Op eensame geheime paaie deel 7

Nadat ons in die wonderlike fontein geswem het en lekker onder die bome uitgespan het,vat ons weer die langpad.Hierdie keer na ander geheime paaie.Die dae is vreeslik lank en ons ry maklik tien ure op ‘n dag,rustye ingesluit.Die son gaan eers agtuur onder en dan is daar nog tot halfnege genoeg lig.

IMG_2375
Langs die pad sien ons hierdie wilde warrelwind.
_MG_8270
Ons ry alweer teen ‘n woeste berghang uit en ek oorweeg dit amper om liewer agter die voertuig aan te loop!
_MG_8276
Gelukkig is die pad nou weer afdraand,maar klipperig!
IMG_0272
Wat hierdie erge pad die moeite werd maak,is hierdie pragtige bottelboom.Pachypodium lealii groei in rotsagtige gebiede en word medisinaal aangewend aan wonde en vir oorinfeksie.
IMG_2385
Selfs die honde kry swaar hier.Hierdie een het mank en kruppel,in die wasige hitte agter sy maat aangesukkel.
IMG_2382
Honde word nie baie respekvol behandel nie en moet self kos en water soek.Dit gee nuwe betekenis aan “lae hond” en dit breek my hart om te sien hoe hierdie diere mishandel word!
_MG_8283
Laatmiddag kom ons verby ‘n suiping en beeste,skape en bokke drom hier saam.
IMG_0285
Ons slaan kamp op tussen Mopaniebome op ‘n dor vlakte.
IMG_0281
Hierdie Himba veewagter kom op sy donkie verby en smeek ons vir bietjie water.
IMG_0283
Dankbaar galop hy in ‘n stofwolk weg die skemeraand in.
IMG_0330
Waar ons kamp,vind ek interessante dinge,soos hierdie bokspoorspinnekop (SEOTHYRA)se nes in die klipperige sand.Dit lyk soos die spoor van ‘n bok en hierdie spinnekoppe kom net in Suider-Afrika voor.
IMG_0327
Ons was ooggetuie van die dood van hierdie skerpioen.’n Massiewe swart skerpioen het hom gevang en gesteek.Ongelukkig het ek nie my kamera byderhand gehad nie en die volgende dag het ek die ongelukkige prooi netjies uitgelê en gefotografeer.Toevallig was daar ‘n klein springspinnekoppie ook op die toneel.Hierdie foto is spesiaal vir Sonel,ons spinnekopliefhebber!
Advertisements

33 thoughts on “Op eensame geheime paaie deel 7”

  1. Weereens sulke pragfoto’s van al die mooi! Dit lyk asof julle so lekker gekuier het. 😀

    Ja, dit maak my ook baie hartseer as ek sulke verwaarloosde honde sien. Dis darem so wreed en ek voel hul verdien baie beslis beter. Siestog.

    Ek moes nou gou eers gaan Google het oor die Bokspoor spinnekop. Wat ‘n mooie dingetjie! Lyk amper soos die Velvet spider wat hier voorkom. Ek is bly ek kon dit sien. 😀

    Die arme skerpioentjie en dit was so pragtig! Kyk die mooi kleure en natuurlik moes springspinnekoppie ook inloer. LOL! Baie dankie dat jy aan my gedink het. Dis baie dierbaar van jou. ♥

    Liked by 1 person

  2. Dankie Sonel…ek het spesiaal aan jou gedink,want ek weet jy is baie hartseer oor jou hondjie.Dit was ‘n pragtige blog wat jy oor hom gedoen het!Wanneer mens jou toewyding aan jou hond vergelyk met hierdie arme diere,kan ek nie verstaan hoe daar so ‘n verskil in kulture kan wees nie.Hulle vrek oor hul beeste,maar ‘n hond is sommer ‘n vieslike ding.Ek het met my eie oë gesien hoe ‘n klein knapie,seker so drie jaar..twee parende honde met ‘n stok slaan.Ek ril nou nog!

    Like

  3. Wat een reis was dat.Meer dan avontuurlijk.Niet te begrijpen dat jullie op die massa stenen kunnen rijden.Dat zal niet zonder gevaar zijn.De laatste foto van de schorpioen is top en wat een prachtige kleuren heeft dat gevaarlijk beest.

    Liked by 1 person

    1. Dit is baie gevaarlik en daar is spesiale bande op die voertuig plus twee spaarwiele.Gelukkig is die persoon saam met wie ons gegaan het,baie versigtig en ervare en ons het nie eers een pap wiel gehad nie!
      Ek is maar skrikkerig vir die skerpioene…hier is grotes en lelikes.

      Like

  4. Og, daar die pragtige boom. Mens kan nie dink dat hy in daardie klipperige en droë omstandighede so kan groei nie. Die skerpioen het ‘n besonderse kleur. Ek is meer bekend met die bruines en swartes (Namakwaland) – laasgenoemde het ons kapkarre genoem en dit was vir my onnutsige broers ‘n heerlike tydverdryf om te kyk hoe hulle veg. Weer eens uitstaande fotos.

    Liked by 1 person

  5. Maggies maar dis mooi wêreld! Ek was nog nooit daar nie, moet moet moet plan maak! Dalk kan ek sommer bietjie die honde daar help, dis darem maar hartseer om hulle te sien so uitgelewer 😦 Dankie dat jy hulle afgeneem het, mens mag nie wegkyk of hulle vergeet nie x

    (ek volg jou blog maar kry nooit e-pos kennisgewings daarvan nie, so ek mis dit heeltyd! moet dit regmaak)

    Like

  6. As jy moeg word vir my wat sê pragtige fotos…. jammer….. maar die fotos is so besonders. Vir daardie pad, en skerpioen sê ek net “liewe Moses vrou, ek toer eerder saam julle so sit, sit op my relaxer. Dankie!!!,

    Liked by 1 person

  7. Wat ‘n voorreg om so foto-foto saam te toer!!!!! Die army tentjie lyk so bekend. Toe my eerste man nog gelewe het, het ons paar keer so ‘n tentjie geleen by vriende. Die vloer help baie dat daar nie sand ingetrap word nie en die tente is ook heeltemal waterdig wanneer dit reën. Mens moet dan net nie aan die ‘mure’ vat nie, snaaks genoeg, daar waar mens geraak het, syfer die nattigheid dan deur.
    Jy laat my nou met heimweë dink dat ek eens op ‘n tyd gedink het ek gaan ok so op my oudag saam my man rondtoer en als sien wat ek nog nie gesien het nie…..nou is ek alleen en het nie meer sulke vooruitsigte nie. Daarom geniet ek my en Wolfie se uitstappies in die Natuur so vreeslik baie en wens ons kon dit meer doen xx

    Like

    1. Ai Hanneliese,mens weet ongelukkig nooit hoe mens se lewe gaan verloop nie.Ek en my man is so gelukkig om nog gesond en fiks te wees en ons gryp elke oomblik aan om avonture aan te pak.Ek is bly jy en Wolfie kan dit doen.Hy klink na die regte mens wat die wonder van die natuur saam met jou kan geniet!

      Liked by 1 person

      1. Ek is bly vir julle!!! Mens moet elke oomblik saam aangryp en voluit dans, asof dit jou laaste dans saam is!!! Wolfie is ja!!! Ek is sooo bevoorreg om soveel met hom te kan deel en ons deel die mooiste wonderlikste vriendskap wat min mense ervaar…dis ‘n diep siels konneksie wat ek glo verder strek as wat ons besef 😉

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s