Op eensame geheime paaie deel 5

_MG_8240
Ons derde kampplek…in ‘n klein rivierlopie.Dis nie baie slim om in die reenseisoen hier te kamp nie,want blitsvloede kan maklik plaasvind en jou wegsleur met tent en al.Die wind het verskriklik gewaai en dit was die enigste skuiling agter die rotse.
_MG_8202
Witstamkanniedoodbome groei maklik tot tien meter hoog en kom veral voor op rotskoppies,vlaktes en langs dongas in die Namibwoestyn. 
_MG_8159
Klippe waar jy kyk!
_MG_8154
Een van die geheime paadjies,wat gelukkig nog nie op “Tracks for Africa” is nie! 
_MG_8157
Die verskillende kleurskakerings van die klippe,maak dit iets besonders.
_MG_8108
Onherbergsaam verby en met temperature van oor die 40 grade C,is dit geen plek om verlore te raak nie!
IMG_2191
Hard teen  grou-blou lug…hierdie rotsuitsteeksels vertoon spookagtig in die barheid van hierdie area.
_MG_8236
So moet ‘n keteltjie mos lyk…ons metgesel deur dik en dun!
IMG_2194
Wie het nou kon dink dat hier lewe is? ‘n Gemsbok staan op die horison in die bewende golwe van die middaghitte.

Op eensame geheime paaie deel 4

IMG_1969
Oorhangende rotse met ‘n rivierbedding doer onder.
IMG_1967_edited-1
Die rivierbedding vol spore en geriffel deur die wind.
IMG_2017
Babatjie vat ‘n blaaskansie tussen die trop se bene.
IMG_2075
Ou grote staan amper op sy agterbene om blare van die Anaboom af te pluk.
IMG_0171
Skoene by ‘n verlate Himbavesting.Hierdie nomadiese volk trek met hul vee agter weiding aan en sal seker weer hier kom draai wanneer dit gereën het en hier genoeg gras is.
IMG_0169
Verlate hut waarvan die dak flenters is.
IMG_0188
Perdeby by nog ‘n verlate hut,wat in ‘n taamlike goeie toestand is.
IMG_0182
Die bed binne die hut,is gemaak van mopanietakke en beesmis gemeng met modder.Die houertjie bokant die bed is heel waarskynlik vir ‘n radio en die draadjie is dalk ‘n lugdraad.
IMG_0126
Welwitschia mirabilis..die eienaardige woestynplant wat net in Namibië voorkom.Hierdie is ‘n manlike plant.
IMG_0129
Die vroulike plant.Wetenskaplikes beskou die plant as ‘n vermiste skakel tussen keëldraende (denne of conifers) en blomdraende plante,aangesien dit beide eienskappe toon.
IMG_0134
Die vroulike blomme of keëls van naby.Hierdie plante word honderde jare oud en groei in rotsagtige ooptes en gruisvlaktes.

Op eensame geheime paaie deel 3

IMG_2014
Eerste groepie woestynolifante wat ons raakgeloop het in die Hoanibrivierbedding.

 

_MG_8088
Olifantvoete en slurpe lyk so oer!

IMG_2062

IMG_1948
Vroegoggend volmaan,besig om te sak.
IMG_1929
As mens mooi kyk,sien mens die man in die maan!
IMG_0073
Kampplek op die tweede aand.
IMG_0083
Vars spore van ‘n swartrenoster.
IMG_0086
Die swartrenoster se stofbad,waarin sy velafdrukke duidelik te sien is.Dit was ‘n besondere gevoel om daar te staan en te dink dat een van hierdie pragdiere ‘n rukkie gelede hier vertoef het.Ongelukkig het ons hom nooit gesien nie.
IMG_0064
Lank gelede se vloed het hierdie klippe vasgevang in die verwronge stam van ‘n dooie mopanieboom.
_MG_8215
Pad bergop…dit was nogal angswekkend so deur die klippe en rotse.
_MG_8221
Die pad,net voor mens deur die nou poortjie gaan,waar ‘n voertuig maklik kan vassit!
_MG_8230
Uiteindelik deur die poortjie en die wêreld lê oop voor ons!

Op eensame geheime paaie deel 2

_MG_8085
Ons ry meestal in rivierbeddings,om die minimum skade aan die omgewing te doen.Dis ook die maklikste gelyke roetes,behalwe as die sand dik en warm raak.Dan is dit maar konsentreer om nie vas te val nie!
IMG_0032
Eerste kampplek op ‘n wye oop vlakte.
IMG_0029
Ons tentjie met gerieflike slaaprolle.Saans los ons al die vensters oop en dit voel of mens buite slaap.Die maan het elke aand helder geskyn.

Sonkraglanterns wat bedags bo-op ons voertuig in ‘n kissie staan om gelaai te word.Dis gemaak van Consul inlegbottels.Die versierings is ons vriend se idee.Dit bestaan uit duinsand en sade van die omgewing.

_MG_8143
Commiphora virgata en Euphorbia damarana..laasgenoemde is baie giftig,maar is deel van swart renosters se dieet..

_MG_8099_MG_8103_MG_8168_MG_8177

_MG_8104
Van die ongelooflike natuurtonele.

Op eensame geheime paaie deel 1

Ek is pas terug van nog ‘n epiese reis.Ons het weereens Damaraland, in Namibië,verder gaan verken.Ons het saam met ons vriend, wat ‘n  gids is,na nuwe paaie gaan soek.Dit was ‘n ongelooflike ervaring.

Saam het ons die bekende roetes aangepak en vandaar die onbekende ingegaan.Ons het paaie gery waar bitter min mense kom.Vir ses dae lank het ons letterlik in die niet verdwyn.Dit was ROF,ROF!

Ek gaan nie skryf presies waar ons was nie,want dis geheime roetes wat net aan natuurbewaarders bekend is.Dis in elk geval so ver en woes,dat dit lang en fyn beplanning verg om so ‘n tog aan te pak.Verder moet jy ervare wees en weet wat jy doen.In hierdie opsig is ons vriend ‘n perfekte persoon om mee saam te gaan.Hy ken omtrent elke klip in Namibië!

Natuurlik het my kamera gekliek en gekliek en ek het letterlik oor ‘n duisend foto’s geneem.In die volgende aflewerings sal ek meestal net foto’s plaas.

Leun terug en geniet die reis saam met my!

IMG_0008
Ry al langs die Skedelkus tot bo by Torrabaai vanwaar ons by Springbokwasser die park verlaat en ooswaarts koers kry.
IMG_0013
Op ‘n hoogte onder ‘n boom is hierdie eensame kruis.
IMG_0012
Tragedie is altyd met ons…Ombidi Mex…waarskynlik oorlede in ‘n motorongeluk op 24/1/2015
IMG_0017
Dopsteekhoogte..waar die manne van Kamanjab gewoonlik begin dopsteek…want die viswaters is nie meer ver nie!
IMG_0015
Uitsig vanaf Dopsteekhoogte.
IMG_0021
Toneel langs die pad.