Daar is niks….

wat kom by die roep van die Visarend nie…dis eie aan Afrika!

Ek het onlangs ‘n foto vir Wolfie,van ‘n jong visarend geplaas en dit lyk allesbehalwe na ‘n visarend.Dis wat die uitkenning van roofvoëls soms baie moeilik maak.Die jonges en semi-volwassenes verskil so van volwassenes,dat mens soms dink dis ‘n ander spesie!

Ek plaas ‘n paar foto’s van verskillende stadia van visarende se ontwikkeling tot volwassenheid.

IMG_7767
Jong visarende se washuid(gedeelte om die bek) is grys en hulle vere is nog erg gespikkeld voor volwassenheid.Hierdie is ‘n voorbeeld van een wat amper wasdom bereik het.
IMG_8276_edited-1
Nog ‘n jongetjie met redelik baie vlekke.Let op die veertjie in sy bek.Kyk die verskriklike skerp naels..enige vis se nagmerrie!
IMG_8275
Van vooraf,kan mens duidelik die gryser gesig sien wat hom onderskei van die volwassene.
IMG_8268
Vergelyk die vowassene met die vorige voorbeeld..goudgeel washuid,spierwit en bruin vleklose vere.
IMG_7741
Ek plaas weer die jonge in vlug,om dit te vergelyk met die volwassene in die volgende foto.
IMG_7405_edited-1
Volwassene in vlug..onmiskenbaar die gevleuelde koning bokant die waters van Afrika!
IMG_7415
Beste plek vir ‘n visarend!Nog nie heeltemal volwasse nie.

28 Replies to “Daar is niks….”

  1. Wow!! Die tweede laaste een is ‘n wenfoto! Jy het my gebless, perdebytjie. En die info. Man, my hart is gesteel.
    Wat baie mense nie besef is dat dit uiters moeilik is om die visarend gekiek te kry, gewoonlik sit hy hoog in ‘n boom langs die waters. Hierdie reeks van jou is dus uitsonderlik. Ons voel voorwaar spesiaal. Boeke kan gaan slaap …

    Liked by 2 people

  2. Sjoe! Sulke uitstekende reeks foto’s van hierdie pragvoël Dina! Jy mag maar regtig! Die laaste een met die refleksie in die water is my gunsteling! 😀

    Like

      1. O glo my, jy kan wees hoor. Dit is regtig ‘n uitstekende foto en wie gaan dit sien as jy dit nie noem nie. Jy het jouself regtig oortref daar, maar ek is maar ‘n sucker vir reflections en water. LOL!

        Liked by 1 person

        1. Nee o hel, daardie goed moet jy my nie vra nie. As daar een is wat niks voel vir komposisie en reëls, dan is dit nou ek. Vir my lyk iets net reg of nie reg nie en hierdie is vir my perfek. Ek hou van die manier wat hy sit. So diepdenkend, so wys en so trots. Te pragtig! 😀

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +