Op eensame geheime paaie..woestynreuse

Ons laaste dag  word ‘n woestynolifantdag.Ons sien ‘n hele trop in die Huabrivier,waarvan ek reeds foto’s geplaas het.

Hier volg nog ‘n paar:

IMG_2638
Ouderdom en swaarkry eis sy tol.
IMG_2610
‘n Intieme kykie in die mond.Olifante kry ses stelle tande in ‘n leeftyd en wanneer die laastes uitgeval het of stomp is,tree ‘n hongerdood in.
IMG_2678
Jong bul.
IMG_2668
Kronkelstert
IMG_2617
Waai met die ore om af te koel.
IMG_2664
Ou gehawende oor.

Op eensame geheime paaie deel 10

Dis ons laaste dag en niemand kon voorspel wat ‘n wonderlike dag dit sou uitdraai nie!

Eerstens ry ons weer na die Huabrivierbedding verby De-Riet,die Riemvasmakers se gehuggie.Later tref ons ‘n hele trop olifante aan en die dag ontaard in ‘n olifantdag!

IMG_0472
Toe ons November verlede jaar hier was,was die gebou nog verwaarloos.Wat ‘n verrassing om dit netjies opgeknap te vind!Dit moes weldoeners gewees het,want die mense hier is brandarm.
IMG_0100
Pragtige kwartsrif tussen ander modder- en rotslae.Party dae wens ek ek was ‘n geoloog,om al die werkinge van die aarde se klippe te verstaan!
IMG_2569
Wat ‘n voorreg om op hierdie paar dae oue woestynolifantjie af te kom!Sy mamma het hom heeltyd weggesteek en ons kon net hier en daar ‘n vinnige kykie na die outjie kry.
IMG_2588
Hy en mamma beweeg na die volgende bos en dis die meeste wat ons van die kleinding kon sien.
IMG_2650
Ons word egter beloon toe ‘n ouer kleinding vervaard agter sy ma aanhardloop.Die outjie het vreeslik getrompetter en klippe opgeskop.
IMG_2651
Gelukkig was my kamera reg vir aksie!
IMG_2621
Ons verwyl ‘n hele ruk tussen hierdie wonderlike diere.
IMG_2634
Ek kry maklike nabyskote.Hierdie is die agterpote van die linkerkantste olifant op die volgende foto.
IMG_2632
Hierdie twee ou tantes het so lank in die bos gestaan,dat ons nooit hul gesigte gesien het nie!
IMG_2704
Sommer net weer een van my visooglensfoto’s,om die barheid van die omgewing aan te dui.

Townshipstories 4

Die nuwe jaar breek aan en Surprise begin sy eerste skooljaar.Die mannetjie lyk te deftig in sy spierwit nuwe skoolhempie en grys langbroek.Sy gesiggie blink van opgewondenheid en in sy rugsak is ‘n splinternuwe kosblikkie met lekker toebroodjies,wat Gogo(ouma)vanoggend vir hom ingepak het.

Hy klou styf aan Gogo se hand terwyl hulle skool toe stap.Van oraloor swerm kinders soos miere by die skoolhek in.Sy ogies word al hoe groter,maar hy gooi manmoedig’n spierwit onseker glimlaggie vir sy ouma toe die onderwyseres hom wegneem.

Die eerste dag is verskriklik chaoties,want honderde kinders wat nie vroegtydig ingeskryf het nie,daag by die skool op…uniforms klaar gekoop.Al is daar nie plek vir ‘n muis nie,dwing die laatslapers dat hul bloedjies ingeneem word!Surprise verdwyn in die massa en die leerkragte spook om orde te handhaaf.

Intussen reël Gogo,dat ‘n taxibestuurder die volgende dag vir Surprise skool toe en terug vervoer.Die aand,kry sy nie veel uit die kind oor die eerste skooldag nie.Die outjie is redelik oorweldig en val pootuit in die bed.

Die tweede dag breek aan en laatmiddag na werk kom Gogo tuis en tref ‘n smerige Surprise aan.Sy spierwit skoolhemp is vol stof en die eens blink gepoetste skoene lyk of hy daarmee klippe geskop het.Sy gesig en hande is asvaal en die langbroek is stekelrig van die klitsgras!Sy probeer agterkom wat gebeur het,maar die mannetjie is kwaai ontwykend.

Die volgende oggend wag sy vir die taxibestuurder om by hom te hoor wat aangaan.Ewe verleë laat hy val,dat hy die kind by die verkeerde skool afgelaai het!Sy kry amper die piep en met moeite trek sy die storie uit Surprise uit.Hy het toe maar daar by die ander skool rondgehang.Niemand het eers agtergekom dat die kind verlore is nie.Dáár was dit net so chaoties en die oorweldigde personeel het nie eers die verdwaalde skapie raakgesien nie.

Die knapie het toe speel-speel huis toe gestap en natuurlik sy skoene en klere bevark in die proses.Tot vandag toe weet net hy waar hy gespeel het en hoe hy die pad huis toe gevind het!

NS. As jy dalk nie die verhaal voorheen gevolg het nie,lees Surprise se storie hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/04/die-storie-begin-so/  en hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/05/die-storie-gaan-verder/  en hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/06/die-storie-gaan-nog-verder  en hier:https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/07/die-storie-gaan-nog-verder-en-verder-en/ en ten slotte hier:  https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/07/die-storie-eindig-so/

 

Townshipstories 3

Uiteindelik is haar huis klaar gebou.Die eerste reëns val en in die agterplaas dam die water verskriklik op teen die tuinmuur.By nadere ondersoek sien sy dat die dreineringsgat,wat volgens bouregulasies daar moet wees,toegestop is.Sy maak gou die gat oop en hoera!..die water stroom uit aan die anderkant bultaf reguit straat toe.

Met die volgende reënbui,styg die water so hoog op,dat sy bevrees is dat haar huisie gaan oorstroom.Met ‘n swart sak oor haar kop,trotseer sy die storm en probeer die gat oopmaak.Dis solied toegestop met ‘n bol sement!Nou is dit net wens dat die reën ophou,anders is alles onder water.

Later stap sy ewe gemoedelik oor na die buurvrou om die sakie van die verstopte gat uit te pluis.Buurvrou is suur en ongeskik en sê dat sy nie die water deur haar erf wil hê nie.Maak nie saak hoe sy probeer mooipraat en verduidelik nie.Die water loop nie naby buurvrou se huis nie,ook reg langs die muur straat toe.Dus word niemand benadeel nie.

Ê-êê wêna..die tante staan vas soos die bol sement wat sy in die gat gedruk het!Wat daarvan as ek op my eie koste ‘n pyp onder die grond insit aan jou kant,stel sy voor aan die mamma.Skielik gaan die antie ‘n groentetuin daar aanlê en die pyp gaan pla.Die laaste sewe jaar is daar nog nie eers ‘n grassprietjie op daai erf geplant nie!

Buurmama is onversetlik en stuur haar in haar peetjie in.Sy is woedend,maar niks help nie.Sy en die kinders probeer nou om met pik en graaf,die helling van haar erf anderkant toe te maak.Dis net so goed jy probeer ‘n berg verskuif.Sy gooi maar handdoek in en kou naels elke keer wanneer dit reën.

Gemene buurvrou plaas nou permanent haar oorvol stink asblik,wat altyd vêrweg onder ‘n boom gestaan het,reg langs die muur.Die stink walms van haar deksellose gemorsblik stoot elke dag in hulle huisie in.Die ou heks sit eers elke tweede week die vuilgoed uit vir die munisipale vragmotor.Intussen kan die vuilis lekker gis en borrel…alles jaloesie oor die nuutgeboude huis!

 

Townshipstories 2

Die Desembervakansie breek aan.Lang witwarm somerdae tril in die hittegolf wat Suid-Afrika vasklem.Sy en haar gesin sit luilekker op draadstoele in hul agterplaas.Dis te warm om veel te beweeg.Selfs die vlieë sirkel stadig in die rondte,of sit net vasgeplak op een plek.

Verbeel sy haar,of is daar ‘n klankie in die lug?Sy lig haar brandende gesig effens en snuif- snuif boontoe.Iets is beslis nie reg nie…kort-kort is daar ‘n walm wat die warm,dik somerlug omkarring.Nou ruik almal dit en een vir een vlug hulle binnetoe en begin vensters toemaak.

Baie keer is daar maar reuke,veral in so ‘n township waar mense onhigiënies saamgebondel is.Jy knyp maar neus toe en hoop die vlieë en brommers doen vinnig hulle werk.Dis nou waar hierdie pestilensies handig te pas kom…hulle ruim verrottende goed,baie gou op!

Die walm begin naderhand hard praat en dring deur elke krakie en gaatjie haar huis binne.Almal voel naar en proe selfs die walglike reuk agter in die keel.A-nee-a,so kan dit nie aangaan nie!Sy is reeds suspisieus dat die bron van kwaad,in die veld langs haar huis wegkruip.Sy loer oor die muur en ja-nee,nes sy gedink het..iemand het alweer onwettig sy vullissakke daar kom neergooi!

Dis ‘n ou storie,wat haar al baie kopseer veroorsaak het.Die munisipaliteit kom gereeld met ‘n groot vragmotor om daar skoon te maak.Daar is al selfs ‘n bordjie opgesit met dreigemente van boetes.Dié word sommer al die eerste week gesteel en dien iewers as stutpaal vir ‘n sinkmakoekoe.Dis nou nie asof daar nie weekliks vullisverwydering plaasvind nie en nogal gratis en verniet!

Teen dag twee is dit heeltemal ondraaglik en dit help nie eers meer om kerse te brand of iets te spuit nie.Pikswart wolke vlieë en brommers zzzzz die hele huis vol!Desembermaand is niemand beskikbaar om dienste te lewer nie en sy besluit om eiehandig die sakke te gaan optel en iewers vêr weg te gooi.

Sy en seunskind,gemasker met sakdoeke om hul monde,saag die veld in met ‘n kruiwa en graaf.Skok der skokke!Die sakke is vol velle,bene en stukke afvalvleis van geslagte beeste!Hulle steun en kreun en beur om die swaar liggaamsdele op die kruiwa te kry.Intussen sluk hulle swaar aan die naarheid wat in hul kele opstoot.

Uiteindelik slaag hulle daarin om een sak te lig en ‘n entjie verder te gaan gooi.Sy het dit nog oorweeg om die sak in haar asblik te stoor,maar die walglikheid van die vonds,laat daardie plan summier in die lug in opwalm.Die ander sak is so swaar,dat hulle gou besef dis ‘n onbegonne taak!

Vier weke lank asem hulle die geur van selfsugtige,onnadenkende,onopgevoede,selfgesentreerde mense se dade in!Die brommers en maaiers doen uiteindelik hulle werk klaar,maar dit was ‘n lang,ongeurige,verstikkende somer”vakansie”!

Op eensame geheime paaie deel 9

Na die piekniek ry ons met die hoofpad (goedgeskraapte gruispad) tot by Palmwag.Dis een van die min plekke waar mens brandstof kan kry en ons maak hier tenkvol.Die pompjoggie werk al jare hier en hy is altyd effe aangeklam.Ek neem hom nie kwalik nie,want dis ‘n dodelike warm bult waarop hy woon en sy lewe is bitter saai!

Twee jaar terug toe ons hier verby is,was daar darem nog ‘n boom.Nou het dit plek gemaak vir ‘n sinkafdakkie waar mense wag vir ‘n oplaai.Natuurlik steel ek ‘n paar foto’s van die toneeltjie in die bloedige middagson:

IMG_0399
Palmwag se petrolstasie…silwerskoon toilette links,mense wat wag vir wie weet wat,’n moedelose ou wat sit op ‘n stoel,’n satellietskottel,’n verfloiingde voëlnes wat onder die huisie se dak uitsteek en ‘n afgeleefde vragmotor in die agtergrond.
IMG_0400
Ek zoom in..daar is ‘n hond onder die bankie,’n kinderfietsie,’n emmer en ‘n beker met ‘n lepel in,’n groot klip links op die bankie.
IMG_2511
Nog nader…my lang lens vang die outjie besig met ‘n selfoon.’n Paar minute later dans hy dat die stof staan met musiek wat hy uit die foon optower!Sy bekertjie en lepel is nou mooi sigbaar.
IMG_2507
Die geboutjie staan langs die huisie met die satellietskottel.Blykbaar huisves dit die kragopwekker,maar vir my is dit ‘n siniese verwysing na die petroljoggie wat jaar in en jaar uit hier voortslaaf !Armbandjies en krale hang aan ‘n dwarslat wat op twee mikstokke rus.
IMG_2523
Naby Vrede draai ons in die Huabrivierbedding in.
IMG_0447
Laatmiddag slaan ons vir die laaste keer tent op.Reg voor ons tent is die geheimsinnige spore van ‘n woestynolifant.Ons weet hulle is naby,maar dit moet wag tot môre,want ons is poegaai!
IMG_0437
Ons kampplek op ‘n eensame vlakte.
IMG_2554
Ek speel bietjie met die visooglens ..vuurmaakplek links en tent regs.Dit gee die gevoel van ‘n verlate aardbol…en wás dit nou verlate!

 

Townshipstories

Die bouwerk aan haar huisie vorder goed.Dae lank leef sy en haar gesin met die oop gate waar vensterruite nog ingesit moet word.Daar is ook nog geen plafon nie en bedags bak die somerson die dak kokend warm.Binne is die temperatuur versmorend.

Een oggend word hulle al hoesende wakker met verstikkende rookdampe in hul longe.By nadere ondersoek besef sy dis die rook van ‘n konka,amper reg onder haar kamervenster.Sy sug van verligting,dat dit nie haar huis is wat in vlamme opgaan nie.Sy sien dis een van die townshipmammas,wat mielies gaarmaak vir die taxipassasiers,wat op die hoek wag vir ‘n geleentheid.

Eers laat sy dit daar,want sy reken dis ‘n eenmalige gebeurtenis.Soos die week egter vorder,word dit net al erger en haar parmantige suster konfronteer die konkamieliekokendemamma.Die fris tante plant uitdagend haar hande op dikke heupe en skel vir sussie tot by oom Daantjie in die kalwerhok!Suster is nie links nie en gou ontaard dit in ‘n woeste bekgeveg.

Die konkatante waggel later straataf en kom terug met drie groot Zoeloes aan haar flanke.Hulle loop en kneukels kraak en blink spiere rol en pof onder styfgespande t-hemde.Sy kry hoendervleis van vrees,want mens sukkel nie met ‘n Zoeloe nie,veral nie as jy ‘n Pedi is nie!

Teen haar verwagting in,luister die mans aandagtig na beide kante van die storie en kies sowaar haar en sussie se kant.Haar persepsie van Zoeloes,word net daar nek ingeslaan.

Druipstert vat dikmamma haar rokende konka en gaan maak die kontrepsie staan by haar eie huis….eishh!