Die kern van die lewe…deel 2

IMG_7365
Oppad om riete te gaan sny.
IMG_0033
Bondels riete staan gereed om gebruik te word vir heinings en dakke.
IMG_7362
Hierdie vrou dra haar riete huis toe.Let op die mooi heinings wat hulle daarmee bou.
IMG_7488
Laatmiddag.Hulle was so vrolik en het gelag en gesels terwyl hulle waterleliebolle uitgrawe.
IMG_8000
Vis word uit die fuik gehaal.Hierdie vrou was baie vies toe ek haar wou afneem.Toe doen ek dit maar skelm.
IMG_8002
Die fuik het herstelwerk nodig.Nog ‘n skelm foto..ek neem haar nie kwalik nie!
IMG_8006
Seuns wat visvang..kyk die konsentrasie.
IMG_8612
Vrolike vissermanne..Okavangorivier in Caprivi.
IMG_8647
Kinders lag en speel in die Okavango naby Popa Falls.Dis ‘n gevaarlike besigheid,want nie vêr van hulle af nie,het ‘n krokodil gelê en ‘n trop seekoeie het ook daar rondgemaal!
IMG_8714
‘n Pragtige jong vrou,lyk hartseer terwyl sy met haar selfoon in die hand teen die draad leun.
IMG_8705
Laatmiddag…wasgoed word gewas en oor die mokoro gehang om droog te word.
Advertisements

14 thoughts on “Die kern van die lewe…deel 2”

    1. Sy lyk so hartseer.Ek het haar heel middag dopgehou.Sy het wasgoed gewas en daar was ‘n klein dogtertjie by haar.Ongelukkig het ek haar voete afgesny en haar oe was toe.Dis wat gebeur met skelm foto’s..LOL!

      Liked by 1 person

  1. Weereens pragtige foto’s Dina. Jy het alles so mooi opgevang. Ek kan dit nie in woorde beskryf nie, maar dis regtig mooi. Hulle is so kunstig en die heinings en fuik is so pragtig gemaak. Dankie vir die deel van hierdie mooi herinneringe. 😀 ♥

    Liked by 1 person

  2. Pragtige visiuele toer, Perdebytjie. Wil net sê jou fotos lyk nou vir mooier met die swart raam om.
    Die vrou met die rooi doek en selfoon, het my effens laat stilstaan. Miskien is sy siek? Haar rooi doek is egter treffend.
    Die stunning-ste foto is die een wat die fuik op die kop dra – hou van die druppels/grasse wat afreën. Is eintlik ‘n aksiefoto.
    Die bondels riete se geel-kleur in namiddagson beindruk my. Pragtig. Het geniet.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Spokie.Ek het bietjie gesukkel om my rame reg te kry,maar leer darem so met die tyd.Ek sit eers ‘n wit,dan grys en dan swart raam om.My Photoshop program is nog bietjie outyds!
      Daardie een met die fuik was baie gefokus en kwaai toe ek haar wou afneem!

      Liked by 1 person

  3. Foto van kinders in die Okavango lyk eerlik en koel, wonder of hulle nie bang is vir verskillende vorms van “tande” nie.
    Die dame in haar “sharong” lyk btfull, – kleurvol!
    Foto’s is baie mooi Bytjie – so lekker om by jou in te loer

    Liked by 1 person

    1. Daar is baie gevare daar!Net ‘n entjie vanwaar hulle geswem het,was seekoeie en ‘n krokodil.Ek dink hulle kans om iets oor te kom is seker maar dieselfde as vir ons om in ‘n motorongeluk te wees.
      Dankie vir inloer!

      Liked by 1 person

  4. Weet jy hoe graag sal ek nou van daardie riete wil hê. Ek het nou ‘n artikel gelees van hoe om ‘n byekorf te vleg en daardie riete lyk vir my na die ware jakob!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s