Veervolkies

IMG_3617
Kortbeksuikerbekkie(mannetjie)..Collared Sunbird
IMG_3122
Groottroupant..Purple Roller.
IMG_3164
Reusevisvanger..Giant Kingfisher.
IMG_3267
Rooipootelsie.(Black-winged Stilt).Die skerp bek herinner aan ‘n skoenmaker se els..die instrument waarmee hy gaatjies in die leer druk.
IMG_3272
Nimmersat besig om te vis vir paddas,vis en ander ongewerwelde waterdiere…Yellow-billed Stork.
IMG_3293
Nimmersat se pragtige broeidrag is ‘n bloedrooi kaal gesigvel.
IMG_3276
Hier is hy/sy in volle broeidragskoonheid…pienk getinte vlerkdekvere en rug,asook die rooi gesigvel en pienk bene.
IMG_3374
Nimmersat is nou sat visgevang en rus bietjie op haar hurke!
IMG_3338
‘n Skelm kykie op daardie pragtige pienk dye en gelerige kuite…effe spierloos,maar tog pragtig!
IMG_2970
Hierdie geveerde spog met die mooiste naam…Geelkeelkalkoentjie.(Yellow-throated Longclaw)Let op sy ongelooflike kloue.Sy agterste naels steek aan die onderkant van die tak uit en lyk soos krom pendorings!Die Engelse naam pas ook baie goed.
IMG_8333
‘n Baie besondere en skaars veervolkie:Onvolwasse Witrugnagreier(Immature White-backed Night-Heron)Dit was een van my opwindendste oomblikke toe ek hierdie skugter nagvoëltjie vanaf ‘n dobberende bootjie op die Okavangorivier kon “skiet”!

39 Replies to “Veervolkies”

  1. Hulle is almal so mooi! Die naby’s foto’s van die ogies wat vir jou kyk is vir my so treffend. Dis amper asof die Nimmesat sê: “Ja, en wat kyk jy?” terwyl die Witrugnagreiertjie vir my effens benoud lyk. Jy inspireer my om weer te gaan voëls kyk, dankie!

    Liked by 1 person

  2. Die wonderlikste Afrikaanse name! Die troupant is glo so genoem omdat dit so ‘n pragtige voëltjie is en die naamgewer aan ‘n troue herinner het – ‘n troue was een van die skaars bronne van mooi in die eenvoudige, hardwerkende lewe van die ou pioniers. En wat van “nimmersat” – dit vertel my, wat nie eers die voël ken nie, presies hoe fluks hy na kos soek!

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +