Skok!

Perdeby is baie ontsteld!

My jongste dogter woon in Nelspruit en het Donderdag ‘n prosedure aan albei haar knieë laat doen.Alles het goed verloop en net klein gaatjies is gemaak,waardeur die kraakbeen wat geskeur het reggemaak is.Nadat sy ‘n nag oorgeslaap het,is sy huis toe en my ander dogter karwei haar rond en slaap by haar.

Vanoggend voor sonop,lui ons foon en dis my oudste dogter wat ons meedeel van laasnag se drama.Ek voel nou sommer self siek en geskok!Jongste het nog lekker lê en slaap toe sy skielik wakker word van ‘n vreeslike brandpyn in haar nek en nóg een op haar rug.Sy het gillend opgespring en ander sus was gou by om te hoor wat aangaan.In die bed was ‘n yslike skerpioen!

Gelukkig het altwee kopgehou en die angelgedierte doodgemaak en in ‘n bottel gegooi,waarna hulle hospitaal toe gejaag het.Sy is nou opgeneem vir waarneming,want daar heers kommer oor die gif se uitwerking op haar knieë.

Perreby is sooo gestres……

Advertisements

47 thoughts on “Skok!”

      1. Ag ek is bly!. Ek is en oujaars aand in my gtoot toon gesteek. My ouers het my H F Verwoerd toe geneem(Halfuur se ry) Hul het net n bietjie ingespuit. Op einde was ek allergies vir teenmiddel. Na seker twee ure se wag het ek maar self reggekom. Was ou jaar en ek was nie belangrik genoeg gewees om rerig aandag te kry nie. Was ou wat verdrink het, motorongeluk beseerdes, dronkes, gesteektes. Ek het maar rustig gesit en wag om of erger te word of maar beter. OP end het dr gesê hul moet net dit skoon spuit. Mostert na die maal!

        Liked by 1 person

  1. Gelukkig gaan dit nou goed en sy is ontslaan.Sy sê hy het haar VIER keer gesteek en sy het soos ‘n maer vark geskree!Dit was glo verskriklik seer.Ek is baie lief vir die natuur,maar skerpioene en honderdpote is onderaan my liefdeslysie!😛😬😲

    Like

  2. Jis dis vreeslik! Ek hoop sy is ok?

    Ons het net soveel skerpioene by ons, ons bly op so klipperige bergie-koppie affêre! Ons het al een gevang wat so groot is soos ‘n mayonnaise bottel! Ek sal vanaand die foto soek en vir jou kom opsit.

    Liked by 1 person

    1. Klein knypers,groter angel,is blykbaar die giftiges.Gelukkig sterf min mense daarvan…klein kinders en oumense met swak weerstand kan wel sterf.Dit gaan darem goed met haar en dit lyk nie of sy ernstige probleme oorgehou het nie.

      Liked by 1 person

  3. Van alle gediertes is ek sekerlik die bangste vir ‘n skerpioen! Ek kry sommer koue rillings hier neffens my ruggraat af. Hoop sy (en jy) is nou al oor die skok, maar dis genoeg om ‘n mens nog vir ‘n lang tyd nagmerries te gee.

    Liked by 1 person

  4. Ek is baie bly om te sien en hoor dit gaan beter met haar Dina. ‘n Operasie en dan nog ‘n skerpioen. Nee genade! Ek is elke dag dankbaar vir die aapkinders wat kyk onder die klippe en hul van kant maak. Ek het al gesien dat hul al 2 gekry het onder die klippe. Daai goedjies se steek kan bitter seer brand en baie lank ook. Ons het in Keetmanshoop gebly vir ‘n jaar, so ja, ek ken. 😀

    Sterkte daai kant. ♥

    Liked by 1 person

    1. Hier raak ons maar gewoond aan die ongediertes,want hulle vervul ook ‘n goeie funksie.My dogter maak nou elke aand seker,dat daar nie ‘n ongenooide gas in haar bed is nie!Dankie vir inloer.Ek gaan bietjie daar by jou blog ook kuier.

      Like

  5. Ai Bytjie, hierdie agteros kom ook in(by?) die wa….soo bly jou dogter is ok!!!! Honderpote is vir my ook baie grillerige goed!!! En oorkruipers!!! Ek onthou as kind was hulle altyd in die mielies wanneer my Pa kuilvoer gemaak het. Ons het graag in die vars kuilvoer gespeel. En die kuilvoer toring (vêr dink ek nou terug) was wegkruipplek wanneer ons ‘n stukkie nat biltong op die stoep gesteel het lol met die besem afgestamp!! 😀

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s