Op eensame geheime paaie deel 1

Ek is pas terug van nog ‘n epiese reis.Ons het weereens Damaraland, in Namibië,verder gaan verken.Ons het saam met ons vriend, wat ‘n  gids is,na nuwe paaie gaan soek.Dit was ‘n ongelooflike ervaring.

Saam het ons die bekende roetes aangepak en vandaar die onbekende ingegaan.Ons het paaie gery waar bitter min mense kom.Vir ses dae lank het ons letterlik in die niet verdwyn.Dit was ROF,ROF!

Ek gaan nie skryf presies waar ons was nie,want dis geheime roetes wat net aan natuurbewaarders bekend is.Dis in elk geval so ver en woes,dat dit lang en fyn beplanning verg om so ‘n tog aan te pak.Verder moet jy ervare wees en weet wat jy doen.In hierdie opsig is ons vriend ‘n perfekte persoon om mee saam te gaan.Hy ken omtrent elke klip in Namibië!

Natuurlik het my kamera gekliek en gekliek en ek het letterlik oor ‘n duisend foto’s geneem.In die volgende aflewerings sal ek meestal net foto’s plaas.

Leun terug en geniet die reis saam met my!

IMG_0008
Ry al langs die Skedelkus tot bo by Torrabaai vanwaar ons by Springbokwasser die park verlaat en ooswaarts koers kry.
IMG_0013
Op ‘n hoogte onder ‘n boom is hierdie eensame kruis.
IMG_0012
Tragedie is altyd met ons…Ombidi Mex…waarskynlik oorlede in ‘n motorongeluk op 24/1/2015
IMG_0017
Dopsteekhoogte..waar die manne van Kamanjab gewoonlik begin dopsteek…want die viswaters is nie meer ver nie!
IMG_0015
Uitsig vanaf Dopsteekhoogte.
IMG_0021
Toneel langs die pad.

 

Advertisements

26 thoughts on “Op eensame geheime paaie deel 1”

  1. Ai, jou reis lê my na aan die hart. Daardie eensame kruis het sekerlik ‘n diep storie agter aan. ‘Ombidi’ beteken direk vertaal “klaar geeët” in Oshiwambo. Ek wonder hoe die manne daardie ‘Dop seek’ so hoog op teen die rots geskrywe gekry het- nog ‘n ander storie 🙂 Namibië kry reën, hoe lekker lê die water in die pan. Als word oornag groen – net ‘n prentjie! Ek kom sommer weer en weer jou kiekies kyk.

    Liked by 1 person

    1. Toe ons Sondag terug gery het,het dit oral om ons begin reën.Dit was wonderlik om al die storms op daardie kale vlakters te sien uitsak!
      Dis vrek hoog teen daardie rotswand…dalk het die ouens met ‘n tou aan die rotse gehang om dit te verf.
      Ombidi maak nogal sin.Weet jy dalk wat Mex beteken,of dink jy dis ‘n persoon se naam en van?

      Liked by 1 person

    1. Ek wonder ook…dis ‘n redelike vars kruis en die datum is verlede Januarie.Miskien iemand wat in ‘n ongeluk dood is.Dis altyd so hartseer om op sulke verlate plekke kruise te kry.Dan wonder mens oor die eensame sterwensuur van die persoon.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s