vir julle?

    Like

    1. Nee ek het nie daarvan geëet nie..sou waarskynlik beswyk het aan ‘n maagaandoening! LOL
      Dit was baie veilig.Die mense is heel rustig en vredeliewend en Botswana het ‘n baie klein bevolking wat wyd versprei is oor ‘n reuse land.Dieselfde in Namibië.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s