Woestynreus van die Huab

Ons ry uit die rivierbedding in die rigting van die vlakte duskant die berge.Van ver af sien ons ‘n klein swart kolletjie en hoe nader dit kom,besef ons dis ‘n olifant.Hy is nat en vol modder en kom juis van die natuurlike fontein aan die voet van die berg.Hy het heerlik gebad en homself met modder bespuit.

Ons kameras kliek en kliek,want so ‘n rare gesig sal ons nie gou weer kry nie…’n woestynolifant met ‘n ware woestynagtergrond.Omdat hulle gewoonlik in die rivierbeddings tussen plantegroei gesien word,is mens ietwat teleurgesteld wanneer die woestynelement nie so duidelik op foto’s vertoon nie.Daar is altyd te veel groenigheid!

Hierdie olifantbul staan bekend as Oscar en hy behoort tot die olifanttrop wat in die Huab- en Abba-Huabrivierbeddings beweeg.

Ek plaas ‘n reeks foto’s van twee wonderlike  ure wat ons saam met hom verwyl het:

IMG_2688
Doer kom hy…
IMG_2689
Al nader…
IMG_2691
en nader.
IMG_2694a
Hy is amper by ons..
IMG_2697
en sy modderjas blink in die oggendson.
IMG_2702_edited-2
Skielik draai hy effens en kyk na ons!
IMG_2703_edited-1
Hy wil effens vies lyk,maar gee ons net ‘n waarskuwing om ons afstand te hou!Hier is hy koning en mense moet dit respekteer.
IMG_2715
Ons verskuif van posisie,want hy is flink oppad iewers heen.Ons probeer nog vasstel wat die ou gaan doen!
_MG_8359
Hy beweeg uit die sand uit om ‘n draai aan die voet van ‘n koppie.
_MG_8370a
Waarheen is ou grote nou oppad?
_MG_8373
Met sy logge liggaam klouter hy al stofopskoppend,die berg uit!

Word vervolg…

 

 

 

25 Replies to “Woestynreus van die Huab”

    1. Daar waar hy geloop het was niks,maar die ou het gaan water drink en bad by ‘n fontein.In die rivierbeddings is kos en hy was oppad daarheen,maar oppad het hy eers ‘n draai op ‘n klipkoppie gaan maak.Daar was smullekker bossies.Ek plaas dit in die volgende aflewering.

      Liked by 1 person

  1. ‘n Olifant wat bergklim! Dit moes besonders gewees het om te aanskou. Mens sien net altyd fotos van olifante onder koeltebome. Maar hoekom sou hy so alleen rondloop; hulle beweeg mos gewoonlik in in hulle trop?

    Liked by 1 person

    1. Gewoonlik loop die bulle alleen of twee-twee rond.Die ou bul neem ook die jonger bulle onder sy sorg en sal bv met hulle stoei en hulle touwys maak.Dis hoekom die familieverband van olifante so belangrik is.Die jonges word in toom gehou anders ruk hulle handuit.Die tropleier is gewoonlik die matriarg en sy regeer die trop.Die bulle is soms by die trop en dan ook daar in paartyd.

      Liked by 1 person

      1. Sien jy nou, dis nou wat ek ‘n ordelike huwelik noem. Die ma is baas en pa moet daarmee verlief neen. Dit gaan ek nou vir my man oordra. 😀 Dis wonderlik dat wilde diere sulke sterk familiebande kan smee en in ‘n gemeenskap kan leef wat mekaar beskerm. Waar het die mens dan tog verkeerd geloop?

        Liked by 1 person

    1. Ek is bly jy het kom inloer.Ek onthou nie daardie boek nie.Dis altyd so jammer as sulke leesgoed wegraak.Ek het nog al my kinders se kinderboekies en daar is skatte tussenin!

      Like

    1. Ek het daardie dag gevoel hierdie olifant het ‘n spesiale persoonlikheid.Hy het ons naby hom verdra,maar hy het bepaal waar hy loop en wat hy doen.Dankie vir inloer…altyd lekker om jou hier te sien!

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +