Op eensame geheime paaie deel 6

Op die vierde dag ry ons na die dorpie Sesfontein.Dit is die hoofdorpie in die Kunene Distrik en het ‘n inwonertal van 7,358 mense.Daar is ses fonteine wat in die omgewing ontspring,vandaar die naam.

Dis ‘n baie klein dorpie en die hoofstraat lewer ‘n paar interessante plekke op:

IMG_0202
Haarkapper …Ys word oral verkoop,maar die gesoute toeris sal liewer nie hiervan gebruik maak nie.Katteskiet en hardloop is ‘n gegewe!
IMG_0201
Wrak van ‘n bakkie wat gerol het!
IMG_0211
Dit was op die middaghitte en die winkeltjie was gesluit.
IMG_0198
Die Sjinese is oral,maar in hierdie geval is dit ‘n plaaslike inwoner wat gedink het ,dat die naam aanloklik klink.
IMG_0212
Die kroeg was oop,maar nie ‘n enkele siel was in sig nie.Hopelik sink dit nie die besigheid nie!
IMG_0204
Die welbekende Fort Sesfontein is die spoggerigste gebou in die dorpie.Dis in 1896 deur die Duitsers gebou en het gedien as ‘n blyplek vir soldate wat veesiektes,onwettige jag en wapensmokkelary moes monitor.In 1914 het dit heeltemal verval,maar na honderd jaar is dit gerestoureer en dien dit as blyplek vir besoekers.
IMG_0214
Warmquelle is net ‘n entjie van Sesfontein af en hier draai mens af na een van die fonteine in die omgewing.
IMG_0255
Oppad na die fontein kom ons op hierdie Himbakindertjies af.Klippe  skrik geen kaalvoet- kindjie af nie!
IMG_0224
Langs die pad is hierdie opelug kindertuin.Onder die boom is klippe om te sit en dis DIT!
IMG_2332
Bokke drink water uit een van die fonteine wat sommer so uit die berg borrel.
IMG_0218
Nog steeds oppad na die fontein…Herero- vrouens met hul kleurvolle drag.Hereros en Himbas is dieselfde bevolkingsgroep.Die Hereros is verwesters terwyl die Himbas nog baie tradisioneel leef.
IMG_0226
Uiteindelik..die Ongongofontein!Teen hierdie tyd is ons moeg en warm en regtig vuil na vier dae sonder ‘n behoorlike was!
IMG_0231
Wat ‘n verrassing…helder water borrel uit die berg en dis so skoon,mens kan tot op die bodem sien.Daar is bietjie alge,maar niks gaan ons afskrik nie!
IMG_0242_edited-1
Perdeby maak lyf nat..klere en al!Die water is heerlik warm en dis die saligste gevoel om daar rond te dryf.Die klere was natuurlik binne ‘n halfuur droog.want dit was versengend warm.

 

 

36 Replies to “Op eensame geheime paaie deel 6”

  1. Daardie mense gaan beslis nie omkom van stres nie, en as jy skoon water het wat meer wil jy hĂª behalwe ‘n stukkie brood in bokmelk gedoop. Wat wel vir my totaal onverstaanbaar is, hoe op aarde hou daardie vrouens dit in die hitte met daardie meters en meters materiaal wat hulle om hulle dra…

    Liked by 1 person

  2. Nou weet ons hoe die perdeby ook lyk! đŸ™‚
    Ai, NamibiĂ« het darem net ‘n bekoring van sy eie. Ek hou van die aardsheid, die iets wat uit niks geskep word, die eenvoud. Ek dink ek sal daar kan aard. Wonder darem tog.

    Liked by 1 person

  3. Ek moes lag vir die ‘black china shop’. Baie oorspronklik. Jy het sulke pragfoto’s geneem en dit lyk regtig lekker in die koel water. Alge is maar deel van die natuur, so ja, dit sou my ook nie afgeskrik het nie.

    Liked by 1 person

    1. Dit was bietjie verwarrend,maar die ontvangs was links en nadat jy onder ‘n boom jou geldjies betaal het en ‘n kwitansie ontvang het,ry jy weer terug en gaan regs na die kampterrein en die fontein.Daar is primitiewe toilette en ‘n stort,wat so warm was,dat ek amper verbrand het…het maar liewer in die fontein “gebad”!

      Liked by 1 person

  4. Ek was nog nie by Sesfontein nie, ek geniet jou foto’s en vertellings vreeslik, dankie. Daai water lyk heerlik koel. Die klein afgesonderde geboutjies herinner my aan die winkeltjie by Solitaire. Ek was omtrent in 1991 laas daar so ek weet nie of dit nog bestaan nie.

    Liked by 1 person

    1. Solitaire bestaan nog steeds…dis ‘n bekende baken,wat deur elke reisiger in NamibiĂ« besoek word.Die dorpie is onlangs deur ‘n Amerikaner gekoop en opgeknap.Maar dit behou die eiesoortige karakter.Net hartseer dat die legende Moose McGregor oorlede is.Hy was die bakker op Solitaire en oraloor bekend.
      Sesfontein is verskriklik vĂªr noord en dit vat nogal ‘n lang reis om daar uit te kom.

      Liked by 1 person

        1. Mens moet nooit probeer om die hele Namibië op een toer deur te reis nie.Doen eers die suide tot by Sossusvlei en Solitaire.Later die sentrale deel en laaste die noorde.Die wilde toere weg van die toeristepaaie,pak jy nooit alleen aan nie!

          Liked by 1 person

        2. Ja en ons werk met tydsbeperkings ook (en wil graag ook by familie kuier in ons tyd daar), so ons meet en pas maar hoe en waar ons kan toer. Die laaste twee keer was dit hoofsaaklik sentraal insluitende Etosha en natuurlik Gobabis waar ons familie is.

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂªreld, vir die wĂªreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂª:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +