Op eensame geheime paaie deel 10

Dis ons laaste dag en niemand kon voorspel wat ‘n wonderlike dag dit sou uitdraai nie!

Eerstens ry ons weer na die Huabrivierbedding verby De-Riet,die Riemvasmakers se gehuggie.Later tref ons ‘n hele trop olifante aan en die dag ontaard in ‘n olifantdag!

IMG_0472
Toe ons November verlede jaar hier was,was die gebou nog verwaarloos.Wat ‘n verrassing om dit netjies opgeknap te vind!Dit moes weldoeners gewees het,want die mense hier is brandarm.
IMG_0100
Pragtige kwartsrif tussen ander modder- en rotslae.Party dae wens ek ek was ‘n geoloog,om al die werkinge van die aarde se klippe te verstaan!
IMG_2569
Wat ‘n voorreg om op hierdie paar dae oue woestynolifantjie af te kom!Sy mamma het hom heeltyd weggesteek en ons kon net hier en daar ‘n vinnige kykie na die outjie kry.
IMG_2588
Hy en mamma beweeg na die volgende bos en dis die meeste wat ons van die kleinding kon sien.
IMG_2650
Ons word egter beloon toe ‘n ouer kleinding vervaard agter sy ma aanhardloop.Die outjie het vreeslik getrompetter en klippe opgeskop.
IMG_2651
Gelukkig was my kamera reg vir aksie!
IMG_2621
Ons verwyl ‘n hele ruk tussen hierdie wonderlike diere.
IMG_2634
Ek kry maklike nabyskote.Hierdie is die agterpote van die linkerkantste olifant op die volgende foto.
IMG_2632
Hierdie twee ou tantes het so lank in die bos gestaan,dat ons nooit hul gesigte gesien het nie!
IMG_2704
Sommer net weer een van my visooglensfoto’s,om die barheid van die omgewing aan te dui.

28 Replies to “Op eensame geheime paaie deel 10”

  1. Uitstaande fotos van die olifante. Ek het die foto van die kwartsrif so bekyk en gewonder watter boom so ‘n mooi bas het – dis nou voordat ek die byskrif gelees het. Die natuur is darem wonderskoon en jy beeld dit so mooi uit.

    Liked by 3 people

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂŞreld, vir die wĂŞreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂŞ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +