Manewales teen die berg

Die dierbare Oscar Olifant verskaf ons verdere plesier met sy vretery teen die berg.Sy groot lyf beur oor die vuurwarm rotse reguit op ‘n bossie af.Teen hierdie tyd is dit omtrent elfuur die oggend en die son steek ons in die voertuig.Dit sit ons egter nie af nie en ons byt vas vir nog ‘n uur!

IMG_2765
Net mooi balanseer en pluk dan die kanniedoodbos met wortel en tak uit!Mens sien net stof spat.
IMG_2785
Posisioneer homself horisontaal en begin lekker vreet…eers die sappige sagte takkies en blare!
IMG_2811
Kou en kou en kou…..
IMG_2822
Die bossie word al hoe kleiner en kleiner,maar die kake moet werk!
IMG_2853
Tot die voete word ingespan om vas te trap en die laaste takkies en blare af te stroop.
_MG_8099a
Nog net die harde basis is oor,maar dit verg baie kouwerk met sterk tande.
IMG_2865
Uiteindelik klaar!
IMG_2899
O,nog nie!Daar steek nog die laaste kouseltjie uit,maar nou is hy weer oppad boontoe na die volgende bos!

Die hele proses het ‘n uur geduur en ons braai intussen uit en besluit om ou grote vaarwel toe te roep.Ons ry na ‘n hoogte en kyk vir oulaas uit oor die wonderlike woestynwêreld,waar ons die laaste ses dae deurgebring het.Die langpad huis toe lê voor,maar ons gaan beslis terugkom!

IMG_0471
Uitsig vanaf die hoogte met ‘n laaste blik op Oscar doer regs onder,oppad rivierbedding toe.

Gevolgtrekking:Oscar doen wat hy wil,wanneer hy wil,hoe lank hy wil,hoe hy wil…omdat hy kan!

 

Advertisements

41 thoughts on “Manewales teen die berg”

  1. Ai, hy is darem so pragtig Dina en jy het die wonderlikste foto’s geneem en so met die storielyn is dit so aangrypend! Baie dankie vir die deel van die heerlike ervaring. ♥

    Liked by 1 person

    1. Ons kon redelik naby kom,maar ons moes sy spasie respekteer.Ek het ‘n lang lens gebruik,wat natuurlik ook die olifant nader bring.Hierdie spesifieke olifant en die trop waaraan hy hoort,is gewoond aan voertuie,want daar is ‘n safarikamp en lodges in die omgewing.Hulle ry gereeld in die rivierbeddings met toeriste.

      Liked by 1 person

      1. Dis waar,want dan moet mens heeltyd op jou tone wees.Dis soos wanneer ‘n skrywer ‘n goeie boek uitbring en dan is hy onder druk om meer en meer te skryf.Dikwels is die opvolgboeke dan nie so goed nie.

        Liked by 1 person

  2. Weet jy wat dink ek, daardie berg is die apteek en hy het die bossies gaan eet omdat dit ‘n antisuurmiddel is, of dalk ‘n lakseermiddel of dalk het hy hoofpyn gehad 😉

    Liked by 1 person

    1. In die rivierbeddings waar hulle meestal beweeg,is genoeg plantegroei.Hierdie olifante is ook goed aangepas om in droë gebiede te oorleef.Dit kan egter gebeur dat hulle ook weens kosskaarste kan vrek.Sovêr lyk dit darem of hierdie trop genoeg kry om te eet.

      Liked by 1 person

  3. Hierdie diere is aangepas om in droë dele te oorleef.Hulle beweeg oor groot areas agter kos aan,gewoonlik in rivierbedings waar daar baie plantegroei is.Gelukkig het Namibië nog baie wildernisgebiede met min heinings,sodat hierdie diere ongehinderd kan rondtrek agter kos aan.Soms gaan hulle ook in bergagtige gebiede in wanneer kos skaars raak.Dis maar ‘n moeilike lewe!

    Liked by 1 person

  4. Dis nou n mooi uitdrukking wat shadowwhisper gee: tjoklits vir die siel. Maggies maar dis n fantastiese avontuur wat jul so belewe het. Ek is bly jy deel dit hier op jou blog. Nou kan ons/ek ook saam met julle die olifante volg en bekyk. Ek wonder of die krom stert gebreek was? Lyk nogal of hy kon vasgesit het en toe geknkak het. Die vel is ook verskriklik verrimpel. Seker maar die hitte en droogte ook van die omgewing.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s