








'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
Niks kom by die jagluiperd nie!
van enige aard,maak enige mens se hart sag!
en kyk uit oor die Atlantiese oseaan.Langs die parkeerterrein is ‘n pretpark vol pragtige springkastele,waterglybane en selfs ‘n plastiekdammetjie met trapbootjies,opgeslaan.Heeldag hoor mens die gesuis van die masjiene,wat wind in die speelgoed blaas.Dis nie hinderlik nie en die vrolike gejil van kinders laat haar besef daar’s lewe.
‘n Vrolik-geelgeverfde bus,voltooi die prentjie.Lekker kos word hier verkoop en mense van vele dimensies en afmetings,sit heeltyd onder die wapperende sambrele en wag vir hul lekkernye…natuurlik alles in diepvet gebraai,vol suiker,stysel,druppend van die olie,maar sommer net lekker,want dis vakansie!
‘n Entjie verder staan ‘n blou plastiek kleinhuisie en daarlangs ‘n helderoranje munisipale vullisbak.Die toilet word klokslag elke oggend agtuur deur ‘n rioolwa besoek en die gepirrr van die pomp wat alles uitsuig,laat haar weereens besef hoe agtermekaar die Swakopmundse munisipaliteit hier is.’n Man met plastiekhandskoene en masker,trotseer die walms en steriliseer die gemakshuisie,voordat die lorrie weer wegtrek na sy volgende bestemming.
Skielik ruk haar kop…sien sy reg of is dit werklik twee klein koppies wat bokant die vullisbak se rand uitsteek?Dit vroetel en werskaf daarbinne tussen die stink swart sakke en na tien minute klim twee vuil,verwaarloosde seuntjies uit met hul middagete van een of ander goor gegiste weggooikos, wat hulle uit die vrot maag van die drom opgediep het.
Haar dogter wat die pettalje ook aanskou het,hardloop na die kleingoed en neem hulle na die geel bus,vir hamburgers,tjippies en koeldrank.Die twee wesentjies se neusies is vol snot en dae se vuilgoed en grootoog staan hulle ook en wag by die kosbus,soos al die welgevoede,goedgeklede ander (vr)eters.
Die ironie ontsnap haar nie.Die bus heet “Fork’n Nice”en simboliseer vooruitstrewendheid en welvaart.Vyf meter verder word twee honger kinders verswelg deur vullis,op soek na ‘n kouseltjie om te eet.In die middel van die twee wêrelde,staan ‘n blou toilet.Dis die gelykmaker..almal verkeer daar op dieselfde vlak…selfs die bure se hond pirts elke middag teen daardie blou deur.
Vir baie mense is die lewe allesbehalwe “fork’n nice”!
dat ek bly sou wees om my kombuis weer terug te hê nie!
Die vakansie was heerlik en op ‘n stadium was hier tien dae lank elf grootmense,twee kleuters,een baba en drie lawaaierige keffende Snauchers!
Die spul jongmense het my kombuis oorgeneem,kos gekoop en gekook,skottelgoed gewas,tafel gedek en oral opgeruim.Dit was voorwaar ‘n plesier om sulke gaste te hê.Ek het soos ‘n gas in my eie huis gevoel.Selfs Kersdag het ek nie ‘n vinger verroer nie.Een van die jongmanne het soos wafferse kok die kombuis geannekseer en die hele ete gemaak.My skamele bydrae was om tafel te dek!
Ek weet nie of dit hierdie era se jongmense is en of hierdie klompie ‘n uitsondering was nie,maar die manne was net so betrokke by die bybies en kleuters.Doeke is omgeruil,kleintjies gevoer,gebad,mee gespeel,opgepas terwyl die mammies bietjie slaap…ai dit was lekker om te aanskou!
Ek dwaal nou af…terug na my kombuis…Op ‘n stadium het ek nie meer geweet waar alles is nie.Vreemde hande pak alles op vreemde plekke.Die yskas was permanent tot boordens toe vol en my gewone geordende patroon van die goed pak,het gesneuwel.Groente orals,bakkies oorskietkos,babakos,volroom-,laevet-,vetvrye melk,van bo tot onder gepak,die rakkies in die yskasdeur het die skarniere laat kreun van al die souse.Daar was vetterige bantingkosse,room,maer hoendervleis en groente vir die cholesterollyers…gee enige supermark ‘n druk.Die lekkerste…dit het my nie ‘n sent gekos nie!
Nou is almal weg.Die yskas is leeg en net uieskille,flentertjies biltong,broodkrummels en ‘n paar melerige appels is oor.Ek vat my lappie,begin alles skoonmaak,pak weer die skottelgoed waar dit hoort en bars in trane uit toe ek my kleinseuntjie se vuil vingermerkies van die kasdeure afvee….
kuier by Ouma…
die laaste keer oor 2015…
My stories
Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals
It's Religion, stupid!
Gedachten over Levensstijl Gezondheid en Fotografie
On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....
Myriad memories frozen in time
Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.
'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak
British Wildlife & Photography
Writing - Photography - Lifestyle
potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue
'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.
Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen
Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"
persoonlike blog - cam venter
Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS
Simone Foedrowitz - Naturfotografie +