Die Kese van Mahangu

Mahangowildreservaat is ‘n klein juweeltjie in die Caprivistrook van Namibië.Dis geleë langs die Kavangorivier en dit grens aan Botswana.Daar is slegs twee roetes wat gevolg kan word,maar dit lewer ‘n fantastiese wildkykervaring.Skaars boksoorte soos die Bastergemsbok,Rietbok,Swartwitpens,Lechwe en Zambesivalleibosbok is van die besondere inwoners

My gunsteling primate kom ook hier voor en ek kon nie die versoeking weerstaan om ‘n paar foto’s van hulle hier te plak nie.

IMG_8775
Mammie is besig om Boetie se ore te inspekteer.
IMG_8779
Netjiese paadjies word gekam om skelm vlooie raak te vat.
IMG_8783
Net gou-gou kyk of Boetie sy hakskene behoorlik geskrop het.
IMG_8785
Ai,ek is so lief vir die mannetjie,al stink sy voete so!
IMG_8787
Amper klaar seun,net gou kyk of dit ‘n bosluis is wat ek hier sien!
IMG_8788
Net gou die agterbeen ,dan is ons klaar.Ai tog Mammie,ek wil nou gaan speel..suggg!
IMG_9165
Eers het ek gelag vir die ou wat lyk of hy ‘n kierie vashou.
IMG_9167
Wat ‘n skok!Sy oog is uit en dit lyk na ‘n onlangse besering.
IMG_9169
Ag siestog,hy lyk so kroes.Let op hoe taai is die hare aan sy arms,kop en hand.
IMG_9171
Dit lyk sleg…die lewe is soms baie pynlik en uiters wreed!

Spesiaal vir Sonel wat altyd sulke mooi foto’s van ape plaas.

24 Replies to “Die Kese van Mahangu”

    1. Hulle is nes mense.Ek geniet dit veral as die kleintjies pak kry wanneer hulle stout is.Arme eenoog…lyk of ‘n stok dalk sy oog uitgesteek het.Ek wonder hoe lank hy sal leef,veral as dit septies raak.Ek was baie omgekrap daaroor,maar dis die natuur.

      Liked by 1 person

  1. Ag, hulle is te dierbaar Dina! En dis die mooiste foto’s!!! Jy weet darem hoe om hulle af te neem hoor! Ek sal hul vir ure dophou en soveel foto’s neem dat my kamera sal gaan staan. LOL!

    Dankie dat jy aan my gedink het. Dis dierbaar van jou hoor. 😀

    Dis jammer van ou eenoog. Siestog ja, mens kry hul so jammer, maar wat kan mens doen? Ek wens dat hul almal in natuurbewarings kon bly waar daar na hul kon gekyk word en dat sulke bobbejane met beserings gedokter kan word, maar ongelukkig kan nie almal gered word nie. Dit is maar die natuur vir jou en jy is reg, die lewe is somtyds maar wreed.

    Dankie vir die lekker pos en geniet jou naweek hoor. ♥

    Liked by 1 person

  2. Aaag te pragtig. Ek kan ook lank sit en kyk wat die bobbejane aanvang. Die beseerde een lyk erg. Wonder of hy dit gaan maak? Natuurlik geveg met ‘n ander mannetjie. Solank hy net kan bly eet.

    Pragtige reeks. Ek hou van jou ryk kleure soos in die eerste foto. Daardie lens van jou ken sy storie!

    Liked by 1 person

    1. Die venster was oop,maar ons was op ‘n “veilige” afstand…soms waag ons ook maar ‘n bietjie,seker ook nie altyd te slim nie.Die bobbejane was egter baie rustig en het hulle nie veel aan ons gesteur nie.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +