Op eensame geheime paaie deel 7

Nadat ons in die wonderlike fontein geswem het en lekker onder die bome uitgespan het,vat ons weer die langpad.Hierdie keer na ander geheime paaie.Die dae is vreeslik lank en ons ry maklik tien ure op ‘n dag,rustye ingesluit.Die son gaan eers agtuur onder en dan is daar nog tot halfnege genoeg lig.

IMG_2375
Langs die pad sien ons hierdie wilde warrelwind.
_MG_8270
Ons ry alweer teen ‘n woeste berghang uit en ek oorweeg dit amper om liewer agter die voertuig aan te loop!
_MG_8276
Gelukkig is die pad nou weer afdraand,maar klipperig!
IMG_0272
Wat hierdie erge pad die moeite werd maak,is hierdie pragtige bottelboom.Pachypodium lealiiĀ groei in rotsagtige gebiede en word medisinaal aangewend aan wonde en vir oorinfeksie.
IMG_2385
Selfs die honde kry swaar hier.Hierdie een het mank en kruppel,in die wasige hitte agter sy maat aangesukkel.
IMG_2382
Honde word nie baie respekvol behandel nie en moet self kos en water soek.Dit gee nuwe betekenis aan “lae hond” en dit breek my hart om te sien hoe hierdie diere mishandel word!
_MG_8283
Laatmiddag kom ons verby ‘n suiping en beeste,skape en bokke drom hier saam.
IMG_0285
Ons slaan kamp op tussen Mopaniebome op ‘n dor vlakte.
IMG_0281
Hierdie Himba veewagter kom op sy donkie verby en smeek ons vir bietjie water.
IMG_0283
Dankbaar galop hy in ‘n stofwolk weg die skemeraand in.
IMG_0330
Waar ons kamp,vind ek interessante dinge,soos hierdie bokspoorspinnekop (SEOTHYRA)se nes in die klipperige sand.Dit lyk soos die spoor van ‘n bok en hierdie spinnekoppe kom net in Suider-Afrika voor.
IMG_0327
Ons was ooggetuie van die dood van hierdie skerpioen.’n Massiewe swart skerpioen het hom gevang en gesteek.Ongelukkig het ek nie my kamera byderhand gehad nie en die volgende dag het ek die ongelukkige prooi netjies uitgelĆŖ en gefotografeer.Toevallig was daar ‘n klein springspinnekoppie ook op die toneel.Hierdie foto is spesiaal vir Sonel,ons spinnekopliefhebber!

33 Replies to “Op eensame geheime paaie deel 7”

  1. Weereens sulke pragfoto’s van al die mooi! Dit lyk asof julle so lekker gekuier het. šŸ˜€

    Ja, dit maak my ook baie hartseer as ek sulke verwaarloosde honde sien. Dis darem so wreed en ek voel hul verdien baie beslis beter. Siestog.

    Ek moes nou gou eers gaan Google het oor die Bokspoor spinnekop. Wat ‘n mooie dingetjie! Lyk amper soos die Velvet spider wat hier voorkom. Ek is bly ek kon dit sien. šŸ˜€

    Die arme skerpioentjie en dit was so pragtig! Kyk die mooi kleure en natuurlik moes springspinnekoppie ook inloer. LOL! Baie dankie dat jy aan my gedink het. Dis baie dierbaar van jou. ā™„

    Liked by 1 person

  2. Dankie Sonel…ek het spesiaal aan jou gedink,want ek weet jy is baie hartseer oor jou hondjie.Dit was ‘n pragtige blog wat jy oor hom gedoen het!Wanneer mens jou toewyding aan jou hond vergelyk met hierdie arme diere,kan ek nie verstaan hoe daar so ‘n verskil in kulture kan wees nie.Hulle vrek oor hul beeste,maar ‘n hond is sommer ‘n vieslike ding.Ek het met my eie oĆ« gesien hoe ‘n klein knapie,seker so drie jaar..twee parende honde met ‘n stok slaan.Ek ril nou nog!

    Like

  3. Wat een reis was dat.Meer dan avontuurlijk.Niet te begrijpen dat jullie op die massa stenen kunnen rijden.Dat zal niet zonder gevaar zijn.De laatste foto van de schorpioen is top en wat een prachtige kleuren heeft dat gevaarlijk beest.

    Liked by 1 person

    1. Dit is baie gevaarlik en daar is spesiale bande op die voertuig plus twee spaarwiele.Gelukkig is die persoon saam met wie ons gegaan het,baie versigtig en ervare en ons het nie eers een pap wiel gehad nie!
      Ek is maar skrikkerig vir die skerpioene…hier is grotes en lelikes.

      Like

  4. Og, daar die pragtige boom. Mens kan nie dink dat hy in daardie klipperige en droĆ« omstandighede so kan groei nie. Die skerpioen het ‘n besonderse kleur. Ek is meer bekend met die bruines en swartes (Namakwaland) – laasgenoemde het ons kapkarre genoem en dit was vir my onnutsige broers ‘n heerlike tydverdryf om te kyk hoe hulle veg. Weer eens uitstaande fotos.

    Liked by 1 person

  5. Maggies maar dis mooi wĆŖreld! Ek was nog nooit daar nie, moet moet moet plan maak! Dalk kan ek sommer bietjie die honde daar help, dis darem maar hartseer om hulle te sien so uitgelewer šŸ˜¦ Dankie dat jy hulle afgeneem het, mens mag nie wegkyk of hulle vergeet nie x

    (ek volg jou blog maar kry nooit e-pos kennisgewings daarvan nie, so ek mis dit heeltyd! moet dit regmaak)

    Like

  6. As jy moeg word vir my wat sĆŖ pragtige fotos…. jammer….. maar die fotos is so besonders. Vir daardie pad, en skerpioen sĆŖ ek net “liewe Moses vrou, ek toer eerder saam julle so sit, sit op my relaxer. Dankie!!!,

    Liked by 1 person

  7. Wat ‘n voorreg om so foto-foto saam te toer!!!!! Die army tentjie lyk so bekend. Toe my eerste man nog gelewe het, het ons paar keer so ‘n tentjie geleen by vriende. Die vloer help baie dat daar nie sand ingetrap word nie en die tente is ook heeltemal waterdig wanneer dit reĆ«n. Mens moet dan net nie aan die ‘mure’ vat nie, snaaks genoeg, daar waar mens geraak het, syfer die nattigheid dan deur.
    Jy laat my nou met heimweĆ« dink dat ek eens op ‘n tyd gedink het ek gaan ok so op my oudag saam my man rondtoer en als sien wat ek nog nie gesien het nie…..nou is ek alleen en het nie meer sulke vooruitsigte nie. Daarom geniet ek my en Wolfie se uitstappies in die Natuur so vreeslik baie en wens ons kon dit meer doen xx

    Like

    1. Ai Hanneliese,mens weet ongelukkig nooit hoe mens se lewe gaan verloop nie.Ek en my man is so gelukkig om nog gesond en fiks te wees en ons gryp elke oomblik aan om avonture aan te pak.Ek is bly jy en Wolfie kan dit doen.Hy klink na die regte mens wat die wonder van die natuur saam met jou kan geniet!

      Liked by 1 person

      1. Ek is bly vir julle!!! Mens moet elke oomblik saam aangryp en voluit dans, asof dit jou laaste dans saam is!!! Wolfie is ja!!! Ek is sooo bevoorreg om soveel met hom te kan deel en ons deel die mooiste wonderlikste vriendskap wat min mense ervaar…dis ‘n diep siels konneksie wat ek glo verder strek as wat ons besef šŸ˜‰

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĆŖreld, vir die wĆŖreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĆŖ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +