Sy sit hier op die stoep….

en kyk uit oor die Atlantiese oseaan.Langs die parkeerterrein is ‘n pretpark vol pragtige springkastele,waterglybane en selfs ‘n plastiekdammetjie met trapbootjies,opgeslaan.Heeldag hoor mens die gesuis van die masjiene,wat wind in die speelgoed blaas.Dis nie hinderlik nie en die vrolike gejil van kinders laat haar besef daar’s lewe.

‘n Vrolik-geelgeverfde  bus,voltooi die prentjie.Lekker kos word hier verkoop en mense van vele dimensies en afmetings,sit heeltyd onder die wapperende sambrele en wag vir hul lekkernye…natuurlik alles in diepvet gebraai,vol suiker,stysel,druppend van die olie,maar sommer net lekker,want dis vakansie!

‘n Entjie verder staan ‘n blou plastiek kleinhuisie en daarlangs ‘n helderoranje munisipale vullisbak.Die toilet word klokslag elke oggend agtuur deur ‘n rioolwa besoek en die gepirrr van die pomp wat alles uitsuig,laat haar weereens besef hoe agtermekaar die Swakopmundse munisipaliteit hier is.’n Man met plastiekhandskoene en masker,trotseer die walms en steriliseer die gemakshuisie,voordat die lorrie weer wegtrek na sy volgende bestemming.

Skielik ruk haar kop…sien sy reg of is dit werklik twee klein koppies wat bokant die vullisbak  se rand uitsteek?Dit vroetel en werskaf daarbinne tussen die stink swart sakke en na tien minute klim twee vuil,verwaarloosde seuntjies uit met hul middagete van een of ander goor gegiste weggooikos, wat hulle uit die vrot maag van die drom opgediep het.

Haar dogter wat die pettalje ook aanskou het,hardloop na die kleingoed en neem hulle na die geel bus,vir hamburgers,tjippies en koeldrank.Die twee wesentjies se neusies is vol snot en dae se vuilgoed en grootoog staan hulle ook en wag by die kosbus,soos al die welgevoede,goedgeklede  ander (vr)eters.

Die ironie ontsnap haar nie.Die bus heet “Fork’n Nice”en simboliseer vooruitstrewendheid en welvaart.Vyf meter verder word twee honger kinders verswelg deur vullis,op soek na ‘n kouseltjie om te eet.In die middel van die twee wêrelde,staan ‘n blou toilet.Dis die gelykmaker..almal verkeer daar op dieselfde vlak…selfs die bure se hond pirts elke middag teen daardie blou deur.

Vir baie mense is die lewe allesbehalwe “fork’n nice”!

IMG_1920
Die oranje munisipale vullisbak…soos die foto toon,het meeste van ons tonnelvisie as dit by swaarkry kom.
IMG_1925
Die vrolike geel bus!
IMG_1926
Die pretpark is reg agter en teen N$50,kan kinders heeldag speel.
IMG_1922
Die gelykmaker…die blou kleinhuisie,wat die twee wêrelde op dieselfde vlak plaas.Die springkastele lyk vêr weg,maar dis die visooglens wat die oë bedrieg…Armoede staan styf teenaan welvaart…

 

23 Replies to “Sy sit hier op die stoep….”

    1. Ongelukkig is die verligting net tydelik en is die kinders maar weer honger totdat iemand anders inspring en help.Daardie spreekwoord wat sê,dat jy iemand ‘n vis kan gee om te eet,maar as jy hom leer hoe om dit te vang dan het hy kos vir ‘n leeftyd,is maar alte waar!

      Liked by 2 people

      1. Ongelukkig is dit ja en dis ‘n feit. Ek kry altyd die kinders jammer. Grootmense wat nie dink nie bring hul in die wêreld en dan moet die onskuldige bloedjies daaronder ly. Maak my sommer erg te hel in.

        Liked by 2 people

        1. Dis juis die probleem…hoe armer hoe meer kinders.Navorsing daaroor toon dat die mens se drang om voort te bestaan veral onder armes,baie sterk is,want baie kinders sterf vroeg en dan moet daar meer gebore word….dis blykbaar ‘n instinktiewe ding en ek verstaan dit.Alleenlik opvoeding ,goeie skoling en werkverskaffing kan die probleem oplos.Dis egter so goed mens probeer Tafelberg in die see instoot!

          Liked by 2 people

        2. Iets wat ek nie kan verstaan nie. Watse bestaan voer meeste van sulke kinders op die ou end en veral in vandag se tye. Meeste van die jong mense van vandag kan nie eers werk kry nie. Jy is doodreg.

          Liked by 1 person

  1. Armoede is verschrikkelijk en zou niet mogen bestaan en het probleem dat je vermeldt kan niet zo maar opgelost worden en het zijn altijd de kinderen die er het slachtoffer van zijn.Maar ieder positief ding dat we doen is ook een probleempje minder..probeer er je daar toch aan op te trekken.Mooi geel busje dat warmte uitstrooit.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +