Geveerde helikoptertjie

Die Bontvisvanger (Pied Kingfisher) is ‘n baie moeilike knapie om te fotografeer.Wanneer mens hom wel vasgevang het,verdwyn sy oog in die pikswart masker van sy gesig.Dus is ‘n foto met ‘n blink oog,skaars soos hoendertande.Wanneer die outjie visvang,fladderhang hy soos ‘n helikopter bokant die water en duik af wanneer hy ‘n vissie wil vang.Dis ‘n moeisame proses,want hy gebruik vreeslik baie energie om sy vlerke so vinnig te klap en dan is die meeste vangskote ook mis.

Dis die lewe van ‘n Bontvisvanger..fladderhang,duik,fladderhang,duik,totdat hy ‘n vissie raakpen!

IMG_7711
Vlerkies oop en toe en stil hang bo-kant die water..terselfdertyd moet hy kyk ook!
IMG_7715
Vlerkies bietjie wyer oop..dit gaan alles baie vinnig en ek hou my kamera op AI servo en”multishot”,anders kan jy vergeet om ‘n enkele foto te kry!
IMG_7713
Die vlerkies is nou oop en steeds hang hy op een plek!
IMG_7714
Kyk en fladder,kyk en fladder!
IMG_7721_edited-1
Na ‘n hele ruk duik hy af in die water in..dis te vinnig vir my en ek vang hom weer waar hy fladderhang.

Bontvisvangertjie,ek wens ek het al jou energie gehad!

Advertisements

29 thoughts on “Geveerde helikoptertjie”

  1. Lekker om dit so van naby te sien, ek het ‘n vriendin wat die geluid kan namaak, sodat mens nie die verskil kan hoor nie. Dis haar geliefde voël.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s