Op eensame geheime paaie deel 8

Ons ry vroeg die volgende dag in ‘n pragtige vlakte.Dis bitter droog en daar is min gras.Tog is daar ‘n troppie springbokke wat die klein grassprietjies afvreet.Wanneer hierdie area reën gehad het is hier glo duisende diere en dit word ook die Klein Serengeti genoem,omdat dit lyk soos in die regte Serengeti in Tanzanië.

Voor ons in nog ‘n rivierbedding verdwyn,sien ons ‘n paar interessante dinge:

IMG_2396
Springbokke wat vrolik opspring!
IMG_2456
Pragtige knoetserige stam van ‘n ou Kameeldoringboom.
_MG_8300
Hierdie rivier het ontsettende hoë walle en die troppie springbokke loop tot waar hulle kan uitklim.Intussen soek hulle groenigheid hier.
IMG_2429
Heerlike verrassing..’n Olyfbyvreter!Dis ‘n eerste vir ons.Hierdie byvreter is ‘n intra-Afrika trekvoël wat broei in Noord Namibië en Angola en dan noordwaarts migreer in Afrika.
IMG_2455
Die rivierwal sorg vir pragtige strukture en krake.
IMG_2488
Donkie se kind skuil ook in die rivierbedding teen die genadelose son!
IMG_2493
Hartmann-bergsebra kon netsowel ‘n donkie gewees het!Hierdie sebra verskil van die bekende Bontsebra(Equus burcellii).Hy het geen skadustrepe,swart strepe gaan tot by die hoewe,’n duidelike roosterpatroon op sy kruis,strepe wat net tot bokant die maag strek,’n kenmerkende keelvel.Hulle kom veral in bergagtige gebiede en aangrensende vlaktes voor.
_MG_8303
Skielik maak die rivierbedding oop en ons is omring deur pragtige kranse.
IMG_0357
Ons beweeg uit die rivier en kom af op hierdie vrolike Himbas.Die ouer een wou van sy handgemaakte goedjies aan ons wys.Die sand was so warm,dat hy begin rondspring het soos ‘n kokkerot op ‘n warm plaat.Die jonge here wou hulle vrek lag en toe gryp hy die een aan sy oor.Dit was so ‘n pragtige oomblik,wat my altyd sal bybly!
_MG_8327
Skielik is daar water in die rivier en ons besluit dis tyd vir piekniek.
IMG_0365
Ons stop onder hierdie reuse ou Anaboom,langs die watertjie en smul aan kouevleis en harde brood.Onthou,ons was nou al vyf dae uit die beskawing!
IMG_0371
Perdeby maak eers gou voete nat voor sy om die piekniekboom verken.
IMG_0381
Teen die stam van die boom,kry ek hierdie doppies van goggas…heelwaarskynlik was dit ‘n stadium van metamorfose van sonbesies??Weet iemand dalk?
IMG_0378
Onder die boom vind ek die oorspronklikste hark wat ek nog ooit gesien het…seker een van die plaaslike bevolking s’n,wat gereeld daar rus,wanneer die vee water toe kom.

 

42 Replies to “Op eensame geheime paaie deel 8”

    1. Kyk na die donkie se linker oor.Daar hang so ‘n los stuk vel.Dis soos ‘n reep wat afgeskeur is.Ek het ‘n nabyskoot van hom waar mens dit kan sien.Ek wou nou nie altwee foto’s plaas nie.Ek het ‘n sagte plek vir donkies,want ek dink hulle word kwaai mishandel!
      Dankie dat jy saamtoer.

      Like

  1. Die foto’s is weer almal pragtig maar die springbok wat pronk is darem baie spesiaal. Ek wil so graag eendan nog so ‘n foto kry. Mens moet net altyd reg wees met die kamera. Die groot ou anaboom herinner my aan die bome in die rivierloop van die Kuiseb waar ons al gestop het om piekniek te hou.

    Liked by 1 person

  2. Lieflike wêreld, lieflike fotos. Daar waar die rivier se watertjies begin en die eerste groenigheid begin, is my gunsteling – die kliplae lyk amper asof iemand ‘n kasteel daar probeer bou het. Die hark tog! Waarvan maak die mense ‘n bestaan daar? Is hulle landbouers?

    Liked by 1 person

    1. Hester hulle het net vee.Ek het nog nooit enige mielies of iets gesien nie.Dis ook te moeilik om nat te lei,want daar is nie water nie.Daar is wel gesamentlike boorgate waar diere drink.Hulle het baie bokke en skape ook.Ek neem aan hulle drink bokmelk en slag vir vleis.

