Townshipstories 3

Uiteindelik is haar huis klaar gebou.Die eerste reëns val en in die agterplaas dam die water verskriklik op teen die tuinmuur.By nadere ondersoek sien sy dat die dreineringsgat,wat volgens bouregulasies daar moet wees,toegestop is.Sy maak gou die gat oop en hoera!..die water stroom uit aan die anderkant bultaf reguit straat toe.

Met die volgende reënbui,styg die water so hoog op,dat sy bevrees is dat haar huisie gaan oorstroom.Met ‘n swart sak oor haar kop,trotseer sy die storm en probeer die gat oopmaak.Dis solied toegestop met ‘n bol sement!Nou is dit net wens dat die reën ophou,anders is alles onder water.

Later stap sy ewe gemoedelik oor na die buurvrou om die sakie van die verstopte gat uit te pluis.Buurvrou is suur en ongeskik en sê dat sy nie die water deur haar erf wil hê nie.Maak nie saak hoe sy probeer mooipraat en verduidelik nie.Die water loop nie naby buurvrou se huis nie,ook reg langs die muur straat toe.Dus word niemand benadeel nie.

Ê-êê wêna..die tante staan vas soos die bol sement wat sy in die gat gedruk het!Wat daarvan as ek op my eie koste ‘n pyp onder die grond insit aan jou kant,stel sy voor aan die mamma.Skielik gaan die antie ‘n groentetuin daar aanlê en die pyp gaan pla.Die laaste sewe jaar is daar nog nie eers ‘n grassprietjie op daai erf geplant nie!

Buurmama is onversetlik en stuur haar in haar peetjie in.Sy is woedend,maar niks help nie.Sy en die kinders probeer nou om met pik en graaf,die helling van haar erf anderkant toe te maak.Dis net so goed jy probeer ‘n berg verskuif.Sy gooi maar handdoek in en kou naels elke keer wanneer dit reën.

Gemene buurvrou plaas nou permanent haar oorvol stink asblik,wat altyd vêrweg onder ‘n boom gestaan het,reg langs die muur.Die stink walms van haar deksellose gemorsblik stoot elke dag in hulle huisie in.Die ou heks sit eers elke tweede week die vuilgoed uit vir die munisipale vragmotor.Intussen kan die vuilis lekker gis en borrel…alles jaloesie oor die nuutgeboude huis!

 

Advertisements

21 thoughts on “Townshipstories 3”

  1. Erg spijtig toch.Ik begrijp het.Ben eens gaan verhuizen om een verschrikkelijke buurvrouw die allerlei dingen deed die niet door de beugel konden.Ik werd het zo beu en vond het beter weg te gaan dan er ziek van te worden.

    Like

  2. Ai jinne! Hoe kan mens nie ‘n ander iets gun in die lewe nie? Siesa vir die nare buurvrou! Ek sou my skaam ek sy was!

    Weereens pragtig geskryf Dina. Ek loer elke nou en dan is daar nog nie iets nuut nie en sowaar! Die 3de een! Ek lief dit! 😀 ♥

    Like

    1. Ja,maar weet jy Tina,my huishulp bly vrolik en positief ten spyte van alles.Ek bewonder haar vir die humor wat sy in alles sien.
      Ek het gaan lees en dis nogal treffend dat sy eerder haar ma na-aap as om deel te neem aan die huismense se aktiwiteite.Dankie vir die skakel.

      Liked by 1 person

  3. Sy kan natuurlik na haar raadslid toe gaan want die wet is aan haar kant, dan kan sy sommer besluit vir wie gaan sy stem 😉 die een wat die gouste iets doen, sy moet dit terloops laat val….

    Liked by 1 person

    1. Dit is so.Ek het al vir haar gese sy moet na die gemeenskapsleier toe gaan,maar lyk my sy is skrikkerig vir konfrontasie met die buurvrou.Sulke mense kan baie hatig wees en ander se lewe hel maak op subtiele maniere.Die heks doen dit alreeds!

      Like

      1. Jong baie van dit is bravade hulle teer op bang mense.. As sy agter kom sy kry nou moeilikheid word hulle so mak soos lammetjies Vra my ek is daardeur.!

        Liked by 1 person

  4. Dit gebeur nie net in die township nie! Ek het n buurman gehad in Potties wat die waterafvoergat toegemaak het . Die water het so hoog opgedam in my deel dat dit by die badkamer se afvoer opgestoot het tot in die bad. Regte ou knorrige ou oom gewees. Het tot munisipaliteit ingelig. Hy maak dit toe oop en volgende oomblik is dit weer toegemaak!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s