Townshipstories 2

Die Desembervakansie breek aan.Lang witwarm somerdae tril in die hittegolf wat Suid-Afrika vasklem.Sy en haar gesin sit luilekker op draadstoele in hul agterplaas.Dis te warm om veel te beweeg.Selfs die vlieë sirkel stadig in die rondte,of sit net vasgeplak op een plek.

Verbeel sy haar,of is daar ‘n klankie in die lug?Sy lig haar brandende gesig effens en snuif- snuif boontoe.Iets is beslis nie reg nie…kort-kort is daar ‘n walm wat die warm,dik somerlug omkarring.Nou ruik almal dit en een vir een vlug hulle binnetoe en begin vensters toemaak.

Baie keer is daar maar reuke,veral in so ‘n township waar mense onhigiënies saamgebondel is.Jy knyp maar neus toe en hoop die vlieë en brommers doen vinnig hulle werk.Dis nou waar hierdie pestilensies handig te pas kom…hulle ruim verrottende goed,baie gou op!

Die walm begin naderhand hard praat en dring deur elke krakie en gaatjie haar huis binne.Almal voel naar en proe selfs die walglike reuk agter in die keel.A-nee-a,so kan dit nie aangaan nie!Sy is reeds suspisieus dat die bron van kwaad,in die veld langs haar huis wegkruip.Sy loer oor die muur en ja-nee,nes sy gedink het..iemand het alweer onwettig sy vullissakke daar kom neergooi!

Dis ‘n ou storie,wat haar al baie kopseer veroorsaak het.Die munisipaliteit kom gereeld met ‘n groot vragmotor om daar skoon te maak.Daar is al selfs ‘n bordjie opgesit met dreigemente van boetes.Dié word sommer al die eerste week gesteel en dien iewers as stutpaal vir ‘n sinkmakoekoe.Dis nou nie asof daar nie weekliks vullisverwydering plaasvind nie en nogal gratis en verniet!

Teen dag twee is dit heeltemal ondraaglik en dit help nie eers meer om kerse te brand of iets te spuit nie.Pikswart wolke vlieë en brommers zzzzz die hele huis vol!Desembermaand is niemand beskikbaar om dienste te lewer nie en sy besluit om eiehandig die sakke te gaan optel en iewers vêr weg te gooi.

Sy en seunskind,gemasker met sakdoeke om hul monde,saag die veld in met ‘n kruiwa en graaf.Skok der skokke!Die sakke is vol velle,bene en stukke afvalvleis van geslagte beeste!Hulle steun en kreun en beur om die swaar liggaamsdele op die kruiwa te kry.Intussen sluk hulle swaar aan die naarheid wat in hul kele opstoot.

Uiteindelik slaag hulle daarin om een sak te lig en ‘n entjie verder te gaan gooi.Sy het dit nog oorweeg om die sak in haar asblik te stoor,maar die walglikheid van die vonds,laat daardie plan summier in die lug in opwalm.Die ander sak is so swaar,dat hulle gou besef dis ‘n onbegonne taak!

Vier weke lank asem hulle die geur van selfsugtige,onnadenkende,onopgevoede,selfgesentreerde mense se dade in!Die brommers en maaiers doen uiteindelik hulle werk klaar,maar dit was ‘n lang,ongeurige,verstikkende somer”vakansie”!

Advertisements

25 thoughts on “Townshipstories 2”

      1. Ja moes wees, dis snaaks dat ek sekere goed so goed onthou terwyl asgate helemal by my verby gegaan het. Ek wonder wat het ek nog alles gemis?

        Liked by 1 person

  1. Absoluut walglik, letterlik en figuurlik, dat mense so min vir hul medemens kan omgee. Die verskriklike stank in die Desember hitte is een ding, maar wat van die vieslike siektes wat die huismense kon opdoen of wat rondloperhonde wat daarop aas kon aandra?

    Liked by 1 person

  2. Genade! Ek kan my net indink hoe dit moes gestink het en in daardie hitte. Die een wat dit daar kom neergooi het, het beslis geweet van die stank en die onhigiëniese gevare, maar verkies toe dat dit nie by hulle is nie. Ek kan nie verstaan hoe mense so teenoor mekaar kan wees nie. Dis so onmenslik.

    Weereens pragtig geskryf Dina. Jy weet darem net hoe! 😀 ♥

    Liked by 1 person

    1. Daar moet nog baie opvoeding gedoen word.Hier naby ons is ‘n leë erf en die sg beskaafde mense van ons omgewing het dit in ‘n massiewe terrein vol bourommel laat ontaard.Binne twee jaar het die erf se hoogte met twee meter gestyg.Ons probeer al hoe lank om die munisipaliteit betrokke te kry,maar niks!Ek skaam my dood wanneer mense hier kom kuier en verby die gemors moet ry…mink en manure!

      Liked by 1 person

      1. Ek stem Dina en ek dink dit is absoluut skandalig dat mense so moet optree. Ek kan nie dink dat mense sommer net so kan aanvaar dat ‘n leë erf vir hulle bourommel kan wees nie!

        Ai, klink my almal sukkel so met hulle munisipaliteite!

        Hier by ons is daar ook ‘n leë erf oorkant die straat en party mense het ook hul tuinrommel en bourommel daar begin gooi todat ons dit ook stopgesit het.

        Ander het weer gedink hulle kan dit die local quad baan maak, maar ons almal hier het dit baie gou stopgesit. Wie wil naweke na daardie geraas luister?

        Die een het sommer hul bourommel op buurvrou se sypaadjie gegooi. Sy is toe ook nie links nie en gaan gooi dit toe sommer terug voor hulle hek. LOL!

        Nee, ek weet nie wat party mense dink nie Dina. Duidelik dink hulle nie. Dis regtig hartseer.

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s