      Liked by 1 person

  3. Weereens sulke pragfoto’s Dina. Die springbokkies is tog te pragtig vir woorde en ‘n uitstekende vangs met die Olyfbyvreter. Die rivierwal is ook vir my net so pragtig. Pragtige tekstuur en patrone. Die donkie is tog te pragtig. Dit lyk asof hy van sebra se strepies gesteel het en dit in sy ore geplak het. 😆

    Ek kan sien jy het alles baie geniet en jy lyk pragtig daar in die water. Die hark is baie oorspronklik en kreatief. Jy sien die mooiste dinge raak. Dankie vir die deel en die lekker toer. Ek het dit ook baie geniet. 😀 ♥

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie vir al jou komplimente.Ek het nogal gehoop jy sou vir my kon sê watse gogga doppies is op daardie boom.
      Ek het ‘n baie sagte plek vir donkies.Ons reis baie deur Botswana en dit grief my om te sien hoe hierdie arme diere behandel word.

      Liked by 1 person

      1. Altyd ‘n plesier en ek kan nie verseker sê nie. Jou pragtige foto’s maak nie groot genoeg oop en as dit dae soos vandag is wat die dowwe oog van my nie wil saamwerk nie, dan sukkel ek ook maar om die klein skriffies te lees wat onder jou foto’s is. In Firefox het ek die opsie gehad om die font groter te maak deur net regs te kliek, maar Chrome is nog bietjie agter die tyd. 😀

        Hulle is pragdiertjies en ja, laat ons eerder nie oor daardie griewe begin praat nie. Party mense is vir my laer as diere. ♥

        Liked by 1 person

        1. Dis vreemd dat alles klein vertoon daar by jou.As ek self my blog oopmaak,is die foto’s groot en die geskrifte mooi leesbaar.Ek sal bietjie kyk of ek die font kan vergroot.Ek gebruik ook Chrome.

          Liked by 1 person

        2. O, dis hoekom. Ek is maar altyd op my desktop pc en my screens se resolusie is 1600 x 900, so enige font wat nie standaard grootte is nie, verskyn dan maar baie klein. As ek my teks verander na medium toe, dan sukkel ek weer met ander webblaaie wat dan te groot vertoon, maar moenie dat dit jou pla nie. Ek sien Chrome het toe wakker geskrik. My slim jongste het my kom wys dat ek ook die teks kan vergroot soos ek in Firefox gemaak het. Ek hou net CTRL in en hou my scroll button in en so kan ek dan inzoom. Dis baie beter as om al my ander settings te gaan verander. 😀

          Met die ingezoomery het ek gesien dit is beslis sonbesies se doppies hoor. Baie oulik! Ek kan my altyd verkyk aan dit. 😀

          Liked by 1 person

        3. Dankie tog!Ek het gedink dat ek nou weer iewers aangejaag het.Dankie vir die inligting oor die sonbesies.Dalk kan jy vir ons ‘n blog oor hulle doen..dis mos juis nou sulke sonbesie-weer!

          Liked by 1 person

        4. Nee, waar sal jy weer aangejaag het? Jy is heeltemal te slim daarvoor! 😀

          Ek het al foto’s van hul doppies geneem maar dit was al ‘n jaar terug.

          https://sonelsworld.wordpress.com/2015/01/12/visitors-in-our-garden/

          Ek sien jy was daar maar as jy soos ek is, dan vergeet jy ook gou en ‘n jaar terug is ook te lank om te onthou. Veral vir my. LOL!

          Ek sal bietjie kyk of ek weer van hulle sien hier. Ek sal veel eerder ‘n lewendige enetjie ook sal wil afneem en die exoskeleton met dit wil vergelyk. Hopelik kry ek eendag daardie kans. 😀

          Liked by 1 person

        5. My jinne,dit moes iewers in my onderbewussyn vasgeslaan het,want ek het dadelik gedink dis sonbesies.Al die tyd was dit die breinspoeling wat ek ‘n jaar gelede op jou blog gekry het! LOL.

          Liked by 1 person

  4. Die pragtigste foto’s weereens!!!! Ai groot lekkerte…die Natuur is wonderbaar!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Ja ek het grootgeword met sonbesies en ons het gereeld hul doppies van die bome afgehaal as kinders.
    Dit is die pragtigste donkie!!!!! Ek is so lief vir donkies en die geluid wat hulle maak. Dit is nie dalk ‘n muil nie?
    Ai ek geniet jou foto’s!!

    Liked by 1 person

      1. As ek reg onthou is ‘n muil ‘n kruis tussen ‘n donkie en ‘n perd, so hy lyk bietjie donkie en bietjie perd 😀 Ja donkies is beslis besonders!!! En hoekom ‘so dom soos ‘n donkie’…dis dalk as gevolg van die uitdrukking dat mense hulle so sleg behandel!!

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +