Kleurvol verby!

Byvreters is baie kleurvolle voëltjies.Met hul krom snaweltjies vang hulle insekte in vlug.Gewoonlik kom hulle in swerms voor en swenk en swiep deur die lug om prooi te vang.In Suidelike Afrika word nege soorte aangetref,waarvan sommige net somerbesoekers is.

IMG_1420b
Kleinbyvreter is klein met ‘n geel keel,oranjebruin onderkant en vierkantige stert.Jongetjies,soos in hierdie geval,het nie ‘n swart kraag nie en die onderkant is liggroen.
IMG_8283
Swaelstertbyvreter is klein met ‘n mikstertjie,helderblou kraag en blouerige onderkant en stert.
IMG_8028
Rooiborsbyvreters is somerbesoekers wat in groot swerms naby riviere en vleie hou.Kom ook voor in boomveld en gemengde bosveld.Hulle neste is gate in rivieroewers en in die grond.
IMG_8038
Rooikeelbyvreter het ‘n wit voorkop en bo-keel met ‘n rooi keel onder die wit.Hou in swerms naby riviere met modderwalle,waar hulle nes maak.
IMG_7240
Rooikeelbyvreter langs die Okavangorivier.
IMG_7241
‘n Lekker sappige happie!Let op hoe die mot se donsies rondvlieg.
IMG_7252
Laatmiddag teen die blou lug..Okavangorivier.
Advertisements

35 thoughts on “Kleurvol verby!”

  1. Oehoe perdebytjie!! Jy maak my dag. Jou blog raak al hoe mooier en beter? Eks mal oor jou fotos en info. Hierdie fotos van jou hoort in ‘n boek! Dis wenfotos.
    Die mooiste een vir my is die 2de laaste met die mot. Dit is ‘n aksiefoto, jou komposisie is puik en die skerpte is ongelooflik. Dankie jou moeite.

    Like

  2. Pragtige kleurvolle geveerdes!!!! Toe ek nog op die plot gebly het by Krugersdorp, was dit een van my en my oorlede man se lekkerste, rustigste tyd verdrywe om doodstil te sit op die stoep en ons eie voëllewe waar te neem!!!!!
    Ek het op ‘n plaas tussen Dullstroom en Lydenburg grootgeword en die roep van die Piet-my-vrou, is ‘n grootwordonthou en ‘n gunsteling vir my.
    Tyd terug het ek my verkyk aan die Piet-my-vrou so so naby aan my op my boetie se plasie net buite Rustenburg. Nie ‘n besonderse mooi voël nie en groter as wat ek my voorgestel het. Dit is mos ‘n skaam voël wat mens nie sommer sien nie. Hy kul jou met sy roep terwyl hy so heen en weer vlieg.
    Dit was vir my ‘n baie spesiale oomblik geskenk deur die Godin…Piet-my-vrou wat selfs omgedraai het sodat ek hom van alle kante van naby kon bekyk!!!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s