Perdeby is alweer die blixem in!

Ek weet dis seker al afgesaag,want dis die storie van ons lewens hierdie kant van die aardbol.Die regstellende inkopies vir Kersfees het in volle swang begin!

Gister sit ons gesin en aanhangsels en kleinkind heerlik aan tafel,net gereed om roomys op te skep.Seunskind se foon lui en dis die sekuriteitsmaatskappy wat sê sy huis se alarm lui.Vyf minute later laat weet hulle…ahem..die hekmotor is gebreek,veiligheidsdeur en voordeur oopgebreek en twee beteuterde groot kwaai bokserhonde sluip verwese daar rond.Seun is so kwaad,hy gooi sy selfoon op die tafel,dat dit sommer so wip.Ouma vra nog wat hom makeer en Sussie sê ewe droog dat Seun net ‘n tantrum gooi!

Ons heerlike samesyn is onderbreek en daar word huis toe gejaag..veertig minute se ry hiervandaan.Later laat Seun weet sy tv,werkskootrekenaar,persoonlike rekenaar en selfs Telkom se modum is binne vyf minute gebuit in ‘n “hit ‘n run”.Dis wat die vloeke doen..beplan alles mooi..wegkommotor,genoeg hande om blitsig deur die huis te spaander en te gryp wat daar te grype is!Voor die alarm klaar geloei het,”cruise”die uitvaagsels al rustig op die snelweg met hulle buit.

Die sekuriteitsmaatskappy vertel hom dat daar binne vier-en-twintig uur VEERTIG inbrake in sy omgewing was.Baie,baie suksesvolle inkopies né!Seun se hart is baie seer oor sy persoonlike goed,wat nou in laeklas skuim se hande is.Hy dig graag en ‘n leeftyd se gedigte en gedagtes is nou van die kosbare goed wat deur geen geld vervang kan word nie!

Ons lysie vir die afgelope twee jaar:Dogter en skoonseun:Tv,twee skootrekenaars.Ander dogter en skoonseun:Tv.Ons:Twee skootrekenaars,kamera en lens,selfone.My seun:Tv,twee skootrekenaars,Telkom modum.My huishulp:tuinstoele en wasgoed van die draad af.Haar seun:Sy makoekoe is kaal gesteel..net ‘n paar potte het oorgebly.Haar broer:Sy broek is van sy lyf afgesteel,toe hy gestap het om vir haar te kuier!My tuinier:Sy selfoon is gegryp terwyl hy besig was om ‘n oproep te maak.Dis net in ons klein kringetjie!My nefie:Sy selfoon is gebreek in ‘n geveg met die boewe en hy het twee weke in die hospitaal beland.(Ek het al hieroor geblog).

Nou ja,die Perrebyfamilie en kie het nou genoeg bygedra en Perreby self,is nou @$&vol vir die spulletjie!

Advertisements

39 thoughts on “Perdeby is alweer die blixem in!”

    1. Verskoon my lelike opskrif,maar ek is so kwaad,Dries!Eintlik wil ek nie my blog gebruik vir negatiewe dinge nie,maar soms loop dit net oor en moet ek ‘n uitlaatklep vind.Dankie dat jy kom lees het.

      Like

  1. Dis vir my ook die ergste om te dink hulle kom betree jou “privaatheid” plunder, vat wat hulle wil en vlug!!! Wonder waarheen gaan alles!! En glo
    my hulle gebruik die goette wat hulle by ons vat nie nuttig nie!! Dit land iewers en by iemand vir ‘n “botteltjie” of “zolletjie” of “blaartjie”!!!

    Liked by 1 person

  2. Ja toemaar Dina, ek weet hoe voel dit. Mens werk so hard vir dit wat jy wil hê en dan kom die uitvaagsels en kom doen hul ‘Kersinkope’. Hier by ons was dit die eienaar se tuinier wat glo al 5 jaar vir hom werk en vir wie hy so ‘vertrou’. Dit was die eerste jaar wat ons hier ingetrek het. Daarna toe sê ek vir hom ek slaan die ding dood as hy hom weer hier inbring. Tuindienste en klaar. Hulle werk vinnig en ek kan hul dophou. Hul is ook doodbang vir my.

    Maar mens raak die blixem in. Wie gee hul die reg? Omdat hul kastig swaarkry? Not a hell! Ons almal kry swaar en ons WERK vir dit wat ons wil hê. Ons gaan nie langsaan by die bure in en gaan doen ons ‘shopping’ nie! Ons betaal vir dit wat ons wil hê. Genoeg om enigeen te laat vuur spoeg.

    Hoop jy voel al beter maar ek het vuur gespoeg vir jare daarna. Dis nie ‘n lekker gevoel nie. Dit maak dat mens lelike dinge dink.

    Like

    1. Sonel,wat my veral ontstel is die ontsettende gemak waarmee hulle dit regkry.My seun het alles wat vereis word:elektriese heining,veiligheidshek,alarm,twee groot kwaai honde en die boewe is so brutaal,dat dit hulle nie keer nie.Ons vermoed hulle het vooraf kom spioeneer.Sy huis is in die mark en was twee keer op skou.Hulle het selfs die sirene wat loei,se draad geknip,sodat bure nie onraad vermoed nie.Ek weet nie eers waar is ons sirene se draad nie!Hulle het beslis alles kom deurkyk,tydens ‘n “huiskoop”besoekie.

      Liked by 1 person

      1. Ongelukkig ja, en die feit dat almal vandag selfone kan bekostig maak dit net makliker. Hulle loop in, neem ongemerk foto’s en daar het hul als om die inbraak te beplan. Ek noem hulle nie eers mense nie. Hulle is net plein sleg en gemeen Dina!

        Liked by 1 person

  3. Fok… verskoon my taal maar die misdaad in ons land is ‘n gatkramp. Nou die dag is een van my vriendinne (jy ken haar) en haar kinders amper gehi-jack. EN ja ek is al beroof van my selfoon ook ‘n ruk terug. ai ai ai

    Liked by 1 person

  4. Hier by die kus val hulle nou sommer helder oordag mense aan op die strande. Dreig hulle met gebreekte bottels en messe om hulle kameras, selfone, sonbrille en selfs skoene af te gee. Dit help ook nie om in groepe te loop nie.

    Liked by 1 person

      1. Ja, maar ons is baie versigtig. Ons sekuriteitswagte hou ons dop en ons dra panic buttons (en moerstokke). Mens kan tog nie die hele tyd wegkruip nie. Gelukkig is daar nie baie “verkeer” op ons strand nie.

        Liked by 1 person

  5. Nee wat dis te erg vir woorde. Dit is soos jy sê daardie indring in jou eie privaat plek is eintlik onvergeetlik. So asof alles besmet is! Voor ek weg is was daar ook n indringer in my lombuis een nag. Skrikwekkend, ek was in bed en gelukkig het my hond geknor en geblaf en die ding het verkas. Soos jy ook meld, gelukkig is mens nie aangerand nie! Steeds gee dit die boewe nie die reg om jou so te beroof van jou duur gekoopte items nie!

    Liked by 1 person

  6. Was self slagoffer van inbraak. Net die skootrekenaar was gesteel. Goed versekering het uitbetaal, maar dit neem tyd om daardie inbraak in jou persoonlikheid te verwerk. Vandag as ‘n toegangsdeur nie onder sig is nie is die deur gesluit ongeag die tyd van die dag.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s