De Hoop..

vir Dries en almal wat belangstel.

Hierdie pragtige reservaat is drie ure se ry vanaf Kaapstad en is in die Overbergdistrik,naby Kaap Agulhas.Dit beslaan 340 vk kilometer en val onder CapeNature.Tans is privaatmense uitgekontrakteer om dit vir CapeNature te bestuur en daardie smakie van private betrokkenheid,gee dit ‘n goeie hupstootjie.

_MG_8050
Uitsig oor die vlei met seeduine op die horison.Links is die hoofgebou en oorkant die vlei is die Melkkamer plaashuis wat tien mense kan huisves.

Dis ‘n wêrelderfenisgebied en is ook begrens deur ‘n seebewaringsgebied van drie seemyle kuslangs.Lentetyd kom Suidkaper walvisse (Southern right whales)hierheen en dis ‘n gesig om te aanskou vanaf ‘n hoogte langs die strand.Daar is ook 250 visspesies.

IMG_9693
Van hieraf kan mens stap na die uitkykpunt oor die baai.
IMG_9701
Uitsig oor die baai.By daardie geboutjie is ‘n piekniekplek en kleedkamers.Die donker kol in die baai,is ‘n walvis.Ek kon ongelukkig geen goeie foto’s kry nie.Dit was te vêr!
IMG_9820
Seekastaiing met leë skulpe vasgevang in sy stekels.Ons het ‘n wonderlike gids gehad,wat ons van die seelewe op die rotse vertel het.

Daar is 86 soogdierspesies, waaronder die hoogs bedreigde bontebok,Kaapse bergzebra,eland en grysribbok.Hoewel skaars,is daar ook luiperds.

IMG_0009
Die hoogsbedreigde bontebok kan maklik verwar word met ‘n blesbok.Die kleur is ryker as die van ‘n blesbok.Die bles op die voorkop strek deur tot op die wit van die neus.By ‘n blesbok is daar duidelike skeiding tussen die bles en die gesig se wit.
IMG_0005
Die eland is die grootste lewende boksoort.’n Bul soos hierdie kan maklik 900 kilogram weeg!
IMG_9636
Daar is wandelroetes en ons het te voet op hierdie eland afgekom.

Die voëlbevolking tel 260 spesies en dis ook die streek se enigste oorblywende broeiplek van die skaars Kransaasvoël (Cape vulture).

IMG_9856
Swarttobies was ook bedreig,maar doen deesdae goed.(African Black Oystercatcher)

Die oostelike gedeelte word nog soms gebruik deur Denel Overberg Test Range om missiele te toets.Dis die berugte area waar mense in die vorige bedeling net versoek is om hul goed te vat en te trek…Skipskop..almal onthou die weemoed van daardie liedjie van David Kramer:”pak op,pak op,sit jou goedjies op jou kop,more gaan ons weg,ver van hier,weg Skipskop,Skipskop”….Een van die droewige skandes van menseregteskending en dit alles vir gulsige wapenvervaardigers!

Die plantegroei is deel van die wêreld se kleinste en mees bedreigde plantkoninkryk,bekend as Cape Floral Kingdom.Daar is groot areas fynbos en dis ‘n lushof wanneer die blomseisoen aanbreek.

_MG_8045
Hierdie pragtige melkhoutboom is baie jare oud.Hulle staar ongelukkig ook uitwissing in die gesig,vanweë habitatvernietiging.
IMG_9696
Van die pragtige blomme wat op De Hoop groei.

IMG_9690

_MG_8042_edited-1

IMG_9661
Bergkambroo.

Kan iemand asseblief help met die name van die veldblomme?Dis ‘n afdeling waarvan ek nog nie baie weet nie.

50 Replies to “De Hoop..”

    1. Tina ek is ‘n vrot swemmer en ek hou nie van water nie..so geen visfotografie hier nie…lol!Ek kon nie goeie foto’s van die walvisse kry nie.Mens moet omtrent lank sit en wag dat een dalk uitspring of ‘n stert klap op die water.Ou Perreby was te stadig daarvoor!

      Liked by 1 person

    1. Ek is bly jy het dit geniet,Dries.Mens moet die regte tyd van die jaar gaan.Ons was begin Oktober daar en het heerlike weer gehad en kon nog die walvisse beleef.My man en sy kollegas was einde April daar en het dit ook geniet…toe was daar baie suikerbekkies en natuurlik nie walvisse nie.Die winterreënseisoen is seker nie ‘n goeie tyd nie,behalwe as jy met rooiwyn voor ‘n kaggelvuur wil sit!

      Liked by 1 person

        1. Jy hoef nie in die spookhuis te bly nie.Daar is sulke pragtige klein grasdakhuisies duskant die vlei.Dis selfversorgend en daar is ‘n restaurant by die hoofgebou daar naby.Ek dink die spook hou nie van water nie en hang net anderkant die vlei rond!

          Liked by 1 person

  1. De Hoop! My wêreld!
    Daar waar daardie huisie staan, die ablusieblok, is PRESIES waar ons vakansiehuisie gestaan het!
    Ja, Skipskop se mense is ontwortel. Op Spitskop het oom Daantjie Moks gebly wat altyd vir my pa vars visse gebring het. Hierdie tyd van die jaar is die blomme onder die water ook aan die blom.

    Liked by 2 people

  2. Sooo interessant met pragtige foto’s Bytjie!! Jy is darm baie bevoorreg om sulke plekke te kan besoek!!! Dit is groot bederf en ek is skoon jaloers!!!! Baie dankie vir die deel van jou besonderse fotografie!!
    Seekastaiings is vir my nog altyd fassinerend en sooo jammer dat hulle so skaars is. As kind het ek baaaie gesien, verskillende groottes en kleure. Die mens moet net alles uitroei…verdomp!!!!!!!

    Liked by 1 person

    1. Ja jy is reg oor die seekastaiings..ons het ook altyd baie gesien!Maar nouja,die mensdom vergader alles wat mooi is en eet alles wat rooi is!Dalk kan jy daaroor dig.
      Dankie vir jou mooi woorde.

      Like

  3. En hier wonder ek hoekom is jy so stil, toe sien ek dit maar net weer ek wat agter die klip was en hierdie mooi possies van jou gemis het.

    Sjoe! Dis darem so pragtig daar Dina en daardie seekastaiing is ‘n work of art hoor! Absoluut perfek! En daardie uitsig en die mooie diere en voëls. Nee kyk, ek sal myself verloor daar hoor.

    Uitstekende foto’s en beskrywing van alles hoor. Dit was nou ‘n heerlike virtuele wegkoms. 😀 ♥

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +