Daar is niks….

wat kom by die roep van die Visarend nie…dis eie aan Afrika!

Ek het onlangs ‘n foto vir Wolfie,van ‘n jong visarend geplaas en dit lyk allesbehalwe na ‘n visarend.Dis wat die uitkenning van roofvoëls soms baie moeilik maak.Die jonges en semi-volwassenes verskil so van volwassenes,dat mens soms dink dis ‘n ander spesie!

Ek plaas ‘n paar foto’s van verskillende stadia van visarende se ontwikkeling tot volwassenheid.

IMG_7767
Jong visarende se washuid(gedeelte om die bek) is grys en hulle vere is nog erg gespikkeld voor volwassenheid.Hierdie is ‘n voorbeeld van een wat amper wasdom bereik het.
IMG_8276_edited-1
Nog ‘n jongetjie met redelik baie vlekke.Let op die veertjie in sy bek.Kyk die verskriklike skerp naels..enige vis se nagmerrie!
IMG_8275
Van vooraf,kan mens duidelik die gryser gesig sien wat hom onderskei van die volwassene.
IMG_8268
Vergelyk die vowassene met die vorige voorbeeld..goudgeel washuid,spierwit en bruin vleklose vere.
IMG_7741
Ek plaas weer die jonge in vlug,om dit te vergelyk met die volwassene in die volgende foto.
IMG_7405_edited-1
Volwassene in vlug..onmiskenbaar die gevleuelde koning bokant die waters van Afrika!
IMG_7415
Beste plek vir ‘n visarend!Nog nie heeltemal volwasse nie.
Advertisements

28 thoughts on “Daar is niks….”

  1. Wow!! Die tweede laaste een is ‘n wenfoto! Jy het my gebless, perdebytjie. En die info. Man, my hart is gesteel.
    Wat baie mense nie besef is dat dit uiters moeilik is om die visarend gekiek te kry, gewoonlik sit hy hoog in ‘n boom langs die waters. Hierdie reeks van jou is dus uitsonderlik. Ons voel voorwaar spesiaal. Boeke kan gaan slaap …

    Liked by 2 people

  2. Sjoe! Sulke uitstekende reeks foto’s van hierdie pragvoël Dina! Jy mag maar regtig! Die laaste een met die refleksie in die water is my gunsteling! 😀

    Like

      1. O glo my, jy kan wees hoor. Dit is regtig ‘n uitstekende foto en wie gaan dit sien as jy dit nie noem nie. Jy het jouself regtig oortref daar, maar ek is maar ‘n sucker vir reflections en water. LOL!

        Liked by 1 person

      2. Nee o hel, daardie goed moet jy my nie vra nie. As daar een is wat niks voel vir komposisie en reëls, dan is dit nou ek. Vir my lyk iets net reg of nie reg nie en hierdie is vir my perfek. Ek hou van die manier wat hy sit. So diepdenkend, so wys en so trots. Te pragtig! 😀

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s